• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat SOUT

Started by Terry, July 16, 2013, 10:40:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

ek het ook baie sout geeet tot my bloeddruk nie meer normaal wou wees nie. toe los ek di esout en na 2 weke was ek gewoond aan kos sonder sout. ek raak sommer vies as die restaurant by voorbaat sout kruie mengsel op my chips gooi.

daai varkvel se kraak het seke rte doen met water wat die sout onttrek en dan raak dit droog en kraak dan.

PM

Dit is dalk so.  Die slimkoppe sĂȘ 'n mens moet die vel goed droog maak voordat jy die sout opgooi (mildelik) en goed invryf, maar dan moet dit dadelik oond toe gaan.  Dalk trek die sout die water uit en dit verdamp met die gaarmaakproses. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

op die ou end maak elkeen soos hy goed dink en dit smaak reg vir hom.

Angelica

AS ek iets in die pannetjie sou gooi, dan gooi ek net kruie by.
In my koskassie is geen speserye van geen aard, nie eens sout kry jy hier nie. Soms wel peperkorrels, want ek lief peper.
Meeste van die tyd is hier ook nie eens suiker nie.
Boring, sou julle se.  Ek is gewoond daaraan.
Maar ek voeg mildelik botter of margarien by.  En soms het ek 'n bottel All Gold tamatiesous in die yskas saam met die make-up en cutex... 
elle