Author Topic: Ek wil nie bejammer word nie.  (Read 8467 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek wil nie bejammer word nie.
« on: September 13, 2012, 08:32:48 AM »
Hoe dikwels hoor ek daardie woorde.  "Ek wil niks sê nie, want ek wil nie bejammer word nie."
 Dit laat my my kop so skeef draai soos die hond syne draai as hy 'n ernstige vraag wil vra maar stom geslaan is.   :icon_biggrin:

Kry ons regtig die mens jammer, of is ons jammer oor die situasie waarin die mens hom/haar bevind?
Dit is soos om vir 'n kind te sê dat hy/sy stout is, in stede van dat hy nou 'n stoute ding gedoen het. 
Is dit ons taalgebruik wat maak dat ons hiper sensitief is? Dat ons alles wat gesê word op onsself van toepassing maak?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #1 on: September 13, 2012, 08:54:16 AM »
Goeie vraag PM. Simpatie met die mens en sy situasie laat vriende en geliefdes soms wye stomdraaie om jou gooi wanneer jy 'n drukkie baie nodig het maar ons is so bang om onsensitief te wees of bang die persoon voel jy dring op .. so baie bang vir's! Niemand van ons hou daarvan om bejammer te word nie maar daar is groot verskil tussen bejammer en omgee. Uit eie oogpunt. Ander mag anders voel. Ons het so baie geleer die afgelope week. Veral hierdie laaste paar dae!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #2 on: September 14, 2012, 01:18:39 AM »
Jy is reg.  Daar is genoeg "min omgee" wat die rondte doen deesdae.  Mense kan nie meer skeel of hulle ander gelukkig maak of nie.  Who cares?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #3 on: September 14, 2012, 02:08:49 AM »
 :toothy4: Ek gaan/het 'n hele paar voorkoppe in v's laat saamtrek met die huidige situasie in ons lewe deur nie te swyg en eekant met alleengrawe 'n gat te grawe waar ek kan wegkruip of skuil teen die werklikheid nie. En hiermee het ek die groot ag siesss(tog)sonde gepleeg want ek hang my vrese en my vreugde onbeskaamd, aan openbare pale. My boodskap hiermee aan die wereld daar buite: kom huil/lag saam of hou verby. Vergewe my as die padpredikante langs my lewensmyle jou melaats laat voel, en jy noodgedwonge afdraai na jou klein hoekie en ek in myn waar ek spook met menslike emosies soos ander wat hulle werk of 'n geliefde verloor.



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #4 on: September 14, 2012, 04:15:10 AM »
 :hello2:  Sustertjie, Ons het nie beheer oor wat met ons gebeur nie.  Ons het wel beheer oor hoe ons dit hanteer. 
Hier sit ek, ek gee om en ek wil weet wat aangaan.  Ek kan net verstaan as ek weet. 
Wanneer 'n mens jou lief en leed deel "aan openbare pale" dan het jy nie geraamtes in die kas nie.   :angel4:
'n Siektetoestand is niks on oor skaam te wees nie, jy het mos niks gedoen om dit te veroorsaak nie.  Om jou werk te verloor is nie jou toedoen nie.  Jy werk nie jare by 'n firma en dan word jy afgedank omdat jy 'n lui lak is nie.
Gedeelde smart is halwe smart. 
Ek stem met jou saam, as iemand dink dat ons "teem" dan hoort hy/sy nie op hierdie forum nie.  Hou verby.  Hier deel ons ons lief en leed. 
Hier is nog 'n stywe drukkie vir jou     en 'n pienketjie.  Kom ons drink daarop!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #5 on: September 14, 2012, 04:34:02 AM »
SO so dankbaar jy verstaan en ek wil amen skryf op die opmerking 'ek kan net verstaan as ek weet'. As ons swyg en verdwyn maak dit seer in die proses vir die ou wat soos jy, daar wil wees. Saam wil trek. 

Ongelukkig is ons ouens wat lief is om die ABC in te span, mos maar geneig om dit waarvan die hart van vol is uit te skreeu aan die verbygangers en verskrik mens hulle soms skoonweg in die proses. Ander kere wil ons wegkruip agter die donkergordyne van die lewe. Dan kom iemand wat wis van niks verby; sit die lig aan, trek die gordyne oop en daar staan ons naak en skaam op die verhoog van ongevraagde situasies.

Ons kon dit nie keer nie maar jou woorde: hoe ons dit verder hanteer maak soveel sin!

Dankie vir my drukkie en die pienkdingetjie  :love7: ek los vir jou 'n kaktusversie hier op die hartstafel, glo jy sal verstaan dat ek deesdae wil hap en byt, swyg en skreeu gelyk. Vlug en terugkom.  :icon_bigsmurf:

Deur my vingers borrel die aalwynsap
uit Bitterfontein...

