• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM waaaaar is jy matertjie?

Started by Meraai vannie Baai, January 01, 2013, 11:07:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Dankie Raaitjie, ons het lekker gekuier, maar dit is tyd om huistoe te gaan.  Ons mis die res van die kringetjie en ons diere in die bos.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier het ons nou in Centurion by Gerhard aangekom en uitgepak.  Rekenaar opgestel ens.
Gee my net 'n rukkie kans om asem te skep dan kom kuier ek saam.
Anton, ons is hier, gee my 'n luitjie asseblief dan drink ons 'n koffietjie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

So het ek toe vir Anton mis gekuier, maar sal later weer probeer.
More, nee netnou, gaan ons Leeupoort toe vir 'n paar dae.  Ek sal maar skaars wees, maar sal probeer om te kom inloer.
Antjie, jy en Adele moet kyk dat Naas en Assie nie die plek op horings neem nie.   :smileinbox:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

n Erge dag en amper verby!
Ons gaat hulle dophou  met n hout oog

Assie

As PM weg is is Oom Naas baas en Assie raas.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Het met die spoed van witlig gou ook hier ingedraf om te se ons gaan die naweek bietjie wegloop. Geniet wat julle ook al gaan doen liefste maters. Ek sien uit na 'n kampkuier saam ons Meisiekindjie.

Naas

Die spoed van witlig is blykbaar so vinnig soos wat ons ooit sal beweeg.
Ek verwonder my in ons land daagliks aan die spoed van donkerte en wonder of iemand dit al gemeet het.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Mense, wat 'n nagmerrie.  Leeupoort het gekom en gekom en gekom, maar ons het nou gegaan.
Die plek raak al hoe moeiliker.  As jy krag het, het jy nie water nie, as jy water het het jy nie krag nie.  Opvangs is iets wat baie skaars is.  Sodra daar tien gaste is wat die naweek kom kuier, is die kanaal vol en jy het nie opvangs nie.  Ag nee, die naweekgangers is 'n pyn in die 0 en daarna moet jy net orals stil hou om bierbottels en gemors op te raap.  Tot die diere gaan kruip in die reservaat weg om van die geraas te ontglip. 
Om te weet is om te verstaan.