• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek het inligting nodig

Started by PM, October 01, 2011, 08:18:36 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek verstaan nie, kan iemand vir my sê, as die hof beveel dat jy as ma, bloedtoetse moet voorlê om te bewys wie die pa van jou kind is, hoekom weier jy? 
Koppie bietjie baie plat.  Verstaan nie daai deel nie. 
Is hier iemand wat my kan help asseblief?
Om te weet is om te verstaan.

adele

of

sy weet sy is reg en laat dit aan hom oor om te probeer verkeerd bewys

of

sy weet sy is verkeerd en gaan droëbek staan.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Daar's 'n slang in die gras suster serra  :nono: ietsie is nie pluis nie en ek sou nie die vrede vertrou het nie  :`ip2:

PM

Adelé, hoe kan hy anders bewys dit is sy kind? 

Hier het ek weer geleer om na die ander sy van die muntstuk te kyk.  Soms ontken die man dat dit sy kind is en wil bewyse hé, soms ontken die ma dat daardie man die pa is om te verhoed dat die hof die kind by haar weg neem. 
Ek weet nou net nie of die hof haar kan beveel om dit te doen nie.

Raaitjie, ek het ook 'n spesmaas dat daar 'n slang by betrokke is.  Ons moet nou net die baas daarvan opspoor.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#4
Sy kan nie 'n hofbevel weier nie. As sy weier maak sy haar skuldig aan minagting van die hof en die man kan weier om onderhoud te betaal omdat daar dan redelike twyfel ontstaan dat dit sy kind is.
Dis kortliks wat my geleerde vriend my meedeel. Die man se prokureer moet maar die inligting verder gebruik.
Daar is natuurlik 'n ander moontlikheid. Sy weier omdat hulle dalk kan uitvind dis nie haar kind nie.  :angel4:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is natuurlik nog 'n moontlikheid  :munky2: .  As dit die geval is sal die pa nie enige verdere probleme ervaar om die kind op te eis nie. 
Om te weet is om te verstaan.