• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Willa vernoem die ForumFamilie ... live with it

Started by Ah Willa, June 20, 2012, 05:52:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Oggies...  nogal. 
Og, og, og...  is ek alweer ontevrede met my middelnaampie? 

Hier is my bydrae tot my naamsverandering:

Elle
Elbe


elle

Ah Willa

Natuurlik moet ons creative wees WW -

hierdie forum benamings het net betrekking tot die Forum gesin

maar almal het meer as een naam

bv

ForumMoeder: Pm PietMagriet OumaPiettie Pierawiet Patrys Petra Smit

Voel vry om vernoemings by te voeg of te verbuig - ons kan later die forum weg gooi :-)  dan is ForumMoeder net MoederPatrys  Forum Vlooi - aha vlooi :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek hou niks van "ForumMoeder" nie.  PM werk uitstekend.  Dit kom mos maar van Piet Magriet af. Skuus Wils. 
Net WW mag vir my Patrys noem.  Dit is my spesiale naampie!  :icon_biggrin:
Ockert noem my Nella.  Net hy mag my so noem.   :icon_biggrin:

Ek wil nie "Moeder Owerste" wees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

En ek noem jou PMpie. Ek weet nog nie hoekom ek jou so noem nie maar eendag is eendag sal die ligte vir my aangaan oor hierdie duister geheim. Dan deel ek dit sommer dadelik met jou ook!

Ah Willa

Oi oi - ek sal maar my benaamings laat vaar .. ek lief my ForumFamilie te veel om hulle om te krap

:love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag nee matertjie, skusie toggie, dit was nie sleg bedoel nie.  Ons gesels mos maar net saam en jy wil mos regtig weet hoe ons dink ook, dan nie?
Jy kan naampies gee net soos jou hart begeer.  Jammer matertjie, ek wou nie jou gevoelens seermaak nie, dit was nie die bedoeling nie. 

Blouetjie, ek is mal oor PMpie.  Elke naampie is vir my so besonders, ek is net jammer dat ek vir Wils nou so sleg in die gesig gevat het.  Dalk moet ek verduidelik... nee basta, Wils, ek is jou ForumMoeder, maar net joune!  Goed so?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

nee my gevoelens nei seer gemaak nie PM :-)

en natuurlik gesels ons ... en ek wil nie my forum familie seer maak nie ... so ek laat vaar my benamings ha ha ha

dis in elke geval nie belangrik nie - die benaamings ek bedoel - die siel agter die skerm is belangrik :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w