Author Topic: Die Bedpot  (Read 3509 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Die Bedpot
« on: April 18, 2012, 11:42:40 AM »
Oom Koos staan
arm in die sy,
in afwagtig,
en dors,
onner die kooi.

Hy weet...
erens in die nag
gaan ma se man
vir hom ook
'n bietjie van
daai tierwater
uit sy kraantjie gooi.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #1 on: April 18, 2012, 04:39:10 PM »
Oeps!  Lees ek reg?

Toe die ou Jood sy "laaste wens" op papier sit, vra hy dat hulle sy kis vol Whiskey moet maak voordat hulle hom begrawe.
Flink seg Ouboet vir Kleinboet, hy sal seker nie omgee as ons dit eers deur ons niere stuur nie nê?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Bedpot
« Reply #2 on: April 18, 2012, 11:08:12 PM »
Lekker giggel ek nou. Pragtige beskrywing van oom Koos onder die kooi Naas  :toothy4: PM ek lig my hoed vir daai flinkdink van Ouboet  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #3 on: April 23, 2012, 04:50:29 AM »
Iewers is daar 'n foto van "ma se man" met sy kraantjie op die forum.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Bedpot
« Reply #4 on: November 10, 2021, 08:14:54 PM »
Wie van julle onthou die Afrikaanse fliek "Kootjie Emmer"? 1977
"Oom Kootjie emmer word belemmer
Om elke hoek en draai en dit oor 'n toilet..."
Ek gaan die res van die lirieke soek.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #5 on: November 10, 2021, 09:24:49 PM »
Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai.
Ek wil die vliek soek en weer kyk.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Bedpot
« Reply #6 on: November 10, 2021, 11:37:55 PM »
My plek geboek vir die lirieke. Gaan loer of ek nie iewers op ons Gatkantlandse TV dit kan opspoor nie. Gister na my steek-en-wag-dag kom bederf ek myself en sit die TV aan terwyl ek kou aan 'n verbode snytjie brood met tamatiesous, kaas en peper op. Skielik praat Outop se fliek-kanaal met 'n aardige "er-re-rig-ge' uitspraak en ek dink bymyself: daardie uitspraak kan net 'n Afrikaner baasraak.

Wrintiewaar - daar sing 'n straatmamma vir haar kindjie 'n Afrikaanse wiegeliedjie en aan die einde is haar swerftog op aarde verby. Die fliek was power maar die stukkies Afrikaans wat deurglip was kosbaar. Gaan soek ek dadelik na die lirieke en bladmusiek van Nanky Pooh, om saam te kan tokkel. Kon darem twee weergawes van die liedjie op youtube opspoor. Maar geen bladmusiek. Gelukkig werk my ore nog 100 persent en my vingers is gewoond soek...

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die Bedpot
« Reply #7 on: November 11, 2021, 07:18:18 AM »
As kind op die plaas, het ons beurte gekry om Koos te gaan haal en uit te gooi en skoon te maak... net oupa en ouma sn, nie ma en pa sn nie... toilet was longdrop buitekant....
Genade, hoe het ek dit nie gehaat nie... die balans om nie te stort vir n kleintjie...
ALTYD N DOEK OF LAPDING OORGEGOOI... \
Gevreesde gedoente gewees.... vir baie redes !
Ek onthou Kooitjie Emmer. gaan hom die naweek soek

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Bedpot
« Reply #8 on: November 11, 2021, 07:23:29 AM »
Daardie reuk as jy in oumagroot se kamer ingestap het sal ek nooit vergeet nie  :color: gelukkig het Naas se beskrywing van die arm in die sy my weer laat giggel en wonder of my ma besef het hoekom Koos se enameljas so misrabelik gelyk het na ek hom moes gaan leegmaak? O my hel, nou sien ek net die mis raak in misrabelik. Laat ek verby hou.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Bedpot
« Reply #9 on: November 11, 2021, 07:39:30 AM »
Miskien kyk ons al jare die mis mis. Ek weet ek is deur die mis maar die regering sit nog vas in die mis. Maak my misluk.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #10 on: November 11, 2021, 08:39:37 AM »
. . . en daar mis ek die bus.   :icon_biggrin:    Dink julle misplaas val ook in hierdie kategorie.


Gelukkig het ek nooit daardie "voorreg" gehad nie.  Toe ons jonk was het ons baie gekamp.  Soms ver van die ablusieblokke af.  Dan het ek 'n emmer gebruik met sta-soft in.  Dit het nogal goed gewerk.  'n Koos? Nie maklik nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Bedpot
« Reply #11 on: November 11, 2021, 09:01:03 AM »
Misplaas... Is die nie daai plek waar al die toilette heen spoel nie?

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #12 on: November 11, 2021, 01:14:30 PM »
Ek het ook so gedink, maar was nie heeltemal seker nie.   :angel12:
Wat van misgewas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Bedpot
« Reply #13 on: November 11, 2021, 02:04:07 PM »
Jy kan daai goed was soos jy wil maar skoonkry gaan jy vir hulle nie skoonkry nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #14 on: November 11, 2021, 02:09:46 PM »
Ek verstaan!
Wat van misverstand?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #15 on: November 11, 2021, 02:28:03 PM »
Kom ons los maar die parlement uit hierdie gesprek uit.