Doer voor, hang bang, soos digte mis
oor Doodloopstraat.

Lief jou stikkint  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #6 on: September 14, 2012, 05:15:42 AM »
Raaitjie, dit vat tyd om 'n traumatiese ervaring te verwerk.  Soms baie tyd.  Om te wil raas en blaas en hap en byt en om te wil huil of sommer op 'n hopie te sit en treur, is dood normaal.  Woed dit maar uit.

Ek wens daar was iets wat ek aan jou vrese kon doen.  Ek sit al hoe lank hier en wonder wat gaan alles deur jou gedagtes en die van jou gesin.  Hoe hanteer julle hierdie sware valbyl.  Ek het orals gaan oplees en dit is nag. 
Toe kruip ek ook maar agter die gordyntjie weg van magteloosheid. 

Diwels lees 'n mens skryfwerk en jy hoor dit maar jy luister nie.  Jy sien dit maar jy verstaan nie.  Hierdie kaktusversie is 'n treffer en dit spreek boekdele.  Ek kan maar wens wat ek wil en hoop vir 'n vale, maar die ou lewe sal sy gang gaan. Sodra die mis opklaar, en glo my dit sal, sal jy weer helder kan sien hoe lyk die pad vorentoe.  Ek wens alweer: Ek wens die bodem van die bittergal-beker word gou sigbaar.  Staan sterk sustertjie.  Ek weet hier op die forum is almal net so lief vir jou as ek.  Ons sou graag daar wou wees en help trek aan die wa.  Praat asseblief.  Deel jou sorge met ons. 
Wys die lewe jou  :pottytrain2: kant dan doen ons saam die  :bootyshake:   :bootyshake:  :love7:






Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #7 on: September 14, 2012, 08:32:18 AM »
Die gedig het nou so aan my hart geraak. Drukkies en  :love7:

Miskien wil ons mensies nie bejammer word nie, maar wel verstaan word en empatie op welke wyse getoon, dien as 'n riem en anker. Die wete dat jy nie heeltemal so alleen is as wat jy voel nie. Selfs al weet jy dat dit JOU stryd is en dat JY moet veg en daar deurkom, help dit om te weet dat jy mense het wat saam met jou voel en by jou wil staan. Mense wat deur dik en dun jou lief het.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #8 on: September 15, 2012, 04:25:27 PM »
Sommige van ons gaan le, soos 'n gewonde hond, eenkant en lek wonde.
Niks teen die een wat wil help/luister/drukkies uitdeel nie.  Gewoon net eenkant toe om te gaan wonde lek.
Ek persoonlik onttrek.  Bloot omdat ek so 'n mengelmoes van emosies ervaar en nie weet watter een die volgende oomblik op die bovlak le nie.
Dit mag 'n traan wees.  Dit mag 'n byt wees.  'n Woede uitbarsting..  Daarom onttrek ek.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #9 on: September 16, 2012, 12:47:26 AM »
Fransi dankie vir my drukkie  :love7:

Jy skryf 'n ware ware ding matertjie. Empatie. Die wete dat jy nie heeltemal so alleen is as wat jy voel nie. Selfs al weet jy dat dit JOU stryd is en dat JY moet veg en daar deurkom, help dit om te weet dat jy mense het wat saam met jou voel en by jou wil staan. Mense wat deur dik en dun jou lief het.

Angelica dit is net so kosbaar en waar - hoe jy jou eie situasie vir ons uitlig! Ons is elkeen uniek in die manier waarop situasies verwerk. Die beeld van die hond wat eenkant sy wonde le en lek het my amper in trane gehad  :crybaby2: Ek het deur jou plasings oor jou eie 'jy moet gaan' eers werklik besef HOE impak die besef van 'ek gaan sonder inkomste sit!!" op 'n mens het. Dit was 'n nagmerrie ondervinding vir my as toeskouer hier op die forum, om jou daaglikse woelinge met emosies en vrese deur die lyne en paragrawe te ervaar!

Ek is bang gebore en onse dierbare Gawie weet hoe ek alleen wees verpes. Wat ek nog meer vrees/verpes is om verdwaald te staan en nie te weet waarheen ek oppad is nie. As alles nog duister raak begin ek skrou vir hande (met 'n lig verkieslik LOL).

Toe 'n padpredikant op 'n dag, skielik langs my lewenspad lees: 'Pulmonary Hypertension' was dit dadelik pikgietgatdonkernag om my. Begin ek naarstiglik soek na asem en hande langs my. Vir baie ander lees die bord straks kanker/werkloos/liefdeloos ens.

