• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Hermetiese poësie"

Started by Meraai vannie Baai, September 13, 2011, 10:08:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#15
PM:

Met 'n knak van die knie
en die lig van my lampion,
bring ek hulde aan hulle
wat vir my die lewe lamé,
appliek met lakoniek,
en woordwonders werk.
Ek lief julle mateloos.
en dit, is die stem van PM.
©

Mel:
Kameleonties
besoek ek
die skakerings
van jou siel

die inkleur van 'n legkaartstuk

terwyl die wete
deur my
ruk

modus operandi

"Ons spesie
is te onvoorspelbaar"
©

:bootyshake: :hello2: :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

#16
Susan Grobler:  My Taal Kwook

behoede my
van stagnasie in my taal
behoede my
van net terugsit en niks betaal
'k wil sáám met die gety
nuwe woorde en uitdrukkings voortbring
soos 'n tsoenamigolf
Afrikaans oor tonge laat spoel
sodat my taal kan kook
en kwook en oorkwook
en tot aan die einde
van alles kan bly staan
selfs al het ék
lank reeds vergaan

© Susan Grobler

~~~~~~~~~~~~~~~

*In hierdie toestemmings brief aan 007 van die maanvrou, is daar die pragtigste beskrywing
oor die behoefte wat ons soms dwing om ons eie woorde te skep wanneer bestaande woorde
net nie dieselfde funksie vervul of beeld weergee nie:


ammiemoon: Geagte 007

Ai, ai Meraai van die baai
sal jy nou in jou wildste drome
ooit kon raai,
op 'n krinkelvars Maandagmore
vang jy vir ammiemoon
sommer nog voor hanekraai!
Want hierdie moongirl
het 'n swakheid, jy sien
vir woorde wat toor
om soos nikerballstroop op te dien

Sy maak liefde met letters
rol dit in haar kies,
raak soms erg moerig
as sy sukkel om 'n woordjie te kies,
raak dan sommer net daar obstinaat,
'n self gemaakte woord nou die enigste raad!

Nou hier is die maan in haar element
want aan woorde heg sy groot sentiment.
Sy begin speel met begrippe
en emosies van die hart,
aan nuwe tongkieswoordjies wat die
taal van die liefde kan praat.

Tone-omkrul-lekker begin sy toor
met vreemde goetemajieng woorde
om in die skugterlag gleufies van
verse in te pas,
woorde soos kleinvoelholte en
taailek soetstout vlindervlerk-soentjies,
wit walsie branders en bitterwang pampoentjies,

Ystong kristalle en vlammegloed koraal,
passiesug en smak waarmee sy
smeul in 'n liefdesdaad mee warm maak,
Antarktika oë en smaakbessielag,
wat in die skaamspeel hoekies van
verse wag.

Ag dinges, keer haar
want hier gaan sy alweer,
suiglekker woorde
waarmee sy wil toor !!

Ps: Meraai, jy is meer as welkom om my
vreemde woorde te leen
om hopelik kleur, lag en geur
aan jou woordeboek te verleen!

Volmaan groete
© 2010 Almarie Truter

PM

Pragtig!  Ons abiesietjiewerkies!  Dit kwook ja!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: Meraai vannie Baai on September 21, 2011, 02:35:05 AM
Susan Grobler:  My Taal Kwook

ammiemoon: Geagte 007

ekke geniet julle werk somme duisend stikke, ekke sit en wag in elke voorste ry; dankies miljoene, Raaitjie-vriendin
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Groooot voorreg mater! Kom nou eers PM se 'abiesietjiewerkies' gaps  :book1:

PM

Ek het nou weer 'n lang ruk spandeer aan hierdie juweeltjies hier op die forum.  Wanneer ek sulke pragwerk lees soek ek desperaat na gapings van stiltes waar my gedagtes kan wortelskiet, groei en blom om vrugte te dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Quote from: PM on July 30, 2018, 01:50:33 PM
Ek het nou weer 'n lang ruk spandeer aan hierdie juweeltjies hier op die forum.  Wanneer ek sulke pragwerk lees soek ek desperaat na gapings van stiltes waar my gedagtes kan wortelskiet, groei en blom om vrugte te dra. 

:book1: :icon_salut: :`ip2: