Author Topic: Wanneer het dit iets met jou te doen?  (Read 5588 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Wanneer het dit iets met jou te doen?
« on: September 02, 2018, 07:28:34 AM »
Versvriende, goeie mooiste môre vir julle!

Ek lees hoe iemand eenkeer gevra het hoekom sorg die ouers nie … en ek wonder wat het dit met jou, geseënde, te doen? Wat het dit met jou te doen as iemand swak is, as hy/sy hul oorgee aan die vergetelheid wat alkohol/dwelms glo bring, as iemand onder ‘n brug gaan inkruip omdat die seerkry van die lewe te veel geword het?

Maar ek weet wel dat dit alles met jou te doen het, as God vir jou genoeg gee: genoeg om te eet, elke naweek te braai en gereeld goeie restaurant te besoek; genoeg om te gaan vakansie waar en wanneer jy wil, ‘n goeie betrekking met ‘n topsalaris ens. En genoeg genade om die lewe se klappe te kan vat!

Sien jy kans om ook na die “verkeerde kant van die spoor”-plekke, na die “onderdorpe” of na die anderkant van die snelweg toe te gaan? Daar waar snotneuskindertjies met flenterhempies tussen sink’shacks’ rondspeel of waar huisies ingeryg agter skewe draadheinings staan. Weet jy dat daar tussen daardie huise silwerskoon erwe is, en blink vensters en vloere wat die lekkerte van Cobra oproep?

Sien jy kans om siek mense wat nie in ‘n staatshospitaal verwaarloos wil gaan doodgaan nie, tuis te gaan besoek en hulle ‘n bietjie sop te voer? Hulle te was en te help om bedsere te versorg, die sieke geselskap te hou sodat die versorger ‘n bietjie kans kan kry om uit te gaan iewers heen, dalk met kontant uit jou sak om vir haar iets besonders te koop …

Help jy ander wat dit nie breed het nie, sonder dat jou vriende, die kerk of koerante daarvan weet … sonder dat jou een hand weet wat jou ander hand doen? Nie net met donasies of vet eft-oorplasings na hulp-organisasies nie, maar loop jy saam met die mense om kospakkies uit te deel … en die kans aan te gryp om iemand van Jesus se liefde te vertel? Het jy al op ‘n sypaadjie langs ‘n moedelose , jou naaste, gesit en slap tjips eet terwyl jy hom vertel hoe Christus sy lewe vir hom gegee het, sodat hy gered kan word? Onthou, hy het dae laas gebad of hare gekam en sy klere stink naar van rook en sweet.

Want Jesus het gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. (Matt 25:40)

Daar anderkant die spoor is mense wat baie ryker is as jy, mense wat God ken. Hulle ken Christus en het al sy diepste Liefde beleef. In hulle harte leef die Geilige Gees vol barmhartigheid. Ek het een Sondagoggend na kerk, in ‘n armste deel buitekant Bloemfontein, saam met mamma’s gebid. Nee, ek het geluister en hulle het gebid en ek het skaamverleë huis toe gegaan en in trane op my knieë gaan soek na God se stem. En Hom gevra om my geloof ook so te versterk.

En wanneer ek by my werk sukkel en ek voel ‘n hand op my skouer, weet ek God het een van die mense om my, gestuur om my te bemoedig en my te herinner dat Hy saam met ons daar is.

Dankie, ons Vader wat in die Hemel is, dat U ons elke dag krag gee om die klappe wat hierdie lewe so graag uitdeel, te kan dra. Help ons en lei ons om vandag, en hierdie week, voldag in U teenwoordigheid te bly.

Amen amen Here.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #1 on: September 02, 2018, 08:06:59 AM »
Soos soveel keer tevore tel jou woorde my op en dra my op die lewenspad.  Wanneer die opdraendes te steil word, is jou geloof die hupstoot van agter. Net 'n dankie, weereens vir jou kosbare voorbeeld.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #2 on: September 02, 2018, 06:18:31 PM »
Dankie Adele.    Ek is bly daar is mense wat hierdie tipe dinge, gevoelens en waarhede in woorde kan omsit. 

Deesdae bid en vra ek vir dinge wat teen my sondige natuur ingaan met die wete dat ek dit nie uit my eie kan doen nie, en dit is om selfloos te wees en te kan leef vir ander en om God se grootheid en liefde uit te straal!

Ek vind die inhoud van jou skrywe raak hierdie puntjies aan en bid dat my lewe ook meer en meer een sal wees van iemand wat werklik kan omgee en uitryk na ander soos Jesus dit gedoen het.

