Die Klaskamer > Taal Definisies

Palindrome

<< < (2/7) > >>

Meraai vannie Baai:
Muis-op-mis-simposium

Kyk Madam Hannah
abba Ada pop;
enne Otto pyp!

Ene Sus Kok
kook papajapap ewe
soos 'non' gereg

Naasaan eie lel geheg
lol rotor radar effe:
knalplank rotator S.O.S
Raar Geveg: Ete - Dood!

Ekke sis 1001 esse
enne rekker erre,
soos ses edelstaalplaatslede:
muis-op-mis-simposium!
©

*Met my verbrandingsvermoë as kok en die offergawe-etes (Gawie se uitdrukking) ingedagte, het ek die palindroom gedig geskep vir ons Ekphrasis album. So is die beskikbare 'van-voor-tot-agter-eenderste-woorde' ingespan om die 'verhaal' voor die stoof te vertel.

Die S.O.S boodskap (die brandalarm wat in jou ore skreeu) die ete (non-gereg wat meer lyk soos papajapap) is dood (verbrand) en die kok wat aanmekaar laaaaang erre en esse swets; die stoofdele die skuld gee LOL.

Die ene wat gewoonlik agter die kospotte staan met sukses (madam Hannah) is met sy pyp (Outop onse amptelike kok afgegee/bietjie vrye tyd), bagasie en al (rugsak met fotografiese toerusting; ala pop op die rug) en ekke voor die stoof - dit het die hele muis-op-mis-simposium tot gevolg gehad.

Die 'non-mom' is 'n verbuiging wat ek gebruik het, om aan te dui dat ma's veronderstel is om goed voor die stoof te wees   

PM:
Dankie Raaitjie, vir jou bydrae,  soos jy kan sien is dit een te veel vir my!   :sign10: 

adele:
en dis sooo goed, ekke sal moet opstaan as ek oooit hierby wil kom

 :grommit:

Meraai vannie Baai:
  :toothy4: Blommetjie vir al die mooie woorde van myse maters! Die agterstevoorleesbare woorde kan nogals toor met 'n mens se verstand  :icon_scratch:

Jeannedarc:
ek beleef dalkies nou 'n brunet oomblik maar ek het nou sopas die woord papajapap raakgelees en nou sit ek met 'n probeem. ek gaan soek die woord in die HATTE en ander woordeboeke maar loop 'n bloutjie. papierpap die vind ek maar om die dood nie papajapap nie. die woord papaja verskyn wel.  :read: en ek haat 'n rooi gesig as ek bloutjies loop.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version