• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wanneer het dit iets met jou te doen?

Started by adele, September 02, 2018, 08:28:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Dit is wat eintlik soveel die kroon span, Meraai.  Soveel het my al as totaal 'af' geskryf, omdat ek nie meer my geloofslewe en spirituele sy 'konvensioneel' uitleef nie.  Maar hier neffens ons, so 200m vanaf waar ek hier sit en tik op my tikkertjie, is die mooiste rots strand.  Dit is my 'kerk' wanneer die bene my toelaat om tot daar te skuifel.  Die wind is die orrellis, en daar sal nooit enige wanklank of vals noot opklink nie.  Die voëls van die hemele, krappe en as ek gelukkig is, 'n rooi- of blouduikertjie, is die ander gemeentelede.  Geen een sit heel voor in die kerk se ry en kyk verergd om as jy inskuifel nie.  Geen fronsende ouderling wat jou anderdag se sondes se vuil spatsel nog gewaar op jou neus se punt of voorkop nie.  Die stil klanke van brander na brander wat uitrol en teen die rotse vas slaan, is stille getuie van die Waarheid, die groot' Ek Is'.  Die versekering dit was nog altyd daar en sal altyd daar wees.  My gesinslede het 'strict marching orders' dat dit, presies net daar, die kerk is waar my laaste eerbetoon en 'koebaai party' gehou gaan word.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

adele

Soooo mooi vertel,Anastasia, ek sit saam met jou in daai kerk  :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Skuif asb op Adele, ek wil saam met jou daar by Anastasia sit  :love7:

PM

Die ou idioom wat sê: 'walk a mile in his shoes' sê vir my alles.  Jy kan nie 'n ander persoon oordeel nie.  NOOIT  NIE!  Jy weet nie waardeur daardie persoon moes worstel om staande te bly nie. 
Ek respekteer elke mens se siening en sal dit nooit aftakel nie. 


Anastasia, kan ek ook daar langs jou kom sit?  Dit klink vir my na die ideale kerk.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.