Author Topic: Ouma draf klas in Excel Advanced...  (Read 3337 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ouma draf klas in Excel Advanced...
« on: September 11, 2011, 03:13:32 PM »

So sit ek weer vanoggend vir die soveelste Saterdag in die klas.
Sommer so met die gaan slag sê ek vir JP ek voel nie lus vir klas vandag. Hy vra of hy moet omdraai en loer so onderlangs na my. Ek weet wat hy dink: Ma is bang sy gaan weereens die oudste en stupidste student tussen die weet-alles-klomp wees.
Ek voel aan my voorkop, nee, dis koud. Ek hoes 'n hoesie, nee, dis droog. Ek snuif, nie 'n borreltjie nie. Dan moet ek seker maar deurdruk.Ek sê toe maar nee, hou aan ry. Maar dis mistig, dis nat. Ek wil in die bed klim met die nuwe Huisgenoot.... (Ek lees nie net DeKat nie).

Die lift vat my op na die boonste verdieping en na die plek waar ek die volgende 6 tot 7 ure gaan sit en wroeg. Die koffie by ontvangs is koud, die tydskrifte oud. Ek vind maar die paadjie na Mykonos en kry my sit op my ou plekkie; reg voor in die eerste sitplek langs die paadjie. As ek agter raak, kan die facilitator net 'n knoppie op my rekenaar druk en siedaar, ek is weer by.
Die klomp kom vrolik by die klas is, bekers koffie en 'n samehorigheid wat ek nog nie vantevore in die klas gesien het nie. Ken die klomp van geen kant, maar dat hulle mekaar ken is waar. Ek sit tjoepstil en wens die krag gaan af en daarmee saam dat al die rekenaars wil ontplof. Niks van die aard gebeur nie, die ligte bly brand.
Tot my grootste blydskap kom Didi by die deur in en pyl reguit op die stoel langs my af. Nou Didi is hierdie jong donkerkop met baie breins. Sy's helder en skerp. Sy weet al nog voordat sy hoef. My aangeplakte hoesie bedaar sommer en ek sien weer lig. Met Didi langs jou kom jy saam met die facilitator en die res van die klas by die laaste Summary uit. Sonder Didi... ek wil liewer nie daaraan dink nie. Die vorige klas in Excel het die mannetjie dit laat val dat as jy nie kan byhou nie, jy liewer die klas moet verlaat. Ek het gewag dat hy hierdie klas moet aanbied, het 'n speech bymekaar gemaak vir hom.

Frank het ons mooi deur die Welcome en dinge gevat en ons moes onsself voorstel: Name, Company, Position, Why are you here today?  Nee, ek weet  nie hoekom ek hier is nie. Net dat ek hier is en nie wil wees nie. Ok, kom ek sê maar, ek kan om die dood nie vinnig leer deur net knoppies te druk en formules in te tik nie. Ek moet oor en oor doen en dan nog afskryf op papiertjies wat oral op die rekenaar vasgeplak word. Dit lyk amper soos herfs in die Kaapse lente.
Introduction: After reading this introduction, you will(?) know how to: Dit is duidelik die mense het nie my in gedagte gehou nie.
Didi het maar sommer so uit haar eie oorgeleun na my kant toe en 'n paar verstellinkies gemaak deur op my keyboard te woerts en warts en siedaar. Formules is nou wraggies nie my ding nie. Dis allerhande syfertjies en tekentjies en goedjies. Wie kan dit ooit onthou? Kyk nou na diè;
Nested IF functions: =IF(B7>25000,B7*2%,IF(B7>15000,B7*1.5%,IF(B7>5000,B7*1%,0))). Pfffrrrtttt!!!!
Nou, as jy weet wat dit is, dan soen ek jou. Dit is 'n werklik formule. Nie sommer net 'n klomp goed nie. Dis VLOOKUP en HLOOKUP, my kop spin, my wange gloei en Didi moet net oorhang hierdie kant toe. Maar toe ons by Collapsing and Expanding kom, toe weet ek... ek is in die regte klas.
Maar Frank het kort-kort 'n glimlag na my lippe gebring as hy sè: 'You will now hit the 'Enter' key. Ek het maar gedoen wat hy ons beveel het. Ek het ook nie altyd geweet of hy bedoel 'edit' of 'add it' of soms 'B' of 'D' nie. Maar teen drie uur het ek my sertifikaat gekry terwyl ek sweet afvee.
En eintlik is ek net 'n girl wat op die strand wil skulpies optel en in die veld onder 'n bos wil bly.
Rekenaars en klasdraf  in rekenaarkursusse is nie vir my nie. Ongelukkig het tegnologie oorgeneem en as jy moet bybly moet jy sweet.
Ook is ek nie 'n Ouma, ek is nog nie eens 'n skoonma, maar tussen die weet-alles-jonges voel ek oud.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Ouma draf klas in Excel Advanced...
« Reply #1 on: September 13, 2011, 02:56:25 AM »
Ek het hierdie al gister gesien en dit 'n bietjie laat oorstaan.  Dankie tog ek het, nou is my dag vol giggels.
Dit is goed geskryf en ek het dit geniet.  Wou 'n paar goed uithaal wat oulik is, maar dan sou ek die storie moes oor skryf.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ouma draf klas in Excel Advanced...
« Reply #2 on: September 13, 2011, 07:07:30 AM »
Ek het GANIET in oorgawe. Was self 'n regte ouma toe ek in NZ uit verveeldheid en filange gaan 'swot'. Het ampertjies gevoel ek het langs jou ingeskuif Angelica! Baie geluk met die sertifikaat  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Ouma draf klas in Excel Advanced...
« Reply #3 on: September 13, 2011, 10:03:46 AM »
Skuus, skoon my maniere vergeet so tussen die giggels deur.  Geluk Elle.  :love7:  Dit wil gedoen worre.
Om te weet is om te verstaan.