• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Somer Haiku

Started by Naas, May 24, 2011, 11:39:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

droog ons haikoes op
almal se penne is leeg
die jaar was te lank

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#16
Waar's die winter heen?
Ek sweet al van verlange
na 'n kaggelvuur...

Die wind huil stomend
en die lug dans deinserig;
energie kwyn stil.

Duiwels stook die son
en kraaie gaap ongeskik.
Hondetong hang skeef.

Drink water seg dok -
maar tog net nie te veel nie!
Hoe dan nou gemaak?




PM

Hoekom het ek geweet dat jy die eerste ou sal wees wat antwoord met 'n string haiku Raaitjie.  Wel gedaan
matertjie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Soos afrigteres
hits PM van die kant af
met klap en gewuif

Plaas dat sy gaan sit
en liewers vir ons kom wys
haikoes wat sy skryf

is haar pen dalk leeg
of jaag JC haar heeldag rond
tot haar haikoes waai?



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Naas

Hiekerie diekerie dok
PM raak nou be...klok
As As so voor op die wa

Met katz en rottang aanja
ook vir een geskryf
Uit PM se eie pen.

(Omgekeerde Haiko)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Assie, dit was oom Naas se slim plan om haikoes te skryf en toe ek weer deur die lyne lees sien ek dit het opgedroog.  Ek moes net so 'n klein klippie innie bos gooi en toe roer die blare!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

O, hier is oom Naas nou!   :icon_biggrin:

:hello2: :hello2: Mooi Naas!  Jy sorg altyd vir 'n laggie om die dag mee te begin. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Groot vreugde gewees die vinnige inloer hier heheheh.  :notworthy: :love7:

adele

oulik! ja, waar is die winter heen. die afstand ewenaar toe het hierdie winter gekrimp!   :toothy4: 
adéle  :grommit: