31
PH (Pulmonale Hipertensie) / Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Last post by Meraai vannie Baai on April 16, 2026, 02:41:32 AM »Half onseker hoe om die volgende 'raad' te deel sonder om 'n diagnose van enige aard 'te verklein'. My wyse Outop het my ondersteun deur die volgende sinnetjie te gebruik: 'Wat het verander tussen gister en vandag aan hoe jy gesondheidsgewys voel?'. Dit is instink en menslik om na 'n skokkende terminale diagnose te voel jy gaan nie meer lank lewe nie en emosioneel druk met hierdie wete, laat jou instinktief terminaal siek voel!
Ek moes eerlik erken dat ek nog presies dieselfde gevoel het gesondheidsgewys as die vorige dag, maar net die wete dat daar 'n swaard oor my lewensgang hang, het my kniege geknak in so mate dat ons altwee stom was vir dae en die onderwerp vermy het soos die runderpes.
Hierdie tipe diagnose stap hand-aan-hand met die rouproses se stappe soos wanneer jy 'n geliefde verloor het. Wees voorbereid daarop en weet hierdie is 'n emosionele reis van verlies - die afskeid neem van die ou-normaal in jou lewe en nou, die aanpassing van 'n nuwe normaal wat nog geskep moet word.
Rou is dus ’n universele maar nie-lineêre proses en Elisabeth Kübler‑Ross se vyf fases van rou word gebruik as ’n raamwerk om die emosionele reis ná verlies te verstaan. Die fases is:
Ontkenning – ’n beskermingsmeganisme wat jou tydelik teen die realiteit skerm.
Woede – frustrasie en onregverdigheid kom na vore, soms teen jouself, ander of God.
Onderhandeling – ’n poging om beheer te herwin of pyn te verlig, dikwels deur pleidooie of “as net…”-gedagtes.
Depressie – die volle gewig van verlies sink in; hartseer, wanhoop en onsekerheid volg.
Aanvaarding – nie geluk nie, maar ’n rustige erkenning van die realiteit en ’n begin om weer vorentoe te leef.
So kronkel die skep van 'n nuwe normaal tussen die verskeie fases heen en weer. En soos altyd, sal elkeen se pad uniek wees. Die Kubler-Ross Grief Cycle bied slegs 'n raamwerk.
Die as van verlang
na dit wat was
nog lank nie geblus
van diep diep binne
skroei vlam se gloed
in 'n grou verset
sterf die rouproses
iewers, êrens
tussen nou en nooit
Rou is 'n belangrike proses van heling, ook vir diegene wat opnuut streef na 'n nuwe normaal en is die vredemaak met wat was, ironies ook 'n rouproses, soms in sirkelgang...
© Meraai vannie baai

Recent Posts