• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

WERK

Started by Chichi, September 21, 2011, 12:23:48 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Chichi

Hello julle!

Okay so ek het werk gekry, nie dat ek regtig opsoek was nie.  Ek het nog 'n volle jaar na hierdie ene om te swot!  Maar ek het besluit oordat ek volgende jaar spesialiseer en omtrent al van die jaar wat oor is eksamens is, sal ek maar aansoek doen!  So ek het! yay! Tot my pure verbasing het hierdie oulike plekkie my terug geroep en na 'n onderhoud met die eerste goedkeurder het ek 'n onderhoud gehad met 'n groep mense en toe is ek deur na die praktiese rondte en op die ou end uit eindelik by een of ander top baas wat my toe die werk aangebied het.  Hulle is nogal streng!  Ek bedoel soveel onderhoude en na elke een is dit eers 'n paar dae se wag vir goedkeuring na die volgende rondte, het my sommer 'n groot hoop laat stres.

Maar nou ja, ek het die werk en ek is gelukkig!  Die salaris lyk heel skaflik, veral oordat ek vir nou net naweke daar gaan werk en volgende jaar 3 dae 'n week en dalk 'n paar middae.

hier is 'n link vir die plekkie, dits vrek mooi!! http://www.lifedayspa.co.za/gallery.php

Dit is in 'n plek met die naam design quarter, langs monte casino, die wat weet waar dit is en watse tipe plek, nou verstaan julle hoekom die geldjies so goed lyk daar!

okay nou het ek my stukkie geluk gedeel!!! yay!!!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

 :headbang:  Baie geluk Chichi.  Dit wil gedoen word!   :headbang:  Ek hoop van harte jy sal baie gelukkig wees daar.
As ek maar net sien hoe vinnig hierdie jaar verby gewip het, is jy amper klaar.  Hou moed.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

DAnkie PM!! ai ek is darem nog nie moeg vir leer nie!!  Nee wat dink al wat pla van nog 'n jaar swot is die simpel mensies wat soms mens se lewe so moeilik maak!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit sal ook verby gaan.   :icon_biggrin:

My pa het geglo dat 'n mens elke jaar van jou lewe, na jou studies,  net een vak neem.  Teen 80 is jy superslim!  Die hou ook die brein op en wakker.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Baie geluk Tjiekie, jy sal my maar moet op 'n freebie nooi want ek sal dit nie kan bekostig nie.

mag jy baie gelukkig wees in die werk.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Baie dankie!! hehe ek sal jou maar net kan afslag gee! Freebie gaan maar moeilik by 'n plekkie soos dit! Ek is verskriklik opgewonde!
*The one and only AWESOME-EST


Fransi

 :hello:

Baie geluk en mag jy baie gelukkig daar wees.

PM

Hi Fransi, jy is so skaars.  Een van die dae speel ons weer lekker saam met die abiesietjies. 

Chichi, ek hoop jy sal eendag jou eie besigheid hĂȘ. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: dankie!

Was vandag vir my eerste dag se training! okay so lyk my ek gaan moet hard werk jong!  Die gids is so net oor die 100bladsye, en elke ene het 'n prosedure vir 'n ander behandeling en dan die produkte en die ingredients in elk!! alle moet dieselle wees van al die terapeute, dit is hoekom ons almal dit so leer!  Het darem lekker baie vandag geleer, die dametjie wat my gevat het se ek leer lekker vinnig so ons het twee dae se werk ingekry  :icon_biggrin:

Dit maak my gelukkig want nou weet ek ek is darem 'on the ball'

*The one and only AWESOME-EST


Angelica

Ou sonstraal, gewoonlik is die eerste paar weke mos chaos. Maar ook dit gaan verby en een oggend staan jy op en kan alles onthou. Sterkte met die leer.
elle

Chichi

baie dankie A  :icon_biggrin:

hehe chaos is goed as dit so lekker gaan soos vandag!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit klink of jy dit baie gaan geniet Chichi. 
As jou werk 'n plesier is, werk jy nooit weer nie, jy verdien jou geld speel-speel.
Om te weet is om te verstaan.