• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ons het ’n labirint gekies

Started by adele, January 02, 2016, 05:18:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ons het 'n labirint gekies

wanneer die sterre melkweg
oor ons suidland
peins ek, soms nog
in stom verlange
gemuilband
oor ons jare saam,
'n spikkeltjie teen die ewigheid
waarvan ons g'n snars verstaan

en as die suiderkruis
na aurora australis wys,
mymer ek oor die lewe
se haas, gevoelloos snel

dan dagbreek oortuiging
oor die einder van my siel
en verskerp die wete
ons was net aan mekaar geleen;
ons dae saam was volmaak
hoe anders?
ons het 'n labirint gekies waar
God die rigting
en liefde gelei het

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Eerbiedig stilgestaan voor 'n liefde so groot en pragtig verwoord.

PM

Om te weet is om te verstaan.