• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bespreek jou bladsye vir boek twee.

Started by PM, January 21, 2012, 08:10:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Daar is nog baie tyd om te spaar Adéle en die wat dit nie kan maak nie kan gratis aan die gedigstrukture deelneem.  Met die verspoeling is my beplanning ook 'n bietjie deurmekaar gegooi. 
Ek sal nog 'n rukkie kans gee vir ons eie skrywers om plek te bespreek, voordat ek ander ouens 'n kans gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Sit my neer vir 6 bladsye asseblief. Is daar 'n tema vir die boek 2? En verduidelik wat gebeur met gedigstrukture.

PM

Ons besluit watter gedigstrukture ons gaan plaas vir boek 2.  Dit sal in die konstruksiewerf aangewys word.
Daar is 'n verduideliking van hoe die struktuur werk en dan gebruik ek van die skrywers se voorbeelde. Daardie afdeling in die boek word deur myself betaal.  (As ek 'n geldjie kortkom sal manlief
las.)   :icon_biggrin:

Dankie Marius, ek sit jou 6 bladsye neer. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ouens, hier is 'n lysie, as ek iewers 'n fout gemaak het of iemand uitgelaat het, laat weet asseblief vir my. 

Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye  (klaar betaal)
Ah Willa  6 bladsye  (klaar betaal)
Jan Dink   6 bladsye  (klaar betaal)
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye  (klaar betaal)
PM  20 bladsye  (klaar betaal)
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye  (klaar betaal)
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye  (klaar betaal)
Meraai vannie Baai 6 bladsye  (klaar betaal)
Adéle 6 bladsye  (klaar betaal)
Fransie  6 bladsye  (klaar betaal)
Marius  6 bladsye 
Jannie Rossouw  6 bladsye 

Daar is nog mense wat belangstel.  Sal julle asseblief kom bespreek.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

hoeveel tyd het ons oor??? 

Ek wil graag iets rondom Autism doen .. ek het een gedig wat in Engels is ...

As ek weet hoeveel tyd ek het - kan ek nog aan ander werk

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek wil die boek op die laatste einde Mei drukkers toe neem.  Dan het ek tyd om die proefboek deur te werk en as dit einde Junie gereed is vir die drukkers terug te gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

PM, net om dit alles bymekaar te kry:
Minimum 6 Bladsye
Prys = R100 per bladsy en dit sluit ALLES in ?
Wat sal die prys van een Boek 2 wees?
Is dit verpligtend om te registreer by Afr Forum? En indien nie, waarheen en in watter formaat moet dit gestuur word?
Die foto's, indien die persoon dit self wil byvoeg, moet hoe gedoen word?
Wanneer is die heel, heel laaste datum dat plasings kan geskied?

Gee asb al die info vir my sodat ek dit kan aangee vir 'n FB-vriend.
Dankie skattie.
elle

Fransi

 :hello:

Hallo PM, ek dink ek het nog twee blaaie betaal en gestuur- so myne is 8?

Baie dankie vir al jou harde werk en baie dankie vir die voorreg om weer deel te kan wees.

PM

Die prys is R100 per bladsy en dit sluit alles in.  Ja, minimum ses bladsye.  'n Voorblad en 'n profielblad is dan daarby ingesluit.  Die persoon wat die bladsye bespreek moet dit in gelyke bladsye bespreek.  M.a.w.  6 of 8 of 10 ens.  
Ek verkies dat die skryfwerk op die forum geplaas word.  Daar kan almal lees en help om tikfoute reg te maak en te skuur en skaaf as dit nodig is.  Die prente of foto's moet hoë kwaliteit wees, nie kleiner gemaak nie, anders kan ek dit nie gebruik nie.  
Ek spasieer self die skryfwerk op die agtergrond.  Moenie vir my goed stuur wat ek nie kan verander nie.  Ek moet seker maak dat die spasies reg is, want die bladsye word gesny voordat dit gebind word en jy wil nie hê jou titel, of jou naam onder aan, of die skryfwerk langs die kante, word afgesny nie.  
Sodra die proefboek gereed is sal die drukker vir my 'n prys gee vir boek 2.  Ek kan nie op hierdie stadium vir julle sê wat dit gaan kos nie.  Die prys sal ook afhang van hoeveel boeke ons bestel.  As julle solank vir my min of meer kan sê wie wil hoeveel boeke bestel, kan ek 'n lys maak.  Ek hoop en hou styf duime vas, dat dit nie veel meer as boek 1 sal kos nie.  
Ek wil die proewe na die drukkers toe neem voordat ons die 27ste Mei vir drie maande 'n kontrak in Vryburg gaan doen.  Ek doen dus 'n beroep op almal om hulle werk so gou as moontlik in hul eie plekkies te plaas en vir my 'n lysie te stuur met die name van die gedigte of kortverhale.    
Ek hoop dit is al die inligting.  

Baie dankie Fransi, die voorreg is myne.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Elsabe wil die volgende he:
Boek 1  x  1
Boek 2  x  2

Dankie.
elle

PM

Goed so, sodra ek by die huis kom sal ek vir jou 'n boek stuur.  Waarheen?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Giggles... hiernatoe.
Sal vir jou die posadres stuur.
Jy is dierbaar.  Ons lief jou sommer in stukkies.
elle

PM

Ek is bly om te sien jy het ook nog so 'n stoutgat dogtertjie wat daar in jou bly.   :icon_biggrin:
Ek lief julle ook stinkend.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

ek wil 3 A4 blaaie bespreek. dit is dan inderdaad 6 bladsye

PM

PM neem kennis.  Dankie Natalie. 
Om te weet is om te verstaan.