Author Topic: oor verhoudings  (Read 8913 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
oor verhoudings
« on: September 28, 2011, 05:15:30 AM »
op e pos gekry

OMHELS ONVOLMAAKTHEID

Toe ek nog 'n jong meisie was, het my moeder soms daarvan gehou om "ontbyt kos" te maak vir aandete.  Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na 'n lang, harde dag se werk ontbyt kos aandete gemaak het.  Daardie aand het my moeder 'n bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my vader neergesit.  Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande roosterbrood gaan opmerk of iets sê daaroor!  Maar al wat my vader gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my moeder te glimlag en my te vra hoe my dag by die skool was.  Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie, maar ek kan baie goed onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste krieseltjie opgeëet het.

Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my moeder verskoning maak aan my vader vir die gebrande roosterbrood.  Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie :  "Liefie, ek hou van gebrande roosterbrood."

Later die aand het ek gegaan om vir vader goeienag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou.  Hy het my in sy arms omhels en gesê, "Debbie, jou moeder het 'n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig baie moeg... en 'n bietjie gebrande roosterbrood het nog nooit iemand doodgemaak nie!"

Jy weet, die lewe is vol van 'onvolmaakte dinge'  en  'onvolmaakte mense'...  Ek is nie die beste huishoudster of kok nie, maar wat ek geleer het oor die jare is om mekaar se foute te aanvaar -  En eerder onsself te verbly in mekaar se verskille.  Dit is een van die belangrikste sleutels om 'n gesonde, groeiende en gelukkig verhouding te skep!!!

Dit is my gebed vandag vir almal wat vir my kosbaar is.... 

Dat elkeen sal leer om die goeie en die slegte van hul lewe te neem en dit te lê voor die voete van ons Hemelse Vader, Want aan die einde van die dag, is HY die enigste een wat aan aan ons almal 'n verhouding kan gee met ander waar 'gebrande roosterbrood' nie saak maak nie!!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: oor verhoudings
« Reply #1 on: September 28, 2011, 04:23:57 PM »
Ek dink dit is nogal 'n mooi e pos om te ontvang en ek dink dit is pragtig
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: oor verhoudings
« Reply #2 on: September 29, 2011, 05:39:01 AM »
Dit was die moeite werd om te lees.  Lê my trane sommer vlak.   
Om te weet is om te verstaan.