• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM waaaaar is jy matertjie?

Started by Meraai vannie Baai, January 01, 2013, 11:07:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Dit het maar rof gegaan hierdie week.  Almal het kom groet en kom kyk of dit regtig so goed gaan met Hannes.  Om alles te kroon was die internetpyp so vol gekoek dat ons bykans geen opvangs gehad het nie.  Al die gaste het ook na ontbyt terug gekeer na hul eie plekkies en nou kan ek gou kom kyk hoe gaan dit hier. 


Ek sien julle het lekker gekuier en ek kry steeds die gevoel dat ek so 10 myl agter is.  Gaan hard werk op alles op te vang en weer op datum te kom.  Lief julle matertjies.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ons gaan vir 'n paar dae Pretoria toe.  Ek sal vandag 'n bietjie stil wees.  Geniet julle dag en wees veilig en gesond.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Veilig ry en pas julle self mooi op. Hou die blinkkant bo  :love7:

PM

Mooi gery matertjie.  Veilig aangekom hier by Gerhard.  (Liefies)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :evil5: Ek los 'n mandjie vol van jou gunsteling blomme by die agterdeur hoor :love1:

PM

O dankie!  Ek lief Gerbera daisies.  Daardie groot dubbel blomme wat in die mantjie is is my geliefkoosde blomme Raaitjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lief PM, het jy van ons vergeet?  :crybaby2: :dontknow:

Assie

PM en Hannes is in Nu Zeeland. Lyk my sy het haar tikker by die huis vergeet of sy kuier te lekker.



:mumum:

Meraai vannie Baai

Smaak my mos dieselfde ding Assie!

Naas

Ek is bekommerd oor PM. Weet nie of die rondloop so goed is vir haar nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die voel so aardig om nie kontak te kan maak nie Naas  :crybaby2:

PM

Hier's ek weer uit NZ.  Ons is in Para-para-umu waar ons jongste, Jan woon.  Ek het mos my neukenaar versuip in die wyn en wat 'n gesukkel om weer op die lug te kom.  Jan het gehelp, maar toe gaan iets fout toe ons in Aukland was.  Ons dogter, Johanita en haar gesin woon daar op 'n "life style" wat in SA soos 'n plot is.  Die kind van ons is mos diereverskrik.  Sy is baie gelukkig daar.
Na Auckland was ons in Te Puke by ons SAvriende vir twee weke.  (Hulle woon ook op 'n plot.  Terug gekom, het Jannas gehelp om alles weer reg te kry, is ons terug Te Puke toe (Pongakawa) om hulle 50ste huweliksherdenking te vier.  Nou is ons weer terug hier in Kapiti, Raumati Beach in Paraparaumu. 
Woensdag, die 1 ste Mei, verjaar Hannes en Maandag, die 6de, pak ons die lang pad terug SA toe. 
Ons het heerlik gekuier orals, maar dit is nou amper klaar. 
Ek is vreeslik jammer dat ek so stil was, maar hopenlik sal dit nou beter gaan. 
Naas, ek hoop jy het lekker verjaar en geniet die "slegwees".  Om op pensioen te wees is nie vir sissies nie.   :love7:


Lief vir julle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

PM dit is goed om weer van jou te hoor.  Dit klink of julle darem lekker toer en kuier.   Geniet die laaste tydjie  :icon_salut:
Kamp is koning!

PM

Ons kuier baie lekker Anton.  Ons vlieg Maandagoggend (of Sondagaand in SA) terug.  Sal laat weet as ons daar is vir 'n koffietjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sterkte met die laaaaaaaang vlug terug PM. Ek het solank my grootste koffiebeker reg vir wanneer julle weer terug is op eie bodem  :coffee2: :hello2: :love7: