• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ek is lus om te "stir" vanoggend

Started by Lox, October 24, 2011, 09:19:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek hoor jou Lox  Die "reel probleem" le eintlik veel dieper as net simpel reels. Dit gaan meer oor 'n opvoedingstaak en leer van selfdissipline.
Daar is baie wette in hierdie samelewing wat nie noodwendig op almal van toepassing is nie maar steeds nagekom moet word om die samelewing in vrede te laat saamleef. Daar is ook baie verkeersreels wat by tye nie sin maak nie maar wat tot die dood kan lei as dit op verkeerde tyd geignoreer word. In die weermag was daar ook onnodige reels maar dit het jou geleer om selfdissipline te handhaaf om jou uit die moeilikheid te hou en op ons grense het die outjies met die beste selfdissipline die beste oorleef.
As ouer/onderwyser/opvoeder/volwassene is dit ons plig om kinders selfdissipline te leer en deel daarvan is dan ook om by "onnodige" reels toe hou aangesien ons nie altyd die doel van alle wette en reels verstaan nie.
Kinders moet leer dat daar nagevolge/negatiewe reaksies/straf volg op verbreking van reels, selfs al is die reels op die oog af onnodig.
Wat hare en haarstyle aan betref. Net soos wat jy 'n goeie beeld na buite probeer uitdra deur netjies aan te trek kerk toe en jou motor gereeld was, net so het elke skool 'n standaard en 'n uniform om 'n goeie beeld uit te dra en om leerders selfdissipline/netheid/nakoming van reels te leer.
Jy is lank al uit die skool uit en verstaan dalk nie die lae, selfs totale gebrek aan dissipline en selfdissipline in die skole nie. Die probleme begin by die ouers wat op die ou end so skuldig voel omdat hulle kinders die baas in die huis geword het dat hulle, soos ons DF Malan ouer wat koerante toe hardloop oor 'n eenvoudige reel, al hulle speelgoed uit die kot uitgooi sodra die kind volgens hulle onregverdig "gestraf" word.
Al wat die kind moes doen was om, soos jy ook op skool gemaak het, te sorg dat sy hare aan die begin van die kwartaal so gesny is dat dit nog aan die einde aanvaarbaar sou wees volgens die reels. Daarna het hy die res van sy lewe om sy hare te sny.
Nou is die redenasie, "dis mos maar net hare. Waaroor gaan die bohaai?" As dit "mos maar net hare" was, hoekom word dit nie maar volgens die reels gesny nie. Dit kan mos later weer groei.
Jy sien. Die probleem le dieper as maar net hare...



:icon_bigsmurf: 
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Lox

Ok dankie vir die antwoord
maak sin wat jy seg

wat ek dan verder nie van hare verstaan nie

hoekom het baie mense hulle mond uit te spoel gehad ivm Frans Steyn se hare toe hy vir die springbokke gekies is.
hy is nie meer op skool nie en speel beter rugby as 99,999999% mense in die land maar hulle worry meer oor sy hare as sy spel? Het hy sy hare gesny om die mense te please? het hy beter gespeel toe sy hare kort was? ek kan steeds nie bohaai oor hare verstaan nie.  ek self dra my hare kort want lang hare is in die pad, maar iemand anders se hare hinder my nie, as hy dit so wil dra is dit goed.

ek wil nou seg daars beter dinge om oor 'n bohaai te maak as hare, dan praat ek seker met myself ook, klink seker ek maak ook 'n bohaai daaroor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Naas

Punt gemaak Lox, en ek stem met jou saam. As 'n volwasse man het jou haarstyl en kleredrag ens niks met ander uit te waai nie want daar is geen wet of reel wat jou haarstyl bepaal nie en jou haarstyl gaan jou nie in gevaar dompel nie.
Die draad het egter begin met 'n skool leerling wat nog onder skoolreels staan wat van hom verwag om binne 'n sekere grens te bly met sy hare. M.a.w. die gemeenskap waarin hy beweeg nl. die skool verwag van hom om aan sekere standaarde te voldoen. Omdat hy nie genoeg selfdissipline het om hom by die reels te hou nie is hy sekere voorregte ontse tot hy aan die rrels en regulasies voldoen. Net soos wat jy 'n verkeersboete moet betaal as jy gevang word wanneer jy net gou op 'n geelstreep stop om 'n brief te pos. Dis sinneloos want jou motor het nog geluier en jy was nie eers dertig sekondes weg nie maar die feit bly staan jy het die wet oortree.
Ek se weer: "Dit gaan nie oor die hare nie maar oor die besluit om by die reels te hou of nie." Ons het uit opsies gehardloop om leerders selfdissipline te leer.
As die ma of enigiemand anders nie hou van die skoolhoof of die onderwysers se optrede nie moet hulle vir ons ander oplossings gee om hul kinders te leer om reels te gehoorsaam.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

Ek dink julle het albei goeie punte.  Ek verstaan die redenasie en dits goed so.  My opini bly steeds anders, ja maak die reels en laat die kinders dit nakom, maar wees regverdig oor die reels wat om die reels plaasvind.

jip ekt ook nou my vinger weer in die pie gedruk haha
*The one and only AWESOME-EST


PM

Toe ons nog op skool was, was daar 'n duidelike onderskeid tussen die belhammels en die nerds.  Die belhammels het agter iewers gesit en rook pouses, of op die rugbyveld 'n "faait" gehad en het net nooit by enige reëls gehou nie.  Huiswerk was taboe. Hulle is ook gewoonlik vroeg uit die skool uit.
In ons dae het net Hippies en Hobo's lang hare gedra en hulself ingekleur.  Selfs hulle het nie ringe of belle in gate orals op hulle gesig of lyf gehad nie. 
Toe ek of my kinders op skool was, was die onderwyser baie hoog aangeskryf en met die hoogste ontsag behandel. Hy/sy was die hoof opvoeder.  Dan was die gemeenskap mede opvoeders.  Ons het respek gehad vir elke grootmens, want hulle kon jou ook oor die skoot trek en 'n goeie drag slae gee as jy jou nie gedra het nie.  Mammie en pappie sou  nie ingryp en iemand hof toe sleep vir aanranding nie.  Hulle sou jou weer gryp en jou weer 'n drag slae gee oor die vernedering wat jy hulle aangedoen het om deur 'n ander aangespreek te word oor jou swak gedrag. 
Tye het verander ja.  Grootouers kan nie eers waag om hul eie kleinkinders aan te spreek oor swak gedrag  nie dan is hulle in die moeilikheid, wat nog gepraat van onderwysers. 
As 'n seun gaan matriekeksamen skryf, en sy mammie moet nog vir hom gaan kooltjies uit die vuur uitkrap, kom vertel asseblief vir my hoe gaan hy die mas opkom?  Wanneer gaan mammie die wattetjies waarin sy hom toegerol het afhaal, om wat daar te vind? 

Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek lees nou 'n stuk oor hare

weet nie of dit gepas is hier nie maar dis tong in die kies

as dit aanstote gee seg my dan haal ek dit af

God said in His word that every hair on your head is counted...
So if your hair is deurmekaar today...
Dont worry; its just an angel doing stock take!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Hierdie engel het nie aanstoot geneem nie, om die waarheid te se, ek dink dit is 'n super cool stukkie.
Don't fear, God het 'n wonderlike humorsin.   
elle

PM

Nee wat, daar is niks fout daarmee nie.  Ek is versot op julle almal se humorsin.  Dit sit 'n vonk in die dag.  Wat heerlik is, is om te sien hoe almal van opinie kan verskil en tog die ander persoon se opinie respekteer. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ons is mos MOOI groot. Ek en Lox is die mooiste!
Daai engel gaan gelukkig nie lank tydmors met voorraadopname by my nie. Drie oppie bors en bietjie meer oppie kop.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is nie so gelukkig nie!  Biljuisend onder my arms en die op my bene kan 'n mens vleg!  My borshare is darem 'n bietjie korter en Hannes is jaloers op my snor!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Holy crap PM, wil jy nie kom kuier dan wax ek jou bietjie nie? 

Ek persoonlik besit geen liggaamlike hare nie, net die op my kop en my wenkbroue.  As jy doen wat ek doen vir 'n lewe en mense raak verveeld dan word jy op plekke gewax wat jy nie gedink het jy het plekke nie.  Dit voel heavy creepy om nie armhare te he nie, maar oordat ek so ligte velletjie het het ek ook nie eintlik been of arm hare nie al is hulle uitgegroei. 

PS> NAAS, ek is die mooiste en klaar.
*The one and only AWESOME-EST


Naas

"PS> NAAS, ek is die mooiste en klaar."

FFFFVVVelskoen!!! Daar verloor ek al weer.  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
Ek weet nie eintlik hoe ek lyk nie. Die ou in die spieel kruip vir my weg...






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

toemawat Naas, ek is seker jy is pragtig, netnie so mooi soos ek nie.  sien jy kan 'n drukkie kry om beter te voel *hugs*
*The one and only AWESOME-EST