• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

paar kiekies

Started by Lox, September 25, 2011, 06:09:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Lox

ek het die week wat verby is sommer so paar kiekies geneem

my vingers het gejeuk om fotos te neem en toe kom die uit


nou die dag was daar 'n swerm spreeus doening by die kombuisvenster waar hulle bessies geniet het.

die ou kyk wat gaan in die huis aan.



die een sê ek is honger, laat my net gou paar bessies geniet.



Die akkerboom wys lente is in die lug





Die wingerd vertel dieselfde storie



Hierdie blomtros belowe om eendag in 'n mooi tros te ontwikkel en op die ou end heerlike brandewyn te maak.
Die blok is bestem vir Rabat.







Ek het die in die wingerd ry opgemerk.



Ken nie sy naam nie



interessant hoe sterk oorlewingsvermoë die blomme het as jy dink hoe stif word hulle in die wingerd beandel.



Hier is sy skerp kant



Die spreeus se bessie bos wat nou blom



Die blommetjies en bytjies





die steekvlieë vertel ook die lente is hier




Die ou het my kom karnuffel sodat ek hom kan afneem

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Sjoe hier is 'n paar pragtige foto'tjies!  Daai van die wingerd is my gunsteling!!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit is pragtige foto's Lox, dit is net baie groot.  Ek weet nie of julle ook so lank wag dat dit moet oopmaak nie.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek het hulle nogal kleiner gemaak, by my neem dit so 10 sekondes dan is almal oop.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

hehe vir my gaan dit ook maar vinnig jong  :`ip2:
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai


PM

Daar is ouens wat sukkel, soos ek, omdat ons nie landlyne beskikbaar het nie en met 'n modem werk.  Die ouens wat van selfone af werk het blykbaar ook probleme.  Dalk kan hulle hier kom sê of hulle 'n probleem het. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Myne werk nog teen 'n goeie spoed al is ek op my selfoon, ek dink dit hang af van jou netwerk en watse tipe konneksie jy het, ek bedoel nou per selfoon of dit nou gprs of edge is maak nogals 'n groot verskil!  So dit gaan maar net eintlik, dat hoe verder en kleiner jou 'kables' is hoe minder 'outjies kan die inligting vir jou aandra' so dan vat dit langer.
*The one and only AWESOME-EST


PM

Al wat ek van tegnologie weet is as ek nie kon spoeg en plak (copy and paste) nie, sou dit my jare geneem het om werk klaar te kry.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Jy besef wel as jy copy and paste dan bly alles dieselfde??? ne?? hehe jy moet dit verander as jy wil he dit moet anders lyk! haha
*The one and only AWESOME-EST


PM

 :angel4:   :icon_biggrin:

As jy 'n hele boek moet oordoen dan sal jy eers werklik besef hoe handig haak en plak is.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

dis die waarheid wat jy daar seg PM

raaitjie het in die week vir my van die program photoscape vertel, ek het hom afgelaai en gebruik hom om die kinders se matriek afskeid fotos mooi te maak en dit werk handig.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Stoffel jy het jou MEESTERLIK van jou taak gekwyt!! Is dit nie 'n wonderlike program vir die fotograaf nie? Ekke lieffff dit! Gaan kom aanklop vir lesse by jou mater.  :notworthy:

PM

Ja asseblief, maak 'n nuwe onderwerp met die program se naam en dan kom verduidelik Mnr. Lox vir ons stap vir stap hoe dit werk. 

Lepie Luis of Stof het ook belowe om 'n paar goed te kom verduidelik.  Dit sal 'n uitstekende plan wees om so 'n afdeling te begin, wat dink julle? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai