• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Griffels vir die blad 'Denke van 'n skrywer'.

Started by Meraai vannie Baai, August 11, 2018, 06:33:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Naas, ons twee praat PM se kop deurmekaar met ons varkpraatjies, dan sleep jy nog 'n hoender ook daarby!  Haaaaa haaaa :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Nee, maar ek like. Ek like  :headbang: 'n Vark en 'n hoender - ons boer vooruit!

Naas

Die probleem is wanneer varke jou die hoenders in maak vat jy jou koei, klim op jou perd en trek plaas toe



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#18
Tik ek 'n hele relaas, druk verkeerde knop en sien net 'n witskerm met boggerol op agterna  :icon_biggrin: Alles weg. Vark, hoender, koei, perd en amper die plaas ook (sal seker nie lank wees nie dan gaan 'n donkersiel hom ook onder onse neuse kom steel vat :`ip2: :mumum:

Naas

Assie se Oupa se nou die dag vir my, "Was daar nie 'n boer om die volk te voer was hul lankal in hul moer." Verskoon die Frans maar dis vir my so waar, die gesegde.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Daardie is geen lieg Naas. Ons besef dit almal hoor.

Anastasia

En Naas, die neukery is huidig vir ons boere dat die ander klomp kom en sommer jou vark, al jou hoenders, die koei en die perd wat jy wou opsaal saam met jou plaas onder jou kom uitvat, en dan sommer nog oor hul skouer gou terugloer en nog die ABC uit jou mond kom vat wat jy hulle wou toesnou.  Maak ek nou 'n grappie met 'n eintlike seer en tragiese sakie vir ons ou volkie, ne?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Humor maak die laste ligter.
Selfs die berge waar die hulp vandaan kom behoort nie meer aan ons nie.
Ek hoor die Polisie dreig nou om ses uur saans toe te maak as die regering nie sekuriteitswagte aanstel om hulle op te pas nie want hulle werk raak nou te gevaarlik. Bid jou aan...



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ek het daardie onmoontlike redenasie anderdag raakgelees, Naas.  Ek het eers gaan loer of dit nie dalk 1 April was nie!  Ja nee, dit help lank nie meer om jou oe op te slaan na die berge toe nie.  Jy kom net agter dat dit klippie vir korreltjie sand oornag weggedra is terwyl jy loop slaap het!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!