Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 02, 2016, 05:18:45 PM

Title: ons het ’n labirint gekies
Post by: adele on January 02, 2016, 05:18:45 PM
ons het ’n labirint gekies

wanneer die sterre melkweg
oor ons suidland
peins ek, soms nog
in stom verlange
gemuilband
oor ons jare saam,
’n spikkeltjie teen die ewigheid
waarvan ons g’n snars verstaan

en as die suiderkruis
na aurora australis wys,
mymer ek oor die lewe
se haas, gevoelloos snel

dan dagbreek oortuiging
oor die einder van my siel
en verskerp die wete
ons was net aan mekaar geleen;
ons dae saam was volmaak
hoe anders?
ons het ’n labirint gekies waar
God die rigting
en liefde gelei het

©adéle theron
Title: Re: ons het ’n labirint gekies
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2016, 11:07:43 PM
Eerbiedig stilgestaan voor 'n liefde so groot en pragtig verwoord.
Title: Re: ons het ’n labirint gekies
Post by: PM on January 04, 2016, 05:08:16 PM
Dit is hoendervleis mooi.