• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Kroeg se Tjoek

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 03:22:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Dankie dierbare vriend! Ek is self so bedonnerd jy kan toor met my. Vader weet hoekom die dokters haar nou nog deur die pyn van 'n operasie wil sit. Sy is 'n diabeet en haar wonde neem maande om te genees.  Ek sien sy dwaal deur die gange op FB. Haag dogter het gevra dat ons liewers nie nou bel nie. Ek kan aflei uit haar posts wat gedeel word dat sy spookagtig haar gedagtes probeer besig hou  :crybaby2:

Anastasia

Ek is so jammer om te hoor van jou sus, Raaitjie.  Gesondheid is 'n koning se kroon.  Net die daarsonder sien die waarde daarvan. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

My hart is stukkend, ek het nie woorde nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ag man kom ons drink!  Hier is 'n lekker koppie koffie met 'n groot skink vol Tia Maria.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het my glas nadergestoot. Maak vol 'sebliefie mater. Sien Anastasia dwaal ook soos 'n gees nog rond. Probeer ek vinnig uitwerk hoe laat is dit nou by julle... tien voor elf die aand. Diekant van die aardbol presies 6.49 die oggend en bietjie vroeg vir elmboog-oefeninge lol maar in die gees is ek mos by julle. Sooooooooo - gooi suster. Gooi.

Anastasia

Jong, Meraai, ek soek mos snags die skape om te tel!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Skape tel - ek het alles al probeer maar pure verniet. Bedags is ek so vol plooie van min rus dat ek rondom Thanksgiving nie 'n voet buite sit nie. Te bang iemand sien my aan vir 'n kalkoen  :angel4:

Anastasia

Daardie is nou 'n aspriste snaakse een!  Kalkoen, seg jy!  Haaaaa ha
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Met my wiskundige aanleg tel ek die skape se pote en deel dit dan deur vier, vermenigvuldig dit met twee om te sien hoeveel ore daar was en dan maal ek dit met 0 om die gemiddelde IK van die SA regering uit te werk.
Dis gewoonlik genoeg om my heel nag wakker te hou want ek besit nie 'n sompompie nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hopenlik is ek nou nie te laat om vir jou ietsie hier in die kroeg se tjoek te skink nie Naas. My draai nog steeds soos ek probeer by hou by jou wiskundige formules - ek verstaan die laaste 0 darem 100 persent  :icon_biggrin: en sekondeer.

Naas

Ek is nou eers met vakansie na een helse lang kwartaal van April af. Het daai glas wyn nou nodig om van die eggos in my beenkamer ontslae te raak sodat ek met mening kan rus.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Geniet! Jy verdien gewis Naas. Anastasia, jy is reg. Daardie kalkoen-ene was 'n aspris. Ek moes iets doen om te lag vir myself. Dit het gewerk hoor. Galgehumor is soms die tou waarmee ek myself uit die gat moet trek voor hy om my nek beland  :icon_biggrin:

Anastasia

Meraaitjie, as ek sê 'apris snaaks' bedoel ek eintlik 'vrek snaaks'.  Ons het in ons huis so gesegde.  My seun het 'n girl gehad wat op whatsup wou gesels.  Gee hy haar die stopstraat sindroom.  Vra ek:  waarom dan?  Antwoord hy, "Ma, daai girl is aspris lelik'!  Siestog.  Hie hie.

Naas, ek dink jou vrou het goeie maagspiere.  Dit is 'n gegewe.  Met soveel lag met jou in die omtrek.  Ek verstaan jou berekeninge omtrent so goed (of dan liewer sleg) soos wanneer mense familie begin uitlê.  As hulle eers begin met my ma se niggie se kind se man ... het hulle my klaar verloor.  By somme het jy my by 1, 2, (wat dan?) klaar verloor!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#74
Stopstraat sindroom  :`ip2:

O my wereld Anastasia, daardie tellery van jou laat my dink aan die grappie wat ek gelees het op die oor-60's blad hier oor die waters. Die man het 'n klein probleempie gehad in die slaapkamer en geen dokter kon hom help nie. Later beland hy by 'n toordokter en die blaas en gaan tekere en daar is merske bol vuur. Ek onthou nie eintlik so helemal mooi wat toe gebeur het nie maar lang storie kort (die is Engelse grappie so julle moet in Engels tel hoor)

Die man moet glo net 1'2'3 tel en dan is hy pure man vir vroulief. Bekommerd hoe lank hy so sal kan 'perform' vra hy hoe kan die gedoente terug na normaal kom. Die toordok se maklik. You just count 1'2'3'4' maar dan bly dit vir 'n jaar lank so hoor! Kom wat wil, daai aand tel hy kliphard 1.2.3.... sy vrou draai om en se: "Why did you count 1'2'3' for??