• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Bedpot

Started by Naas, April 18, 2012, 12:42:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

#15
Kom ons los maar die parlement uit hierdie gesprek uit.

:mumum:

PM

Skerp!  Dit is baie mistroostig.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.


PM

#18
Dit was nou groot pret.  Dankie Assie. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

#19
En weet julle hoe is Koos gekoop by die Algemene Handelaar op die klein dorpie?
My tannie hulle het so plek gehad... Niks plastiek nie, net sink skottels, emalje en erde en lapet bekers, hout Oupa-staan-horlosies (koek-koek), mieliemeel, suiker, kerse, blikkies kos, carnation en kondensmelk, vars melk, vars brood, lap, noem dit... alles daar... en n skaal... op die toonbank, en papiersakke, bruines..... En op die rak, agter my oom se toonbank... die Kose...

Ouma kom koop, en ek drentel met kort broekie en uitgewaste hempie (hy kom van klomp ander kinders af...) saam... dalk kry ek nikerball of drop .... Ouma het haarnet op die kop, te groot vals tande en die mooiste mooi blou ogies, hobbel-ruggie, maar netjiese hakskoene vir dorptoe en n handsak wat pas.... hoed in die hand, want die bolla wil nie werk nie...

Sy vra my oom... oor die potte... Sy is nie skaam nie, want hy het mos ook een...
Ek hoor hoe vra hy die grote... en sy antwoord, wat ek tot die dag wat ek my verstand verloor sal onthou...
"Niklaas...hy moes so twee pisse kan vat..." 
En moenie dink sy was nie opgevoed nie, nee, dis hoe hulle gepraat het. My ouma hulle was suinig maar gerespekteerde boere...
Ta' Annie is waardig.... maar daardie was die 'size'......

Ek het met sulke groot oge agter die meelsakke gestaan.... ingeprent soos die gebooie op klip...
Oom Niklaas het eerste Koos gevat op 2de rak...nommer pas....

Naas

Lekker giggel ek nou. Daai is 'n mooi onthou Antjie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#21
My maggies, daar beskryf jy die ou winkeltjie uit my kinderdae waar koffie en parafien se reuk gemeng het om 'n baie unieke atmosfeer te skep.  Waar meel en boontjies met 'n "grafie" in die bruin kardoesie geskep en afgemeet is.  (Uit sulke alliminium houers met deksels.)  Soms net groot goiing sakke.
Waar jy wicks bubblegum en nikkerballs kon koop uit die groot ronde bottels!  Die dae van daardie bruin toffies wat so taai was, kon jou tande trek!
Waar vat jy my heen?
Dankie vir die wegvoer na 'n plek waar daar geen bekommernisse was nie.  Toe my ouers nog vir my gesorg het!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kosbaar kosbaar kosbaar verby Antjie Patat. Hierdie was nou nostalgies trip in oortreffende trap  :love7: :notworthy: :icon_salut:

Assie

OomNaas se verbeelding het weer met hom op hol gegaan. Hy kan nog steeds nie fotos plaas nie toe stuur hy die twee vir my aan.
Die een is arm in die sy Koos se groter boetie. Die slop-emmer met sy deksel. Oom Naas het nog die enamel een.
Die ander is so snaakse kommetjie met 'n piepie aan. Sy naam is ennema. Hy het so rubberpypie aan die piepie gehad.
As jy nou hardegat word van te veel turksvye eet het ennema jou gehelp. Die kommetjie is dan vol seepwater gegooi en jou hardegat het die pypie soos 'n setpil ontvang. Sommer gou gou is daai probleem geseep en reg om uit te glip.
Oupa sê 'n ennema is nou skoon stront soek.

:icon_bigsmurf:

PM

Mapstieks, baie dankie vir die deel Assie. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Naas, Assie !! Daai was in ons lewe, jare lank... ek weet niks van daai hardegat piepie nie, en is bly ook....
Meraaitjie dit was so n kosbare tyd...
In die buite-wyke van die Noord-Westelike Natalse klein plaas dorpie, aan die voet van die Drakensberge, met die Amerikaanse melk fabriek, was n nedersetting, waar n groep mense gebly het... "in-breeds" soos my oupa gese het... Almal familie wat onder mekaar in...wel...teel...
Hulle was stink ryk aan beeste, vee, en land, maar brand arm in die gemeenskap.
Die dorp het n sisteem gehad. Daar was niemand by hulle toegelaat nie, daai seuns het n Ford Ranger kar, of Anglia met klippe bestook, dat jy moes ryyyyy om weg te kom.
So, daar was n Rentmeester aangestel om namens hulle op te tree. Ek was skytbang vir hom. Hy het eenkeer n maand dorp toe gekom met wa wat deur perde getrek word. Dan koop hy goeters met "tokens' by die winkels. Ek kan nou nie onthou hoe die tokens dan waarde dra nie, dalk in beeste of groente... maar die oom Rentmeester het n laaaaaaang swart jas en n swart hoed gedra... naas n poliesman was ons bitter bang vir hom. Hy was NOOIT vriendelik nie, en nooit met ons kinders gepraat nie.

PM! Daardie suiker en meel en rys staal kaste met grafies in !! ja...