Author Topic: Oom Al Debbo se liedjie: Wie is bang vir die spook.  (Read 7967 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Oom Al Debbo se liedjie: Wie is bang vir die spook.
« on: January 20, 2013, 12:37:58 AM »
Aangedra deur Naas:  Oom Al Debbo se liedjie.

Skeeloog Hendrik van der Haak
Hardloop dat sy litte kraak
In sy huis kry hy ‘n spook
Duidelik sit hy pyp en rook.

Koor:
Wie is bang vir die spook
Eendag word jy tog een ook
Wees beleefd oor honderd jaar
Groet jul twee dalk weer mekaar

Op die werf van Doorndraai
Goël dit met ‘n groot lawaai
In die huis is ook ‘n las
Spoke wat daar skrop en was

Koor:
Wie is bang vir die spook
Eendag word jy tog een ook
Wees beleefd oor honderd jaar
Groet jul twee dalk weer mekaar

En die gees van oorlee Jan
loer sy vrou af waar hy kan
en die een wat na haar vry
knyp hy goed glo jy vir my

Koor:
Wie is bang vir die spook
Eendag word jy tog een ook
Wees beleefd oor honderd jaar
Groet jul twee dalk weer mekaar

Jonas hou glad holiday
elke maand trek hy die pay
as hy in die skadu sit
Hou die vark hom alte wit

Koor:
Wie is bang vir die spook
Eendag word jy tog een ook
Wees beleefd oor honderd jaar
Groet jul twee dalk weer mekaar

Hannetjie van Kekkelbek
voel ‘n koue windjie trek
in haar huis voel sy die kraak
dis ‘n spook wat maats wil maak

Koor:
Wie is bang vir die spook
Eendag word jy tog een ook
Wees beleefd oor honderd jaar
Groet jul twee dalk weer mekaar

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Al Debbo se liedjie: Wie is bang vir die spook.
« Reply #1 on: August 20, 2018, 07:41:36 PM »
Hasie

Jou bruinoog nooi, jou donkerkop
Jou pannekoek, jou lollipop
Jou toetsie-toe, jou sonnestraal
Vir jou kom ek nog haal
Jou suikerriet, jou witbeskuit
Jou nuwe stoof, jou moskonfyt
Jou heuningnes, jou vleispastei
Vir jou wil ek nog hê
En Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?
Jou appeltert, jou mielieblaar
Jou tortelduif, jou koringaar
Jou sak vol goud, jou diamant
O, ek is aan die brand
He-he-he
Jou dadelpit, jou suikerbos
Jou soetpatat, jou kerriekos
Jou lekker ding, jou violetray
Vir jou wil ek nog kry
He-he-he
Hasie, hoekom is jou stert so kort... hê?
Hasie, hoekom is jou stert so kort... Sê vir my?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Jou spinnekop, jou akkedis
Jou sprinkaan oor, jou koue vis
Jou bitter wyn, jou pruttelaar
En ek slaan jou in mekaar
Jou pikswart slang, jou suurlemoen
Jou heks se kind, jou skerpioen
Jou krokodil, jou wilde hen
Jou liefde wil ek wen
En Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?
Jou bruinoog nooi, jou donkerkop
Jou pannekoek, jou lollipop
Jou toetsie-toe, jou sonnestraal
Vir jou kom ek nog haal
Jou suikerriet, jou witbeskuit
Jou nuwe stoof, jou moskonfyt
Jou heuningnes, jou vleispastei
Vir jou wil ek nog kry
He-he-he
Hasie, hoekom is jou stert so kort... hê?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Oom Al Debbo se liedjie: Wie is bang vir die spook.
« Reply #2 on: August 21, 2018, 07:26:50 AM »
 :wav:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Al Debbo se liedjie: Wie is bang vir die spook.
« Reply #3 on: September 11, 2018, 11:23:12 AM »
Ek het 'n paar jaar gelede vir oom Al by een van Steve se opvoerings gesien sing. (Ek dink dit was "van toeka tot nou".  Ek kan my altyd verbaas dat hy die woorde so uit sy kop kon onthou. Wat 'n wonderlike karakter. 
Om te weet is om te verstaan.