Die Klaskamer > Taal Definisies

Palindrome

(1/7) > >>

PM:
‘n Palindroom is ‘n woord wat van agteraf dieselfde lees as van voor af.  (Van links na regs,  of van regs na links)

aa
abba
daad
droomoord
droommoord
dood
edelstaalplaatslede
effe
ekke
elle
ede
egge
eie
emme
ene
enne
erre
esse
ete
ewe
geheg
geleg
gereg
geseg
geveg
lepel
lol
kaak
kajak
kik
knalplank
kok
kook
kyk
leerreel
leiwiel
lel
lol
lul
maandnaam
madam
mam / mom
meetsisteem
muis-op-mis-simposium
naasaan
non
paap
pap
papajapap
pop
pyp
raar
radar
redder
reier
rekker
remmer
rotator
rotor
sagas
sannas
ses
sis
solo’s
soos
s.o.s
sus
tattarrattat
tot
wow

Palindroom Voorname:
Ada
Anna
Aviva
Bob
Eibie
Elle
Eve
Hannah
Idi
Laval
Natan
Okko
Otto
Pip
Pop
Reinier
Sas
Sus
Tat
Viv
Yarray.


TT / JJ en ander afkortings.

PM:
As julle nog woorde of frases het,  kom plaas dit hier asseblief.

Naas:
Pal naas 'n emmer pap rem mens aan lap. (My eie palindroom. Ek daag enigiemand om dit te verbeter.)

Die mees bekende palindroom in Engels was ge-uiter deur een van die manne wat verantwoordelik was vir die beplanning van die Panama kanaal. " A man, a plan, a canal. Panama."


 :icon_bigsmurf:

PM:
Snaaks tog hoe ek in my eie sous kan braai!  Eish,  nou moet ek my reeds oorwerkte paar pitte gaan inspan.  Hoop nie julle kry "popcorn" nie.   :icon_biggrin:   Wag,  ek is nou-nou terug.   :bootyshake:

PM:
Drie ure later:  "Wag,  ek probeer nog!"

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version