ek het die week wat verby is sommer so paar kiekies geneem
my vingers het gejeuk om fotos te neem en toe kom die uit
nou die dag was daar 'n swerm spreeus doening by die kombuisvenster waar hulle bessies geniet het.
die ou kyk wat gaan in die huis aan.

die een sê ek is honger, laat my net gou paar bessies geniet.

Die akkerboom wys lente is in die lug


Die wingerd vertel dieselfde storie

Hierdie blomtros belowe om eendag in 'n mooi tros te ontwikkel en op die ou end heerlike brandewyn te maak.
Die blok is bestem vir Rabat.



Ek het die in die wingerd ry opgemerk.

Ken nie sy naam nie

interessant hoe sterk oorlewingsvermoë die blomme het as jy dink hoe stif word hulle in die wingerd beandel.

Hier is sy skerp kant

Die spreeus se bessie bos wat nou blom

Die blommetjies en bytjies


die steekvlieë vertel ook die lente is hier

Die ou het my kom karnuffel sodat ek hom kan afneem