• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek wil net graag sê, ons kuier by "oudste" en dit is die lekkerste bederfie uit en uit. 
Ons moes al na ontbyt gery het, maar die uitnodiging het gestrek vir die volgende week, toe besluit ons om nog 'n naggie te bly. 
Dit is die lekkerste kuier uit en uit.  Ons is ontspanne en vol rooiwyn en wil net graag 'n glasie op julle klink. 
Ek lief julle!  Tjorts!
Om te weet is om te verstaan.

AB

gesond, tjorts, prost, laat hy val waar hy wil en geniet dit.

een van die dae kom die kinders ook weer nuuskierig uit die uiniverseit uit om te kom voel hoe slaap hulle nuwe kamers en beddens ( wat 2 de hands is)

PM

Giggel ek lekker, dankie AB.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lief kuier! AB laat weet wat die kinders alles vertel hoor en neem sneppies van die vrolike gekuier. PM ek sit saam in die vrolike kringetjie in die gees. Hier is my glasie ...vul maar op sebliefie!

Trapsoetjie

 :toothy4:
Lekker om weer hier in te loer.

Ek wil net graag se. So lekker gekuier met PMpie en Hannes. Kon nie glo hulle mos so gou al weer terug gaan.

:angel12:

PM

#140
Ag Trappies, ek wens ons kon nog 'n daggie of wat oorbly.  Ek het jou manlief en kinders so gemis, sou wat wou gee om nog oor te bly. 

Vanaand het ek 'n geweldige gemoedsbeskokking.  Vir party mense het die a-klanke mos 'n ernstige skop in die ribbes.  Soos my welaf tante, haar man was mos 'n mynkaptein, gesê het, as haar kindrs kak gesê het was hulle by die a-klanke,  as my ma se kinders so laag gedaal het was dit 'n ernstige oortreding.  Sies!  Aan die anderkant van die treinspoor!   

Nou gaan hierdie beskokking oor 'n netelige sakie.  Ek is mos nou lelik gebore.  My fffflippen hel.  'n Mens sou sweer dat ek 'n inset in die saak gehad het.  Ek het mos nou nie gehelp om myself te maak nie! Iemand het die lelike eendjie en liewe heksie met mekaar verwar!   Die een so lelik soos die ander!

Nou moet ons Hannes se "afskuitspartytjie" gaan fier!  Word ek aangesê om my hare te laat doen, my bakkies te laat verf, my naels te laat doen,  (toonnaels ook so by my kool)  en 'n uitrusting te gaan koop!
Wie het nou waar die klits kwyt geraak!   Kyk hier liewe broers en susters, of julle laaik my of julle laaik my nie.   As ons liewe Heretjie wou gehad het ek  moes 'n skildery gewees het het Hy  my iewers opgehang en my Mona Lisa genoem.   No go!
Ek weet julle het al van daai mooi Afrikaanse uitdrukking gehoor!  Al dra 'n aap 'n goue ring, hy bly maar
'n lelike ding! 
Nee wat, ek sal liewers saam met Joe by Jack se kaie gaan pap en rooierige wors eet.  Hierdie ge-aansittery is nie vir my nie.  Help asseblief, ek is in die moeilikheid!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#141
Ek giggel met innnnige simpatie sustertjie. Ons lief jou nakend, soos jy is!!   :bootyshake: :love7: Wil noooooit weer hoor dat jy jouself lelik noem nie gehoor!!!

Trapsoetjie

Jy is geen lelik nie!  :`ip2: Ek bemoei my nooit met lelike mense nie.  :`ip2:

EK is ook soos ek is en ek laaik myself soos ek is en basta met almal wat nie saam stem nie.  :icon_biggrin:  Dan moet ek by sit, so nou en dan, hou ek daarvan om in 'n ander persoonlikheid te verander. Dan kom die borsels en poeiers en lipverf en goete uit. Spieeltjie vertel dan van 'n ander sprokies verhaal wat voor hom staan en dan begin die verkleurmannetjies-vrou, te verander.  :icon_scratch:

:angel12:

PM

Nou staan ek hier met my vinger in my mond en my toon boor in die grond.   :icon_biggrin:
Ek lief lief julle.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

PM

O goeie genade, daar sit ek drie maande in Die Transkei en ek sê niks nie.    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

In Transkei met sy klippe in die pad om die draai en sy beeste wat wei op die plaatjies gras in die slaggate in die hoofweg, het jy nie poeier en paint nodig nie.
Ook nie in die Kaap nie.
Ook nie in Tswanetoria nie.
Klaar.
Ek dra niks anders as jeans en tops en booties in die winter en jeans en tops en sandaltjies in die somer.  Klaar.
'n Grand gedoente kan nie om my lyf sit nie.  Dit krap.  En dit trek skeef. Dit pas net nie by my aura nie... LOL
MAAAAR.... sonder my maskara gaan en nowhere. Selfs bed toe.  Is. Mens weet nooit wanneer 'n nagmerrie jou snags kom besoek en dan???
Om die waarheid te se, PM, het ek nog nooit agtergekom dat jy nie make-up aanhet.  Jou gesig was nog altyd nog net in 'n heerlike bondel liefde en opgewondenheid as ek jou sien. 
elle

PM

Aaaag!  Ek lief jou Ella'tjie.   :love7: 
Ek is ook nie gemaak vir optof en ongemak nie. 

Soms kom daar 'n prins op 'n wit perd besoek wanneer mens slaap.  So, jy mag met jou maskara aan slaap,
ek verstaan.  :icon_biggrin:  (Was 'n nagmerrie as jy wakker word en sien dit was net 'n droom.  :toothy4: )



Om te weet is om te verstaan.