Ek het vir my sus hierdie kommentaar gelos toe sy 'n woordspoor vir ons los dat sy nie weet WAT om te se nie:

Elkeen van ons dra swaar ons eie daaglikse kruise. Hierdie situasie waarin ons as gesin nou is, het my laat besef: in tye waar ons geliefdes hulle self op onbekende paaie bevind, en paniekbevange hulp/rigting begin soek, verwerk ons unieke GPS'e die uitweg/antwoord verskillend - neem dit soms langer voor ons met sekerheid weet HOE om die 'verdwaalde' te antwoord.

As ek nou so deur ander mense se PH(v)erhale lees, besef ek dat daar mylpale op hierdie pad is wat niemand gespaar bly nie. Of jy tien grade agter jou naam het of net MA. Jy bly nog mens. En elkeen verwerk prognose uniek.

Ek haal 'n stukkie (uit 'n plasing wat ek gedeel het van 'n mede pasient) op my gevreetboekvoorblad aan:

".... I need you. I need your love, unconditionally. Accept my ups and downs, I need someone to share, just hold my hand and let me cry and say, "My friend, I care." ~Joanetta Hendel




« Last Edit: September 16, 2012, 01:24:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #10 on: September 16, 2012, 04:55:37 AM »
Dat elkeen van ons trauma op ons eie manier hanteer is nou nie te betwis nie.  Dit is ook so dat ons almal 'n stryd het wat ons stry.  Dit laat my weer dink aan die bybelverhaal van gooi julle kruise op 'n hoop en kies dan 'n ander een.  So glo ek sal ons elkeen maar weer ons eie kruise kies en dit beteken slegs dat ons nog baie het om voor dankbaar te wees. 
Ek is baie dankbaar vir die saamweesgees, die saamvoel wat hier heers.  Die hande wat ons vir mekaar uitsteek om bystand te bied is iets wat jy nie aldag agter elke bos uitskop nie.  Ek is lief-lief vir elkeen van julle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #11 on: September 17, 2012, 05:34:08 AM »
Ons lief jou net so matertjie.  :love7:

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #12 on: September 17, 2012, 10:01:07 AM »
Ek dink nie daar is iets verkeerd om bietjie simpatie te vra/te gee nie. Dit is immers waar verhoudings getoets word en waar die mens se menslikheid gebrei word. 

En ek weet ek val nou hier van die wa af maar as daar een ding is wat ek pes is wanneer mense (wat aangejaag het in hulle lewe) siek word en nou word daardie persoon se goeie hoedanighede aan die boonste toppe van bome gehang.  Soos Joost van der Westhuizen.  (Skiet my maar).  Alles is vergewe . . . . in die naam van sy siekte. 

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het regtig empatie met sy siekte . . . dit is erg en ek wens dit nie eers my vyand toe nie.  Maar waar mense simpatie probeer soek (en nie net hyself nie, sy aanhangers ook)en skuil agter siektes is vir my erg.  Het onlangs saam met 'n kollega gewerk (hy is nou weg van die firma) wat hoog en laag gesweer het hy het kanker en soveel nonsens wat hy aangejaag het daardeur probeer verbloem.  Net om uit te vind dit was 'n klug.

Dít maak hierdie Sussie suur!!
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #13 on: September 17, 2012, 01:20:50 PM »
Dit is werklik 'n laakbare ding om te doen.  'n Mens sal al jou respek vir so 'n persoon verloor.  Wat het hulle gedink? Dit is soos kinders wat speletjies speel en dan kroek om te wen.  Wat wen 'n mens daardeur?  Maar nou-ja, mal mense was nog nooit "reg" nie. 

Is dit nie ook maar dieselfde na iemand se afsterwe nie?  Al wat jy dan hoor is hoe goed hy/sy was. 





Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #14 on: October 07, 2021, 03:52:15 AM »
As daar een ding is wat my ook teen die muur uitdryf is dit diegene wat 'wolf-wolf' speel en in die proses teer op die simpatie van ander en die dag as hulle werklik siek raak, glo niemand die sketevraat meer nie en word jy as ongevoelig en onsimpatiek beskou.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #15 on: October 07, 2021, 11:43:57 PM »
Hier sit ek nou, dit is twintig voor twaalf in die nag en my huis is onder water.  My meubels is nat en my kaste kyk of hulle vir mekaar die hand kan gee! 
Hannes bly sê ons ma's het nie swak babatjies groot gemaak nie, maar my kniegies is besig om te knak.  Ons kon al 'n splinter nuwe dak op hierdie huis gesit het, met dakkappe en al, as jy in berekening bring wat ons al alles betaal het om die dak te herstel.  Die laaste bedrag was R55 000 en hier reen dit vannaand net so 'n rustige heerlike reentjie en my huis versuip!  Wil iemand my nie asseblief jammer kry nie, ek het dit dringend nodig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #16 on: October 07, 2021, 11:50:46 PM »
Ek kry jou innnnnniglik jammer PM  :crybaby2: dit is genoeg om die sterkste kniege te knak!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #17 on: October 08, 2021, 12:39:38 AM »
Fooi tog Ta PM. En om alles te kroon het ESKOM nou ook weer kragteloos geraak. Dis verskriklik as mens se swemklere en nagklere dieselfde is. Ons is mos darem nie meerminne nie.
Meermin - ek meermin vir Ta PM, Ta Raaitjie en om Naas. (meer min ; om meer lief te he)

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #18 on: October 08, 2021, 08:09:32 AM »
Aggenee, nie weer nie. PM het 'n water aantrekkings krag. So jammer om te hoor. Ek stuur vir jou krag en rustigheid om dit te verduur.  :wav: en helpende hande. Al is dit nou van ver.

 :angel12:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #19 on: October 08, 2021, 08:40:23 AM »
Wens ek kon my dakman daar by julle kry. Hy het goedkoop magic vingers.

  :mumum:
« Last Edit: October 08, 2021, 06:00:38 PM by Assie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #20 on: October 08, 2021, 01:03:42 PM »
Dankie ouens, dit is net wat ek nodig gehad het. Ek voel sommer hoe spoel julle krag deur my en nou staan ek weer sterk.  Die wetter gaan poef, hy moet sorg dat ek hom nie in die hande kry nie.   :violent1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #21 on: October 08, 2021, 01:12:44 PM »
Ta PM moet net nie lat hy op daai lekkende dak poef nie.
Ga!!! Sies!!!

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #22 on: October 08, 2021, 05:55:56 PM »
Hy gaan poef lank voor hy op my dak land Noointjie.  Dan vat ek die grote vette lummel aan sy nek en sy broekgat en druk sy neus daarin!  Ga sies ja!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #23 on: October 08, 2021, 06:03:29 PM »
Ai tog PM. En as die dak so lek, betaal die versekering vir skade?

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #24 on: October 08, 2021, 06:39:48 PM »
Ons het werklik, rerig erig, sonder om te lieg, R120 000 betaal vir nuwe dakplate en daknokke voordat die groot haelstorm ons getref het en alles oorgeloop het.  My versekering het gesê dat dit instandhouding is en dat ek niks kan eis nie.
Ek is besig om my bankstate voor te lê van materiale wat ons aangekoop het en arbeid wat ons betaal het om te bewys dat my instandhouding wel gedoen is, en flippen goed gedoen is.  Ons sal maar sien wat gebeur, maar my versekering het vir my gesê dat hierdie kontrakteur wat die werk gedoen het, dit nie behoorlik gedoen het nie en dat my dak nie meer verseker is nie. 
Die laaste paar maande het ek knaende gevegte met my versekering.  Dit is 'n nagmerrie.
Santam se polis stipuleer dat pensioenarisse nie 'n bybetaling doen nie, maar ek het 'n warmwaterstelsel (geyser) ge-eis wat opgepak het en PSG, my agent, het my R2500 00 bybetaling gevra.  Drie dae se swoeg en sweet voordat dit herstel is. 
Dit is hoekom ek nou PSG vaarwel toeroep en 'n ander versekering gaan kry, want ek het hoeveel keer probeer om Santam direk te kontak en hulle vee net hulle 000 aan my af.  (Let wel, die meervoud van 0 is 000!  Tussen hakies, vir die ou wat nie weet nie, 'n 0 is 'n holte, soos 'n gat! 


Dan vra hulle hoekom drink ek my badwater!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #25 on: October 14, 2021, 09:39:46 AM »
Hoe gaan dit met vriend Hannes?

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #26 on: October 14, 2021, 08:38:10 PM »
Die arme ou het vandag gehoor hy moet gaan vir 'n heupvervanging.  Nou wag ons om te hoor wanneer hulle 'n gaatjie vir hom kan vind voor die jaar om is. 
Wat 'n dag, ons was besig van vroeg tot laat!  Gelukkig is ons nou tuis en ek slaap in my eie bed vannaand. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #27 on: October 14, 2021, 08:53:51 PM »
Ag nee, So jammer om te hoor. O jinne ek mis julle vanaand baie. (((((drukkies))))) vir julle alby.
 :coffee2:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil nie bejammer word nie.
« Reply #28 on: October 14, 2021, 08:58:51 PM »
Ons mis vir julle net so baie.  Wens ons kon 'n plan maak om saam te kuier.


Ag wat, vandag is dit nie so erg as wat dit vroer jare was nie.  Dokkie sê hy sal Vrydag geopereer word en Sondag huistoe kom.  Ek moet nou net uitvind watter voorbereidings gedoen moet word.  Het hy 'n opgeboude toilet nodig, 'n handvatsel by die toilet, 'n hospitaaltrollie vir sy bed?  Dalk 'n bed hier voor die TV? 
Ek sal verseker moet leer om 'n outomatiese voertuig te bestuur! 
Om te weet is om te verstaan.