Ons het werklik, rerig erig, sonder om te lieg, R120 000 betaal vir nuwe dakplate en daknokke voordat die groot haelstorm ons getref het en alles oorgeloop het. My versekering het gesê dat dit instandhouding is en dat ek niks kan eis nie.
Ek is besig om my bankstate voor te lê van materiale wat ons aangekoop het en arbeid wat ons betaal het om te bewys dat my instandhouding wel gedoen is, en flippen goed gedoen is. Ons sal maar sien wat gebeur, maar my versekering het vir my gesê dat hierdie kontrakteur wat die werk gedoen het, dit nie behoorlik gedoen het nie en dat my dak nie meer verseker is nie.
Die laaste paar maande het ek knaende gevegte met my versekering. Dit is 'n nagmerrie.
Santam se polis stipuleer dat pensioenarisse nie 'n bybetaling doen nie, maar ek het 'n warmwaterstelsel (geyser) ge-eis wat opgepak het en PSG, my agent, het my R2500 00 bybetaling gevra. Drie dae se swoeg en sweet voordat dit herstel is.
Dit is hoekom ek nou PSG vaarwel toeroep en 'n ander versekering gaan kry, want ek het hoeveel keer probeer om Santam direk te kontak en hulle vee net hulle 000 aan my af. (Let wel, die meervoud van 0 is 000! Tussen hakies, vir die ou wat nie weet nie, 'n 0 is 'n holte, soos 'n gat!
Dan vra hulle hoekom drink ek my badwater!