 :mumum:
« Last Edit: November 11, 2021, 04:24:51 PM by Assie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #16 on: November 11, 2021, 03:59:55 PM »
Skerp!  Dit is baie mistroostig.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #17 on: November 11, 2021, 04:16:51 PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #18 on: November 11, 2021, 04:23:06 PM »
Dit was nou groot pret.  Dankie Assie. 
« Last Edit: November 11, 2021, 04:26:09 PM by Naas »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die Bedpot
« Reply #19 on: November 11, 2021, 09:02:05 PM »
En weet julle hoe is Koos gekoop by die Algemene Handelaar op die klein dorpie?
My tannie hulle het so plek gehad... Niks plastiek nie, net sink skottels, emalje en erde en lapet bekers, hout Oupa-staan-horlosies (koek-koek), mieliemeel, suiker, kerse, blikkies kos, carnation en kondensmelk, vars melk, vars brood, lap, noem dit... alles daar... en n skaal... op die toonbank, en papiersakke, bruines..... En op die rak, agter my oom se toonbank... die Kose...

Ouma kom koop, en ek drentel met kort broekie en uitgewaste hempie (hy kom van klomp ander kinders af...) saam... dalk kry ek nikerball of drop .... Ouma het haarnet op die kop, te groot vals tande en die mooiste mooi blou ogies, hobbel-ruggie, maar netjiese hakskoene vir dorptoe en n handsak wat pas.... hoed in die hand, want die bolla wil nie werk nie...

Sy vra my oom... oor die potte... Sy is nie skaam nie, want hy het mos ook een...
Ek hoor hoe vra hy die grote... en sy antwoord, wat ek tot die dag wat ek my verstand verloor sal onthou...
"Niklaas...hy moes so twee pisse kan vat..." 
En moenie dink sy was nie opgevoed nie, nee, dis hoe hulle gepraat het. My ouma hulle was suinig maar gerespekteerde boere...
Ta' Annie is waardig.... maar daardie was die 'size'......

Ek het met sulke groot oge agter die meelsakke gestaan.... ingeprent soos die gebooie op klip...
Oom Niklaas het eerste Koos gevat op 2de rak...nommer pas....
« Last Edit: November 11, 2021, 09:04:19 PM by Antjie Patat »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Bedpot
« Reply #20 on: November 11, 2021, 10:05:25 PM »
Lekker giggel ek nou. Daai is 'n mooi onthou Antjie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #21 on: November 11, 2021, 10:15:02 PM »
My maggies, daar beskryf jy die ou winkeltjie uit my kinderdae waar koffie en parafien se reuk gemeng het om 'n baie unieke atmosfeer te skep.  Waar meel en boontjies met 'n "grafie" in die bruin kardoesie geskep en afgemeet is.  (Uit sulke alliminium houers met deksels.)  Soms net groot goiing sakke.
 Waar jy wicks bubblegum en nikkerballs kon koop uit die groot ronde bottels!  Die dae van daardie bruin toffies wat so taai was, kon jou tande trek!
Waar vat jy my heen?
Dankie vir die wegvoer na 'n plek waar daar geen bekommernisse was nie.  Toe my ouers nog vir my gesorg het!
« Last Edit: November 11, 2021, 10:16:38 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Bedpot
« Reply #22 on: November 11, 2021, 10:41:11 PM »
Kosbaar kosbaar kosbaar verby Antjie Patat. Hierdie was nou nostalgies trip in oortreffende trap  :love7: :notworthy: :icon_salut:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #23 on: November 12, 2021, 11:42:15 AM »
OomNaas se verbeelding het weer met hom op hol gegaan. Hy kan nog steeds nie fotos plaas nie toe stuur hy die twee vir my aan.
Die een is arm in die sy Koos se groter boetie. Die slop-emmer met sy deksel. Oom Naas het nog die enamel een.
Die ander is so snaakse kommetjie met 'n piepie aan. Sy naam is ennema. Hy het so rubberpypie aan die piepie gehad.
As jy nou hardegat word van te veel turksvye eet het ennema jou gehelp. Die kommetjie is dan vol seepwater gegooi en jou hardegat het die pypie soos 'n setpil ontvang. Sommer gou gou is daai probleem geseep en reg om uit te glip.
Oupa sê 'n ennema is nou skoon stront soek.

 :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Bedpot
« Reply #24 on: November 12, 2021, 03:57:36 PM »
Mapstieks, baie dankie vir die deel Assie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die Bedpot
« Reply #25 on: November 12, 2021, 05:59:32 PM »
Naas, Assie !! Daai was in ons lewe, jare lank... ek weet niks van daai hardegat piepie nie, en is bly ook....
Meraaitjie dit was so n kosbare tyd...
In die buite-wyke van die Noord-Westelike Natalse klein plaas dorpie, aan die voet van die Drakensberge, met die Amerikaanse melk fabriek, was n nedersetting, waar n groep mense gebly het... "in-breeds" soos my oupa gese het... Almal familie wat onder mekaar in...wel...teel...
Hulle was stink ryk aan beeste, vee, en land, maar brand arm in die gemeenskap.
Die dorp het n sisteem gehad. Daar was niemand by hulle toegelaat nie, daai seuns het n Ford Ranger kar, of Anglia met klippe bestook, dat jy moes ryyyyy om weg te kom.
So, daar was n Rentmeester aangestel om namens hulle op te tree. Ek was skytbang vir hom. Hy het eenkeer n maand dorp toe gekom met wa wat deur perde getrek word. Dan koop hy goeters met "tokens' by die winkels. Ek kan nou nie onthou hoe die tokens dan waarde dra nie, dalk in beeste of groente... maar die oom Rentmeester het n laaaaaaang swart jas en n swart hoed gedra... naas n poliesman was ons bitter bang vir hom. Hy was NOOIT vriendelik nie, en nooit met ons kinders gepraat nie.

PM! Daardie suiker en meel en rys staal kaste met grafies in !! ja...