Author Topic: Noudat Kindle hier is....  (Read 3161 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Noudat Kindle hier is....
« on: September 18, 2011, 03:54:10 AM »

'n Vertrek vol boeke wat op rakke lekker knus teen mekaar se lywe lê, dit is nou 'n groot droom van my wat net nie wil realiseer nie.  Ek het hierdie droom oor 'n vertrek met rakke vol boeke wat strek van vloer tot plafon tot muur tot muur tot muur.  Plankvloere wat bietjie kraak as die spoke loop.  Daarby saam lekker groot en diep gemakstoele, 'n kaggel met vuurtonge wat lek-lek aan die skoorsteen, 'n plekkie waar 'n paar bottels wyn suutjies lê en sug en 'n hond wat homself oor jou voete drapeer.  En natuurlik 'n groot koffietafel vir my uitstalboeke oor celebs se kookvernuf, Afrika-safari's, ens. Pure bliss.

Ek kon nog net nooit die prentjie bymekaar kry nie.  Dan het ek die vertrek, maar nie die kaggel.  Dan is die kaggel daar, maar nie die geleentheid om dit in 'n plek van total relaxation te omskep nie.  En jy kan  nie regtig hierdie droom van my in 'n moderne huis probeer staanmaak nie.  Dit het 'n huis met karakter nodig.  'n Huis in die woud.  Met 'n tweespoorpaadjie wat sê daar is nie baie verkeer na die huis nie.  'n Tweespoorpaadjie tussen bosse en bosse bessiebosse tot by die voordeur waar 'n paar spekvet ganse waggel.  Snags 'n uil wat hoot-hoot in 'n naby boom.  Soggens sal ek bakke vol woudbessies pluk om aan te peusel terwyl ek my honderde boeke lees.  Vroegaand al sal ek 'n bottel se hoedjie afhaal en 'n kristalglas vul met die sap van die druif. Rooi verkieslik.

Wat is nou lekkerder as om 'n boek vas te hou en weg te raak tussen woord en reël?  Die reuk van ou stories en die heerlike tekstuur van die papierpulp tussen jou vingers?  Ek is versot op boeke.  Nie dat ek hulle almal al gelees het die wat hulle intrek by my gemaak het nie.  Opgegaar vir wanneer ek my droomplekkie het.  Ek dink my huisie in die bos sou bestaan het uit 'n biblioteek en dan sou die res van die nodige vertrekke hulle maar moes inwurm vir 'n plek.
Maar dit is alles net 'n droom.
Ongelukkig is my geliefde boeke in bokse en die bokse in 'n kas gepak.  Daar was 'n tyd toe ek sou rakke opsit teen die muur en my geliefde items sou uitstal, maar ook dit het nie gerealiseer nie.  (Ek is nou nie so goed met gate boor en planke opsit nie).  En noudat Kindle wil oorneem by biblioteke, hoe groot of klein ookal, het ons nie meer bokse vol boeke nodig nie.  Die dat ek gister begin het om boeke te sorteer. Die wat ek wil weggee en die wat ek nooit nie van kan skei nie. Maar hoe besluit jy watter boek gaan na wie?  En watter boeke gaan na die geldinsamelings projek van die kerk op Wellington? En wat gaan na ons 'biblioteek' by die kantoor?
Daar is boeke wat my so aangegryp het, dat hulle soos gom aan my plak. Nadat ek die proses van sorteer en hopies maak en weer terugpak en weer hopies maak, moes ek myself op die skouer klop.  Ek kon dit regkry om van die helfte van my versameling weg te sien.  Hartseer, maar daar kom 'n tyd dat jy moet leegmaak en afskaal.

Kindle is 'n wonderlike stukkie tegnologie wat ek gaan probeer.  Ek kan honderde boeke aflaai daarop teen 'n fraksie van die prys wat boekwinkels vra.  Ja ek weet dit kan nooit die reuk en gevoel van 'n boek vervang nie, maar soms is dit net nodig om van bagasie ontslae te raak.

Die volgende is daardie klomp groot messe in die laai.  Oorbodig.

 

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Noudat Kindle hier is....
« Reply #1 on: September 18, 2011, 05:09:29 AM »
Pragtig geskryf, ek het jou daar sien sit voor die boeke.  Dit is so waar, 'n mens besef eers hoeveel j bemeaar gemaak het as jy ontslae moet raak daarvan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Noudat Kindle hier is....
« Reply #2 on: September 20, 2011, 01:45:25 AM »
Ek het die ABC woorddis behoorlik verslind ....  :love7: nou sweef ek op die beeldende woorde :notworthy: Angelica