Author Topic: veldskiet  (Read 11472 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
veldskiet
« on: September 18, 2011, 09:50:37 PM »
Gisteroggend vroeg, voor sonop by die huis weg om 7 uur anderkant Robertson by die veldskiet te kan wees.

Net voor Roberston sien ek die mis op die rivier en dit belowe om 'n mooi windstil dag te wees. Ideale skiet toestande.



Ons kon van 9 uur af op die gong bane skiet want daar is net 3 skuts op 'n slag.

Net voor 9 is die verrigtinge geopen en daarna het Ben 1 skoot met sy kanon geskiet.



Ek het ongelukkig nie 'n foto van die kanonskoot nie. Dit gaan te vinnig. Toe die skoot buskryt sonder 'n koeël afgevuur word het die een voertuig wat so 50 meter van daar gestaan het, se alarm begin raas.

By die een gongbaan moes ons staan en skiet, dooierus vat oor 'n groot kafbaal.



Die gong is 'n ronde metaal skyf wat van pantser staal gemaak is en aan 'n belt hang. Die  skyf se deursnit is 200 mm en daar is 5 skywe op verskillende afstande en hoogtes. Die afstande en hoogtes is nie bekend nie, jy moet maar self skat hoe ver en hoog dit is. Mag nie rangefinder gebruik nie. Die gongs is gewoonlik tussen 150 en 300 meter van jou af en jy kry 1 skoot op elke gong. Raak is 30 punte en mis is nul punte.

By die ander gong baan moet jy lê en skiet en jou geweer of hand moet aan die miershoop raak.





As jy mooi kyk sal jy 5 paar gongs van 3 elk sien op die foto.




By die baan het die skut regs al 5 raak geskiet.



Ek het darem 2 by elke baan raak geskiet.

Die mense kom skiet met enige senterslag jag geweer, slefs ou 303 ook.



Sommige ander se gewere kos maklik 30 000 met so 10 na 15 000 teleskoop. maak nie saak waarmee jy skiet nie en hoe jy vaar nie solank jy dit net geniet.

Dan was daar rooibokke wat seker so 150 meter ver gestaan het. Hier moes jy sit en van die mikstok gebruik maak.





Die bok teikens het 2 plekke waar jy 30 punte per skoot kan kry, brein en hart, op die nek 20 punte, in die ribbekas 15 punte en mens en boud en bek skoot is minus 15 punte. Die teikens is ook lewensgrootte.






Daar was ook blesbok en springbok teikens. Vir die blesbok ( wat se telling slefde as rooibok werk) moes ons staan met 'n 3 poot wat gebruik word en oorkruis skiet. Ek het in die middel gestaan en my teiken was reg voor my.



Dit was seker so 150 meter na die blesbok. Toe het ons 30 meter nader gestap, en moes sit en met 'n stomp wat ingeplant is dooierus vat en na die springbok se kop of nek skiet. Brein is 30 punte en nek is 20 punte en bek is minus 15. By die springbok kop het ek darem vol punte gehad.



Daarna was dit die vlakvarke, min of meer selfde telling as die bokke, behalwe die vlakvark het nie juis 'n nek nie. Die brein is 30 punte en res van die kop 20 punte.  Hulle was 180 meter ver.



Die 2 manne moes na ons skiet want hulle het elkeen 'n tromprem voor op die geweer se loop gehad en dit raas te veel vir die ander skuts. Ek kon nie juis die verskil hoor nie seker oor ek reeds half doof is.



Daar slaan die stof uit, dit was raak...al is dit die wal ( die teiken was ook darem raak. )



Agterna was daar prysuitdeling in al die klasse. Die man wat 3 de gekom het het 840 uit 900 gehad, ek  kan nie onthou wat die eerste een se telling was nie.

Sy vrou het 2 de gekom en as haar een skoot mis was sou sy eerste gekom het. sy het 10 punte minder as die eerste vrou gehad maar haar een skoot was 'n minus 15, dus as sy daar heel mis geskiet het was sy eerste.

Ek het darem op die gelukkige prys trekking dit gekry




Dit sal baie handig wees want ek begin al sukkel om op die ou een se fyn strepies te lees.

Dit was 'n heerlike dag, daar was 250 inskrywings ( afsnypunt was al 'n week voor die skiet vol gewees. )
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: veldskiet
« Reply #1 on: September 19, 2011, 07:03:00 AM »
Met 'n huis vol mense het ek nie tyd om te lees nie,  maar ek belowe ek kom terug.  Jy neem my na die dae toe ek self geskiet het.  Sien weer later.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: veldskiet
« Reply #2 on: September 20, 2011, 07:51:36 PM »
Dit lyk vir my na pret!!!!!!

ek skiet maar net bietjie boog... so weet nie te veel van geweer skiet af nie... net so bietjie, van tarentaaljag op die plaas....
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: veldskiet
« Reply #3 on: September 20, 2011, 09:42:13 PM »
Ja tjiekie, soos die ou mense geseg het, sak sarel pa wil 'n bok skiet
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: veldskiet
« Reply #4 on: September 21, 2011, 12:48:21 AM »
Dankie baie baie vir die bydrae Stoffel, ekke het geniet en weet Outoppie gaan elke kaliber skietding kom beloer met my vergrootglase. Ons was self lief vir skiet op onse dae (teikenskiet op die plaas).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: veldskiet
« Reply #5 on: September 21, 2011, 07:27:55 AM »
Gelukkig slaap my gaste nog.  Ek het gou kom lees en saamspeel.  Vandag vat ek die Russe Voortrekkermonument toe.  Ai, spaar my dit. 
Om te weet is om te verstaan.