• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.

Started by Angelica, March 01, 2015, 06:46:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Platgedrukte Baba-aartappels met parmessaankaas-gremolata:

Baba aartappels - Die resep het nie hoeveelhede nie, want ek meet niks af nie.  Ek vat hande vol hiervan en 'n knippie daarvan. Tussen-in gooi ek net by.
Goed.  Kook daai aartappeltjies tot net-net sag
Jy het nog die volgende ook nodig:
Olyfolie en S&P
En vir die Gremolata:
Handvol gekapte pietersielie (Ek moes gaan rondvra vir die Afrikaans vir Parsley...hie hie)
Knoffel - gekneus, as jy dit eet.  Ek doen nie.
Skil van 2 suurlemoene
Parmesaankaas - gerasper. Handevol

Die aartappeltjies is nou klaar gekook.  Dreineer hulle
O ja, die oond moes al aan gewees het, want jy gaan die aartappeltjies bak.
Helfte van die olyfolie in die bakplaat.  Aartappeltjies daarin en druk hulle so bietjie plat met 'n drukker of houtlepel.
Res van die olyfolie oor en sout en varsgemaalde swartpeper.
Druk in die oond vir so 1 uur of tot bruin en bros.
Haal uit.  Dreineer op papier.

Die Gremolata maak jy so:
Fyn Pietersielie, suurlemoenskil, parmasaankaas, knoffel word nou alles gemeng en roer die Gremolata en Aartappels en sit sommer dadelik voor.  Met wat jy ookal kon bekostig om oor die kole te gooi.
Flippin lekker.

elle

Meraai vannie Baai

Oe la la, dit klink mos nou djeerlik verby. Dankie baie baie vir die uitnooi en deel  :notworthy:

Angelica

Meraai, dit is heerlik verby.  En so lekker crispy gebraai vir 'n hele uur lank.
elle

PM

Dankie Engeltjie.  Ek sal dit beslis probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Grooooot bederf gewees as 'n middagsnoep dankie Elle! By gebrek aan sommige bestanddele,
onder andere suurlemoenskil het ek sommer pomelo en 'n rasper nadergesleep.
Die laaste oes uit die spa vir vars pietersielie en 'n handjievol feta kaas by die
verneukparmesaankaas was my smaakkliere in hoogste versnelling toe ek die fotos neem.



Met so blerts Griekse jogurt en brandsousie was dit 'n vyfstersnoep :icon_biggrin:


PM

Oe my ma, geen genade vir die heupe nie!  Njam-njam!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

 :la:
Lekke man, lekke.
Ons kuier by fam in Plett en sy is 'n Afrikaans onderwyseres by 'n Engelse Privaatskool waar sy poog om Afr vir die bloedens interessant te maak. So vertel sy vir ons dat dit haar grensloos irriteer as mense Afrikaanse woorde skryf sonder al die letters..  soos my 'Lekke' hier bo. 
:kermit:
elle

PM

Ek lees vir een van ons gaste die resep "plat aartappelttjies" en haar seuntjie kom loer oor my skouer met die opmerking:
Mamma ek soek ook plat-tappeltjies.   :icon_biggrin:
Hoekom "soek" al die kleingoed?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

#8
Ek soek hom daai ertappels..

So kook my boet vir ons 'n Sondagmaal so paar dae gelede:  (Eie skapie)Skaapboud en plat aartappels, onder andere...  'My wereld, se ek, plat aartappels! Eerste keer dat ek dit by iemand anders eet.'
Myne is lekkerder, want ek gooi hom dood met Gremolata. Hy hou so bietjie terug met die kaas. En syne was nie so crispy.
elle

PM

Niks lekkerder as skaap met aartappeltjies nie.  Eintlik lieg ek, enigiets met aartappeltjies.

Hoe ken jy die verskil tussen 'n Kapenaar en 'n Transvaler?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#10
Kom verslind ek eers weer met die oge. Gewonder wat sal ek by vanaand se visgereg maak. Nou wonder ek nie meer nie   :icon_biggrin:
Ek krap kop oor jou strikvraag PM  :dontknow: Jy sal moet kom vertel wat is die verskil. Geen idee hehee.