• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Kroeg se Tjoek

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 03:22:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Daardie is nou 'n vier wat gesorg het dat hy fier is!  If you catch my drift.   :hello2: :headbang:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Vandag het die forum rerig weer soos 'van ouds' gevoel, lekker beweging en gesprek.  I like.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Jy is reg, maar ek gaan moeilikheid kry, want ek spandeer te veel tyd hier!  Lekker was nog nooit sleg nie.  As dit die enigste uitweg is kuier ek deurnag.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Julle sal nooit weet HOE nodig ek hierdie spesiale saamkuiers gehad het nie. Die humor en gesellige saamwees soos van ouds was net wat ons nodig gehad het. My hart loop oor van dankbaarheid. Ek dink ek gaan myself vir 'n paar dae hier kom toesluit tot ek vrede kon maak met my sus se situasie  :crybaby2:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dankie mater  :dontknow: :crybaby2: :dontknow: een dag op 'n slag - net dit.

PM

Hoe gaan dit met jou sus Raaitjie.  Kom vertel asseblief.  Hoe gaan dit met julle twiekies?  Hier is drukkies vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sy straal soveel liefde en geloof uit dat ek my kop in skande laat sak PM. Sy glo vas dat sy 'n 80 persent kans het om hierdie oorlog te wen en indien nie, weet sy dat daar 'n beter Plek vir haar wag. Sy het twee dae na die penne ingeplant was met krukke geloop en toe ons gesels was sy so opgewonde en dankbaar vir nog 'n kans. Die penne gaan keer dat sy nie sommer weer so lelik val nie. Die kanker reeds gate in haar bene gevreet.

Duisend en tien dankies vir ons drukkies. Ek dra oor... sy se gereeld dankie vir julle omgee en saam bid.

:notworthy: :icon_salut: :love7:


Anastasia

Ai, so leer mens blymoedigheid by diegene wat platgeslaan is.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!