Mag dit ook meer en meer 'n werklikheid in jou lewe wees en ek bid vir al die vreuge en liefde en geluk wat daarmee saamgaan, vir jou en almal wie hier lees toe, myself ook.

Amen!
Kamp is koning!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #3 on: September 02, 2018, 09:10:27 PM »
Raaitjie  :love7: jy weet ook dis nie uit my nie, maar God se woorde. Lief jou ook en as my woorde iemand help, doet ek verder voort. Dis so lekker om te skryf. Anton, dankie baie, jou woorde beteken skielik vir my sooo vreeslik baie, om redes wat ook maar om my liefde vir Evangelisasie draai. Gesels as jy wil, inboks is ook hulpvol. Ek is geen geleerde of teoloog nie, maar gesels graag en deel God's liefde soos Hy my raad gee.
adéle  :grommit:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #4 on: September 03, 2018, 06:58:35 AM »
Dit is baie mooi en edel.  En ek wil sommer net 'n klip hier in die bos daarby kom voeg.  Let wel, ek gooi dit nie net onverskillig in nie.  Ek plaas dit in julle midde.  Die inherente liefde en wil en begeerte om goed te doen, ook aan ander wat nie die voorregte as jyself het nie, is 'n ingebore 'geit'.  Jy het dit, of jy het dit nie.  Dit is 'siel', of dan, afwesigheid van 'siel'.

En hier is my klipgedeelte daarvan:  in my opinie het dit niks te doen met watter geloof jy aanhang nie.  Maar alles met die LIEFDE wat jy in jou rondra, of dan nie.  Dit het (weereens in my opinie) glad niks met geloof  in die sin van 'n katagisme of mesias of idee van hoe jou 'Godheid' daar uitsien nie.  Maar ALLES te doen met GELOOF in mekaar, vertroue en liefde. 

Dis maar my 5c.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #5 on: September 03, 2018, 07:21:27 AM »
Anastasia jy raak 'n baie goeie punt hier aan. Ek het meer liefde ervaar tussen selferkende atheists as in gemeentes van verskeie denominasies. Meer beskinder en veroordeel deur 'gelowiges' in voorgestoeltes en prestige posisies as die mense wat in ander 'heiliges' se weegskaal te lig bevind is.  By ons vorige kuierplek in die kuberruimte het christene mekaar so verskeur dat ek verby geestelike plasings gehou het vir baie lank.

Ons het onlangs weer 'n stel afgetrap hier op die forum van 'n persoon wat sy 'geestelike plasings' hier wou kom deel. En wat 'n skok was dit nie om dieselfde persoon op FB raak te lees - 'n totaal ander beeld as wat hier voorgehou was.

Op Adele se erf vind ek rustigheid - sonder veroordeling en haar voorbeeld van geloof is baie dae my kruk om aan te hou terugveg teen die demons in my lewe.
« Last Edit: September 03, 2018, 07:27:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #6 on: September 03, 2018, 08:14:04 AM »
Meraai ja jy raak nou 'n ware ding aan.  Op kampforum probeer ons (dit is eintlik 'n reel) om glad nie oor godsdiens of geloof te praat nie.  Dit werk net gewoonlik nie uit op sosiale media nie?

Anastasia, dit wat jy se is regtig baie waar.   Elke mens het 'n natuurlike waarheid / bewustheid  van reg en verkeerd, goed en sleg,  ingebou van geboorte af.  Die engelse woord is "Universal Morality"?.    Dit is juis hierdie "Universal Morality"  waarna Paulus ook verwys in Romeine wanneer hy se dat niemand 'n verskoning sal he of ooit sal kan se dat hulle nie geweet het nie, want elke mens weet diep binne in homself wat reg en verkeerd is.

Julle moet 'n lekker dag en eerste Lente week beleef!
Kamp is koning!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #7 on: September 03, 2018, 05:29:03 PM »
want elke mens weet diep binne in homself wat reg en verkeerd is. ....
Dis 'n groot waarheid waaraan ek glo, Anton.

