Author Topic: Uitdrukkings/gesegdes in versvorm  (Read 10082 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Uitdrukkings/gesegdes in versvorm
« on: September 13, 2011, 01:33:11 AM »
Hier is die uitdaging as kreatiewe skryfvorm, om te kyk hoeveel uitdrukkings (van een onderwerp) jy in versvorm kan gebruik. PM het vir my 'n pragtige voorbeeld geskep (as boetevers  :bootyshake:) wat ek in die woordskuur gaan bewaar het. Lig ek die hoed en knak die knieg weereens vir toestemming verleen om jou woorde te kan uitstal mater  :book1: :notworthy:

Ek is die hoenders in.
 
Het die hoenders jou kos afgevat?
 Jy lyk so bek-af,
 jou ore hang,
 ek sal ‘n ogie oor jou hou
 en gou vir jou ‘n rympie bou.
 
Eers al my eie werk ingewin,
 m.a.w. ek het in Jerusalem begin,
 toe gryp ek die abc
 en kry alle idiome voor stok,
 tot by Daantjie in die kalwerhok.
 
Nou lê ek my eiertjie neer en
 gooi ‘n stuiwer in die armbeurs,
 ek hoop nie daar is ‘n geurtjie aan nie
 of dit gee jou hoendervleis nie,
 maar hier is pitkos vir jou om aan te kou.
 
Jy mag dalk dink ek is van lotjie getik,
 of dalk sommer in die bol gepik,
 dalk is jy heeltemal reg,
 ek hét ‘n klap van die windmeul weg,
 al my varkies is ook nie op hok nie.
 
Tog wil ek vir jou ‘n bietjie beduie;
 kom ons sit vir jou 'n hoender in die bank,
 ek wil nie hê die klok moet agter jou lui nie,
 anders gaan jy net jou kop stamp,
 jou vasloop, dit sal jou suur bekom.
 
Al jou eiers onder een hen,
 of almal in dieselfde mandjie gepak?
 Onthou, tussen die hand en die mond
 val die pap op die grond.
 Jy sal jou rieme styfloop.
 
Jy is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie,
 Jou grysstof het mos nie opgehou vloei nie?
 As jy ‘n ou voël met kaf probeer vang
 sal jy die horrelpyp- of die eierdans doen.
 Jy sal moet katvoet loop.
 
Ek wil nou nie vir jou kom voorskryf nie,
 want elke hond is baas op sy eie werf
 en elke haan kraai op sy eie mishoop,
 maar hierdie ou Moeder Hen
 kloek-kloek om haar kuikens.
 
Moenie rondloop soos ‘n hen wat nes soek nie
 of een wat ‘n eier wil lê nie.
 Wat skrop jy so?
 Dit lyk of jy op eiers loop,
 of probeer jy die lel oor my oë trek?
 
Moenie vandag se hoender weier vir more se eier nie,
 hier neem die saak nog ‘n wending;
 die keersy van die penning is dit;
 ‘n halwe eier is beter as ‘n leë dop
 en, een voël in die hand is beter as tien in die lug.
 
Klein Jan het weer die elmboog gelig
 deur die wingerd geloop
 tiermelk gedrink, my magtig
 sy kop slaan sweep
 hy is lekker hoenderkop.
 
Hy is sommer nog ‘n kuiken
 nog nie droog agter die ore nie
 die klein snuiter, hy dink hy’s slim
 more is hy weer hoenderswak en
 moenie dink geen haan sal ooit daarna kraai nie.
 
In daardie “chicken coop”
 is die waarheid so skaars soos hoendertande.
 Hulle verkoop knolle vir sitroene
 en bak kluitjies so groot soos pampoene,
 hulle kan daai stories maar vir die hoenders gaan vertel.
 
Hulle gaan slaap saam met die geveerdes,
 is met hoenderkraai weer op en uit.
 Hulle glo mos fluit-fluit
 die oggendstond het goud in die mond
 en dit is die vroeë voëltjie wat die wurmpies vang.
 
Nou-ja lekker is net ‘n vinger lank.
 Ek het heerlik gepronk met ‘n ander man se vere.
 Hier gaan ek nou die lier aan die wilger hang
 en julle laat in vrede.
 Pik-pik, my rympie is getik en hopenlik is al my boetes betaal.

© PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uitdrukkings/gesegdes in versvorm
« Reply #1 on: September 13, 2011, 02:27:12 AM »
Wow, dit was lekker saamspeel dae daardie Raaitjie.  Dankie vir die "ter tafel" bring, ek het dit baie geniet om weer te lees.  Dit het tyd geword dat ons weer 'n tjoekie bou.  Ek is net bevrees dat ek die meeste tyd daar gaan verwyl. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uitdrukkings/gesegdes in versvorm
« Reply #2 on: September 13, 2011, 07:01:56 AM »
Jy moet nie planne in my kop sit nie hie hie. Ons weet jy is bitter besig en (vir nou) vergewe ons jou hoor maar die boeteversies kan dalk net weer die oplossing wees  :love7: :hello2: