Fransi dankie vir my drukkie
Jy skryf 'n ware ware ding matertjie.
Empatie. Die wete dat jy nie heeltemal so alleen is as wat jy voel nie. Selfs al weet jy dat dit JOU stryd is en dat JY moet veg en daar deurkom, help dit om te weet dat jy mense het wat saam met jou voel en by jou wil staan. Mense wat deur dik en dun jou lief het.
Angelica dit is net so kosbaar en waar - hoe jy jou eie situasie vir ons uitlig! Ons is elkeen uniek in die manier waarop situasies verwerk. Die beeld van die hond wat eenkant sy wonde le en lek het my amper in trane gehad
Ek het deur jou plasings oor jou eie 'jy moet gaan' eers werklik besef HOE impak die besef van 'ek gaan sonder inkomste sit!!" op 'n mens het. Dit was 'n nagmerrie ondervinding vir my as toeskouer hier op die forum, om jou daaglikse woelinge met emosies en vrese deur die lyne en paragrawe te ervaar!
Ek is bang gebore en onse dierbare Gawie weet hoe ek alleen wees verpes. Wat ek nog meer vrees/verpes is om verdwaald te staan en nie te weet waarheen ek oppad is nie. As alles nog duister raak begin ek skrou vir hande (met 'n lig verkieslik LOL).
Toe 'n padpredikant op 'n dag, skielik langs my lewenspad lees: 'Pulmonary Hypertension' was dit dadelik pikgietgatdonkernag om my. Begin ek naarstiglik soek na asem en hande langs my. Vir baie ander lees die bord straks kanker/werkloos/liefdeloos ens.
Ek het vir my sus hierdie kommentaar gelos toe sy 'n woordspoor vir ons los dat sy nie weet WAT om te se nie:
Elkeen van ons dra swaar ons eie daaglikse kruise. Hierdie situasie waarin ons as gesin nou is, het my laat besef: in tye waar ons geliefdes hulle self op onbekende paaie bevind, en paniekbevange hulp/rigting begin soek, verwerk ons unieke GPS'e die uitweg/antwoord verskillend - neem dit soms langer voor ons met sekerheid weet HOE om die 'verdwaalde' te antwoord.As ek nou so deur ander mense se PH(v)erhale lees, besef ek dat daar mylpale op hierdie pad is wat niemand gespaar bly nie. Of jy tien grade agter jou naam het of net MA. Jy bly nog mens. En elkeen verwerk prognose uniek.
Ek haal 'n stukkie (uit 'n plasing wat ek gedeel het van 'n mede pasient) op my gevreetboekvoorblad aan:
".... I need you. I need your love, unconditionally. Accept my ups and downs, I need someone to share, just hold my hand and let me cry and say, "My friend, I care." ~Joanetta Hendel