Wat myself betref, my sendelingvriend het een keer vir my gelag en gesê ek sal tot vir die duiwel verskonings soek. Maar ek kan net eerlik sê, my goedgelowige naiwiteit, soos party dit noem, het my al baie hartseer besorg, my al in diepste put laat val na die mat onder my uitgeruk is. maar ek leer nog steeds nie my les nie, bedoelende, dis iets binne-in my wat altyd eers die goeie in iemand sal soek, 'n rede sal soek vir ander se haatlike optrede ... hoekom weet ek nie. Dis soos ek is, al het ek ook al op tye myself binne-in my humeur verloor. Ek kan nie veroordeel nie, ek vertel gou vir iemand as hy op die verkeerde pad is,want sekere sake soos vergifnis is vir my lewensbelangrik. Omdat Christus gesê het, as jy nie vergewe soos Hy nie, is die Ewige Lewe saam met Hom nie vir jou nie. En daarbuite is net ewige helse verdoemenis.
adéle  :grommit:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #8 on: September 03, 2018, 06:59:18 PM »
Ek hoor jou, en is absoluut met jou op daardie een van altyd (tot jou eie ondergang, soms) die goeie in ander sien en soek, wanneer dit nie eens daar is nie. 

In my lang pad op hierdie ondermaanse, het ek nog 'n lewensles (vir my, ieder geval) geleer:  naamlik dat jou eie waarheid nie noodwendig 'n ander se waarheid is nie.  En dat dit goed is om te mag verskil.  En dat dit ons nie fundamenteel van mekaar verskilLEND maak nie, al mag dit ons soms laat VERSKIL. 

En, dat jy groot respek vir 'n ander se waarheid moet he, en versigtig daarmee moet omgaan.  Maar, dat jou waarheid nie noodwendig aan 'n ander oorgedra kan word nie.  En dat dit nie moet wees wat ons beoog nie.  Want soms, soms kom die ander persoon baie NABY aan jou waarheid, maar, daardie laaste deeltjie van dit stoot, soms dit vir altyd verlore laat gaan, vir die mens.

Elke mens leef sy spirituele sy, wat beslis deel van ons mense se 'mensheid' is, dit kan NOOIT betwis word nie, op 'n eie unieke manier uit, binne die gemaksone van die individu.  En elkeen staan pa vir sy opvattinge, en, indien dan so, die gevolge daarvan.  Dit behoort genoeg te wees.  As almal daardie waarheid so leef, sou daar baie nageslagte nog gespaar gewees het, wat deur die eeue heen in 'godsdienstige oorloe' gesneuwel het, en daarmee saam hul moontlike nalatenskap en nageslagte.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #9 on: September 03, 2018, 09:00:26 PM »
Anastasia, jy raak nou so amper aan 'n ander sakie wat ek ook al so deur my sons-omwentelinge besef het.   Partykeer stem mense self ooreen sonder om dit te weet en sien ons dinge moontlik dieselfde, maar net van 'n ander hoek af?      Ons gee mekaar net nie altyd die kans om die hoek te beskryf nie, want elkeen dink sy hoek is die regte een?
Kamp is koning!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #10 on: September 03, 2018, 09:23:08 PM »
Ja, dit is 'n baie jammerlike en ware verskynsel, dat ons as mens graag 'reg' wil wees en beskou word, en dat ons in 'n opinie verskil moet 'wen'.  Daar is nie 'n wen of verloor nie. So baie dinge beinvloed mense se lewens- en wereldbeskouing, en daarby inklusief natuurlik ook hul godsdiens, of godheidbeskouings, of dan absolute afwesigheid daarvan.  Dit gebeur nie oornag nie.  Soms is dit ingeburger in 'n mens, en volg jy dit blindelings na, soms is jy gelukkig en vorm die beskouinge waarmee jy grootgeword het so integrale deel van jou dat jy dit nooit bevraagteken nie.  Diesulkes is (dink ek) dalk die gelukkiges om ons.  Dit is 'the way of least resistance and pain'.

Ek het 'n probleem daarmee om te glo 'n Moslem, Hindu of Jood, wat 'n mooi lewe leef, en sy oortuiginge net so ernstig en slaafs (soms meer) navolg as 'n Christen vir die verderf gereedmaak.  Of selfs 'n Agnostiese persoon of ateis.    dit maak vanuit (my) 'deurmekaar smartie siening van die mensdom' vir my nie sin nie. 

