My lyf in die Winter is genadeloos. Sy klee haar in die aller dikste lagie om snoesig te bly in die koue. Ok, dis fair, maar sy gooi ook nie weer daai lagie af as die son diekanttoe kom nie. Sy hou dit daar vir die volgende winter en dan trek sy nog 'n lagie aan. Ek praat hard, maar sy is hardnekkig besig om die laag-op-laag-voorkoms te handhaaf tot die einde. (My eks het dit nie uit sy duim gesuig toe hy gese het ek het 'n gesig soos 'n volmaan. Maar sy gat, hy het 'n skewe tand.)
Met 'n halwe eeu se yo-yo speel, het ek genoeg gehad van gewig verloor en optel en verloor net om weer op te tel.
Ek het vrede gemaak dat ek nooit skinny gaan wees tensy ek weer ophou eet. En dit is beslis nie 'n pad wat ek weer loop.
Vrouens spandeer net soveel tyd in hul gedagtes aan kos en dieet en hul lywe, as wat mans aan seks spandeer (in hul gedagtes.)