Author Topic: Rugby juweeltjies  (Read 10290 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Rugby juweeltjies
« on: September 29, 2011, 05:27:04 AM »
Bennie Osler (oud springbok losskakel met sy Naas-skepskopskoen), was blykbaar baie gewild onder die Maleiers in die kaap. Hak een van hulle eendag af: "Daai baas Bennie is vir jou 'n marvel, sy breins sit mos in sy feets!"

Kaptein, Paul Cilliers se gebed voor 'n wedstryd: "Ag, Heer, bewaar ons asseblief en help ons tog ook as daar 'n fight uitbreek dat ons dít darem sal wen".

Die Stormers- en Springbokslot Andries Bekker was dikwels in die warmwater oor sy voorliefde om 'n bal in die agterlyn te gaan onderskep en te laat loop. Na baie aanmanings dat hy moet besluit waar hy wil speel - op slot of senter - kry hy toe die bynaam Andries Slenter (kruising tussen slot en senter). Hiehie....dit laat mens weer dink aan ons eie uitdrukking: 'jy is met 'n slenter gevang'  :icon_biggrin:

Francois Pienaar, Sprinkbokkaptein van 1993 tot 1996, het die volgende opmerking gemaak na hulle teen die Engelse op Loftus stert tussen die bene die aftog moes blaas: "daar is tog 'n verskil tussen my en Aspoestertjie. Aspoestertjie hét darem by die bal aangekom!"

Dok Craven se pogings van toendertyd af tot transformasie - om lig en donker by die spel in alle aspekte te betrek - het die volgende opmerking (van een van die 'nuutopgeleide skeidsregters' tydens 'n wedstryd) die lig laat sien:  "Aikôna! No rugby injury; gemoer!"
« Last Edit: September 29, 2011, 05:29:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #1 on: September 29, 2011, 06:42:21 AM »
Voorwaar juweeltjies.  Ek het dit geniet, dankie Raaitjie.  Nou gaan ek eers weer verder werk, van lees en lag kom niks nie klaar nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #2 on: September 30, 2011, 03:01:01 AM »
Amen suster! Hoop dit gaan rustig met jou en die blaaie saam  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #3 on: September 30, 2011, 02:33:45 PM »
Ek is deur een derde!   :hello2:  Daar kort ek een blaaidjie van Fransi en ek weet nie of Stof se goed gaan inpas nie, dit is op pdf en net hy kan dit regmaak. 

Ek gaan my bes probeer om elke ou se "boekie" vir hom/haar aan te stuur om seker te maak almal is gelukkig.  Ek wag net vir die nuwe maand, dan het ek weer lugtyd.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #4 on: October 01, 2011, 02:03:42 PM »
Dankie baie baie ons eie ou  :angel8:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #5 on: October 15, 2021, 05:11:02 AM »
Assie, daar is hoop vir jou nooi - Francois Pienaar, Sprinkbokkaptein van 1993 tot 1996, het die volgende opmerking gemaak na hulle teen die Engelse op Loftus stert tussen die bene die aftog moes blaas: "daar is tog 'n verskil tussen my en Aspoestertjie. Aspoestertjie hét darem by die bal aangekom!"

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #6 on: October 15, 2021, 05:25:04 AM »
Oupa vertel Oom Frik Du Preez se springbokspan moet in Engeland saam met die Queen gaan eet. Toe hulle aan tafel sit fluister een van die butlers in sy oor dat hulle asseblief nie van die cutlery as aandenking moet vat soos die All Blacks met hul vorige besoek nie.
Hy kry toe nie geleentheid om dit vir die manne te se nie, word gevra om tafelgebed te doen. Hy bid in sy beste ingels en net voor hy amen se bid hy in Afrikaans: "As een van julle dit waag om van die eetgerei te steel donner ek hom persoonlik. Amen"

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rugby juweeltjies
« Reply #7 on: October 15, 2021, 05:35:06 AM »
Ons het een jaar saam met die Springbokke terug gevlieg SA toe.  Julle wil nie weet hoeveel bagasie daai ouens het nie.
Die vliegtuig was werklik tot kapasiteit gelaai.
Toe die aanloopbaan begin min raak skreeu daai ouens soos een man. "Lig die bliksem!"
Almal het gelag en die spanning was gebreek. 
Om te weet is om te verstaan.