• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

wereldbeker rugby

Started by Lox, September 11, 2011, 11:36:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

die game tussen rsa en Wallis het nou net begin, en nou kan ek seker rus en vrede hĂȘ die volgende 2 ure, almal kyk rugby en niemand sal my hopelik hinder nie. Ns: ek kyk nie gaan maar my fotos wat ek die week geneem het uitsoek vir die forum.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

haha ek het ook nie gekyk nie... ek het gewerk....  :crybaby2:
*The one and only AWESOME-EST


Angelica

Is daar manne wat nie wereldbeker rugby kyk nie?
Eintlik is dit 'n heerlike tyd om saam met fam en vrinne voor die kassie te sit en cheer of moan.
En dan die vleisie op die kole agterna... om nie te praat van al die kommentaar wat dan uitkom nie.
Hulle se mos: Die beste speler sit op die bank.

Elk geval, vir die van julle wat dit wel kyk, ENJOY!! Dit kan 'n heerlike tyd wees.
elle

Lox

Angelika, ek is een van die wat nie rugby kyk nie, en ek sal jou nou liewer nie met die redes verveel nie.

Laat elkeen geniet waarvan hy/sy hou, solank ek ook mag geniet waarvan ek hou ( en dis om nie rugby te kyk nie)
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

ek hou van rugby kyk, maar net saam met die regte mense.... en ek hou van die 'vibe' wanneer dit aan die gang is! ek geniet ook die lekker braai wat saam met dit gaan!

maar nouja, vandag was werk my baas
*The one and only AWESOME-EST


Angelica

Lox, ek was net verbaas om te sien dat jy dit nie doen nie.  Jou keuse. Miskien omdat ek so binne 'n rugby-mal gesin en -dorp opgegroei het.
elle

Jeannedarc

Ek moet hier bieg - ek het my gesig bietjie geverf. Ek het die Ierse vlag op my linkerwang en die drieblaar klawer op die regter geplaas en verwoed vir die Iere geskree. Maar ek het my springbok supporter hempie aangehad vir die bokke game. Ek het egter verslaap en het Mass gemis.

PM

Sondag se wedstryd het my laat dink dat die manne 'n harde stryd het wat voorlĂȘ.  Hulle sal moet roer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek gaan vir Neefgoed Joe vannie Kaap toestemming vra om sy fotos van 'n spannetjie klogoed wat die 'haka' uitvoer by 'n ouetehuis, hier te kom wys  :toothy4: Kosbaar!!

PM

Ek wag net hier op my besempie.  Sal solank 'n bietjie afstof en uitvee, die teewater opsit en die koek sny.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ons besigheid trek swaar wanneer almal gaan ruby kyk, maar dit bly steeds pret om dit by te woon
*The one and only AWESOME-EST