• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jongeling liedjies

Started by PM, November 09, 2018, 12:32:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek onthou die studentedae se "nog 'n dag is in sy moer"   :icon_biggrin:   Met die eindeksamen het ons gebulder:  nog 'n jaar is in sy moer


Gaudeamus, igitur,

juvenes dum sumus;
gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
post jucundam juventutem,
post molestam senectutem
nos habebit humus,
nos habebit humus.

Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Al die bitter jer'miades,
al die skandes en die skades
van die bloktyd is verby,
van die bloktyd is verby.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En nou is dit bewaar! PM jy is 'n ster  :love7:

PM

Dit was darem baie jare gelede!
Die ander eksamenliedjie was  "Al die eksamens is nou klaar . . .
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Was daar 'n reeltjie wat joegaai die, joegaai daai ingesluit het? Of vanwaar was dit deel van 'n liedjie uit die oude doos? Daardie woorde kom skielik ewe vrolik aangehuppel toe ek jou kommentaar lees  :icon_biggrin:

PM

#4
AL D'EKSAMENS IS NOU KLAAR
Woorde: HUGO GUTSCHE, na "Studio auf einer Reis"
Musiek: A. SCHÄFFER, 1849;
verwerk: D. HYMAN

Al d'eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-da!
Nou begin die pret voorwaar, joe-gai-die-hai-da!
Slenter aan deur dik en dun,
meisies volop om te min;
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!

Is die geld partykeer skraal,
joe-gai-die, joe-gai-da!
en die baadjie bietjie kaal,
joe-gai-die-hai-da!
Later kom 'n beter dag,
dan sal ons weer skaterlag!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeeee! Ek kan nog oraait onthou. Dankie so baie baie vir deel matertjie  :love7: :hello2:

PM

Ja, 'n ou hoor die klokkies lui maar jy weet nie op watter hoek staan die roomyskarretjie nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoe het ek nie ons pret met woorde gemis nie. Die beste medisyne ooit. Lief lief lief julle  :love7: :hello2: