Author Topic: wereldbeker rugby  (Read 11328 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
wereldbeker rugby
« on: September 11, 2011, 10:36:44 AM »
die game tussen rsa en Wallis het nou net begin, en nou kan ek seker rus en vrede hĂȘ die volgende 2 ure, almal kyk rugby en niemand sal my hopelik hinder nie. Ns: ek kyk nie gaan maar my fotos wat ek die week geneem het uitsoek vir die forum.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #1 on: September 11, 2011, 03:28:04 PM »
haha ek het ook nie gekyk nie... ek het gewerk....  :crybaby2:
*The one and only AWESOME-EST


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #2 on: September 11, 2011, 03:35:23 PM »
Is daar manne wat nie wereldbeker rugby kyk nie?
Eintlik is dit 'n heerlike tyd om saam met fam en vrinne voor die kassie te sit en cheer of moan.
En dan die vleisie op die kole agterna... om nie te praat van al die kommentaar wat dan uitkom nie.
Hulle se mos: Die beste speler sit op die bank.

Elk geval, vir die van julle wat dit wel kyk, ENJOY!! Dit kan 'n heerlike tyd wees.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: wereldbeker rugby
« Reply #3 on: September 11, 2011, 04:36:44 PM »
Angelika, ek is een van die wat nie rugby kyk nie, en ek sal jou nou liewer nie met die redes verveel nie.

Laat elkeen geniet waarvan hy/sy hou, solank ek ook mag geniet waarvan ek hou ( en dis om nie rugby te kyk nie)
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #4 on: September 11, 2011, 05:15:36 PM »
ek hou van rugby kyk, maar net saam met die regte mense.... en ek hou van die 'vibe' wanneer dit aan die gang is! ek geniet ook die lekker braai wat saam met dit gaan!

maar nouja, vandag was werk my baas
*The one and only AWESOME-EST


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #5 on: September 12, 2011, 08:49:22 AM »
Lox, ek was net verbaas om te sien dat jy dit nie doen nie.  Jou keuse. Miskien omdat ek so binne 'n rugby-mal gesin en -dorp opgegroei het.
elle

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: wereldbeker rugby
« Reply #6 on: September 12, 2011, 10:24:19 AM »
Ek moet hier bieg - ek het my gesig bietjie geverf. Ek het die Ierse vlag op my linkerwang en die drieblaar klawer op die regter geplaas en verwoed vir die Iere geskree. Maar ek het my springbok supporter hempie aangehad vir die bokke game. Ek het egter verslaap en het Mass gemis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #7 on: September 13, 2011, 02:30:40 AM »
Sondag se wedstryd het my laat dink dat die manne 'n harde stryd het wat voorlĂȘ.  Hulle sal moet roer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: wereldbeker rugby
« Reply #8 on: September 13, 2011, 07:12:55 AM »
Ek gaan vir Neefgoed Joe vannie Kaap toestemming vra om sy fotos van 'n spannetjie klogoed wat die 'haka' uitvoer by 'n ouetehuis, hier te kom wys  :toothy4: Kosbaar!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #9 on: September 13, 2011, 10:00:54 AM »
Ek wag net hier op my besempie.  Sal solank 'n bietjie afstof en uitvee, die teewater opsit en die koek sny.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: wereldbeker rugby
« Reply #10 on: September 13, 2011, 07:04:09 PM »
Ons besigheid trek swaar wanneer almal gaan ruby kyk, maar dit bly steeds pret om dit by te woon
*The one and only AWESOME-EST