maar ek dink ek is heeltemal te filosofies oor die dinge.  Wat hartseer is, is wanneer jy soms egpare kry wat sukkel en struikel en selfs val, as gevolg van die feit dat een op die lewenspad begin vrae vra het, alles nie meer net as wet en hoofweg aanvaar nie, maar in liefde verskil.  En die sogenaamde Christen deel van die legkaart paar die ander verdoem en afskryf, in die naam van 'godsdiens'.   Ek wonder soms hoeveel mense leef 'n geveinste lewe juis as gevolg van die rede, hoeveel mense kyk maar net vinnig in die spieel omdat hulle weet daar is ook soms twyfel en verwarring, maar dit is nie die status quo om dit te laat blyk nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #11 on: September 03, 2018, 09:52:07 PM »
Ek is nou weer daardie persoon vir wie dit baie sin maak dat daar net 1 waarheid en weg is en ek glo dit is deur Christus.    Ek noem dit hier met 'n ope gemoed en vertoue dat  in die gees van die gesprek wat tans hier gevoer word dit nie oneenheid tussen ons sal veroorsaak nie.     
En as dit so gebeur dat dit NIE oneenheid veroorsaak nie en dat ons saam hier gaan uitstap as nog groter vriende as wat ons hier ingestap het ,  dan wil ek noem dat dit 'n absolute eerste keer is wat ek so 'n gesprek op sosiale media voer sonder dat dit 'n slegte smakie agterlos.
Kamp is koning!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #12 on: September 04, 2018, 06:06:23 PM »
Wel, vat dan gerus 5!  Want ek self het die gesprek geniet!  Verfrissend om mens se opinie te lug, en dit gaan met geen klip of skiet gepaard nie. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #13 on: September 04, 2018, 09:35:40 PM »
High Five!  :headbang:
Voel my hartjie nou sommer vol van blydskap  :toothy4:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #14 on: September 04, 2018, 11:55:07 PM »
Dit is mos hoe volwassenes wat mekaar respekteer, oor diep sake kan gesels. Dat ons mag verskil is elkeen se reg. Anastasia ek verstaan ten volle hoe jy voel, so ook Adele en Anton, en ek respekteer elkeen se siening. Ek voer laaaaaaaaang gesprekke met die Hemelse Vader, veral wanneer ek voor die klavier gaan sit. Soms is daar soveel vrae en wroeginge en baie baie trane, veral rondom gesondheid. Vrae wat ek verseker nie in hierdie leeftyd beantwoord gaan kry nie want die lewe en die dinge wat ons nie verstaan nie, is hart my maat.

As jy kans kry luister gerus na hierdie lied - een van my eie gunstelinge.
 :love7:

https://www.youtube.com/watch?v=41fgrNo2Uds&t=129s

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #15 on: September 05, 2018, 03:32:45 PM »
Dit is wat eintlik soveel die kroon span, Meraai.  Soveel het my al as totaal 'af' geskryf, omdat ek nie meer my geloofslewe en spirituele sy 'konvensioneel' uitleef nie.  Maar hier neffens ons, so 200m vanaf waar ek hier sit en tik op my tikkertjie, is die mooiste rots strand.  Dit is my 'kerk' wanneer die bene my toelaat om tot daar te skuifel.  Die wind is die orrellis, en daar sal nooit enige wanklank of vals noot opklink nie.  Die voëls van die hemele, krappe en as ek gelukkig is, 'n rooi- of blouduikertjie, is die ander gemeentelede.  Geen een sit heel voor in die kerk se ry en kyk verergd om as jy inskuifel nie.  Geen fronsende ouderling wat jou anderdag se sondes se vuil spatsel nog gewaar op jou neus se punt of voorkop nie.  Die stil klanke van brander na brander wat uitrol en teen die rotse vas slaan, is stille getuie van die Waarheid, die groot' Ek Is'.  Die versekering dit was nog altyd daar en sal altyd daar wees.  My gesinslede het 'strict marching orders' dat dit, presies net daar, die kerk is waar my laaste eerbetoon en 'koebaai party' gehou gaan word.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #16 on: September 05, 2018, 05:07:58 PM »
Soooo mooi vertel,Anastasia, ek sit saam met jou in daai kerk  :love7:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #17 on: September 05, 2018, 09:13:51 PM »
Skuif asb op Adele, ek wil saam met jou daar by Anastasia sit  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wanneer het dit iets met jou te doen?
« Reply #18 on: September 11, 2018, 11:10:29 AM »
Die ou idioom wat sê: 'walk a mile in his shoes' sê vir my alles.  Jy kan nie 'n ander persoon oordeel nie.  NOOIT  NIE!  Jy weet nie waardeur daardie persoon moes worstel om staande te bly nie. 
Ek respekteer elke mens se siening en sal dit nooit aftakel nie. 


Anastasia, kan ek ook daar langs jou kom sit?  Dit klink vir my na die ideale kerk.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.