Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: PM on November 09, 2018, 12:32:44 PM

Title: Jongeling liedjies
Post by: PM on November 09, 2018, 12:32:44 PM
Ek onthou die studentedae se "nog 'n dag is in sy moer"   :icon_biggrin:   Met die eindeksamen het ons gebulder:  nog 'n jaar is in sy moer


Gaudeamus, igitur,

juvenes dum sumus;
gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
post jucundam juventutem,
post molestam senectutem
nos habebit humus,
nos habebit humus.

Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Al die bitter jer'miades,
al die skandes en die skades
van die bloktyd is verby,
van die bloktyd is verby.
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2018, 10:51:25 AM
En nou is dit bewaar! PM jy is 'n ster  :love7:
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: PM on November 12, 2018, 09:49:01 AM
Dit was darem baie jare gelede!
Die ander eksamenliedjie was  "Al die eksamens is nou klaar . . .
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 10:25:15 AM
Was daar 'n reeltjie wat joegaai die, joegaai daai ingesluit het? Of vanwaar was dit deel van 'n liedjie uit die oude doos? Daardie woorde kom skielik ewe vrolik aangehuppel toe ek jou kommentaar lees  :icon_biggrin:
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: PM on November 12, 2018, 10:38:58 AM
AL D'EKSAMENS IS NOU KLAAR
Woorde: HUGO GUTSCHE, na "Studio auf einer Reis"
Musiek: A. SCHÄFFER, 1849;
verwerk: D. HYMAN

Al d'eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-da!
Nou begin die pret voorwaar, joe-gai-die-hai-da!
Slenter aan deur dik en dun,
meisies volop om te min;
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!

Is die geld partykeer skraal,
joe-gai-die, joe-gai-da!
en die baadjie bietjie kaal,
joe-gai-die-hai-da!
Later kom 'n beter dag,
dan sal ons weer skaterlag!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:20:05 AM
Oeeeee! Ek kan nog oraait onthou. Dankie so baie baie vir deel matertjie  :love7: :hello2:
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: PM on November 12, 2018, 11:22:50 AM
Ja, 'n ou hoor die klokkies lui maar jy weet nie op watter hoek staan die roomyskarretjie nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Jongeling liedjies
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:29:26 AM
Hoe het ek nie ons pret met woorde gemis nie. Die beste medisyne ooit. Lief lief lief julle  :love7: :hello2: