• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ou mense se manier van praat...

Started by adele, September 28, 2011, 08:45:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

"Hello en hoe gaan dit met Antie?"

Nee my kind nie te goed nie. "Ek het mos Water. En dan het ek mos ook nou Suiker.

"Ag shame, al wat Antie nou nog kort is 'n Teesakkie".
adéle  :grommit:

Lox

sommige (ou) mense sê mos, ek het 'n maag ( mag) of ek het 'n knie, ens as daar met die spesifieke item aan die lyf fout is, so asof "gewone" mense nie  met 'n maag en knie ens gebore is nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Ek glimlag wyd diekant van die aardbol. My ouma het as sy die oggend wakker word en goed voel altyd gese: 'ek voel soos splinternuwe sikspens!" en as sy die dag omge-ellie was: 'ek prosedeer ... my oumens-spensioen is alweer laat inbetaal" en sy het gereeld vertel van haar jongdae agter die berg in die 'kilonie. So jammer dat mens so min van hulle streektaal onthou  :crybaby2:

PM

#3
Dit is een van die redes hoekom ek vir Ouma so lief is.  (Ouma is nou Naas se ma.)  Sy kan vir jou die heeldag besig hou met stories van gister.  Noem enige gedig wat ons op skool geleer het en Ouma Naas, soos ons haar noem, sê dit uit haar kop uit op.  Sy ken elke liedjie, natuurlik ook met humoristiese lyntjies wat jou lagspiere erg op die proef stel.  Ek lief vir Ouma Naas blink. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kan ons nie maar groot assembliefie paartjies hier te siene kry nie  :bootyshake: :love7: :notworthy:

PM

Naas sal met Ouma Naas moet praat!   :icon_biggrin:  Dan sal hy 'n paar opnames moet maak en dit op die forum sit.  Die forum het  'n opnemer gekoop en dit persoonlik aan Naas gaan oorhandig, presies vir daardie doel. 
Ons moet net wag tot hy tyd kry en beter voel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Julle sal Ouma Naas viskikkik geniet! 
Om te weet is om te verstaan.