• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

katbakkies

Started by Lox, September 08, 2011, 07:14:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

om een of ander rede het ek en die vrou noodgedwonge 3 ure in die omgewing deurgebring. Nou sal jy seker wonder hoe dan so.


Gelukkig vir 'n enjin olie liggie wat werk.
Ek het geleer wanner hy rooi brand stop jy eerder.

So ry ons Katbakkiespas af, steiler as steil, ek ry in 1 ste rat daar af en dan is dit steeds te vinnig dat ek gereeld rem moet trap. So vat ons maar ons tyd, is mos nie haastig nie, wil darem net voor donker by die huis wees. Dis nog 116 km en nog so 1 uur 45 minute se ry. Daar amper heel onder begin die liggie flikker en ek sê vir Albertus wat gaan nou hier aan. Ek reken dis die afdraand wat se steil is dat die olie vorentoe loop en nie deur die olie pomp opgetel word nie. Ry verder en toe ek oor die brug ry is die bakkie darem al weer op gelyk grond en die liggie gaan dood.....en ja wraggies daar flikker hy weer. Stop toe so 200 meter anderkant die brug langs die bloekom bos en kyk gou wat gaan aan...........
verassing waarvoor ons nie lus was nie......hele enjin is met olie bespuit.....iewers is iets stukkend wat olie laat spuit. Dis hoe ek en sy toe noodgedwonge daar langs die pad uitspan en ek later hierdie fotos kan neem. sou nooit daar stilhou om dit af te neem nie en sou ook nooit op son sak tyd daar gery het om die mooi te kon sien.

Dis 'n geluk met die ongeluk.

en nou wonder jy verder.......dis 'n storie op sy eie maar ons is weer tuis en die bakkie staan op Ceres om reg gemaak te word.
















wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

sjoe jy neem mooi foto'tjies
*The one and only AWESOME-EST


PM

Die kontras in jou foto's is altyd treffend.
Jou volgende werkstuk vir die boek moet beslis jou beskrywings by hê, dit maak jou en die leser so deel van die "verhaal". 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek stem ek stem!! Dis SOOO mooi Stoffel. Ons liefffff dit  :love7: :notworthy:

PM

Wonder waar is Stoffel?  Nee wag, laat ek liewers nie dink nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

hy maak reg vir die naweek se.........pekaters
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Julle ouens is so bevoorreg om sulke mooi plekke op julle agterstoep te hê.  Hier moet 'n ou ure ver ry en deur jou ore, of is dit nou deur jou nek ook, betaal vir alles.  Geniet die naweek Lox, en bring 'n mooi foto'tjie, spesiaal vir my, goed so?
Om te weet is om te verstaan.

PM

A ha!  Hier is daai mooi foto's van jou AB.  Ek wonder nou of dit telepatie was?
Om te weet is om te verstaan.

AB


PM

Ek sou dit graag in die boek wou hê, maar ek respekteer dit dat jy nie hierdie keer wil deelneem nie. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

PM ek het nie van daardie fotos onthou nie maar die probleem is ek het hulle nie meer nie, saam uitgebrand en al wat oor is is die op photobucket en die resolusie is te min vir foto druk. maar ek gaan weer iewers op i dag op so iets afkom en dan vir jou dit beskikbaarstel. ek sou graag wou deelneem maar het nei op die oomblik iets waarmee ek tevrede is nie.
strkete met jou boek werk, dis voorwaar i groot taak. gelukkig leer jy ook algaande.....

PM

Dankie AB.  Dit is 'n leerproses en daar is nog so baie om te leer.  Ek raak so gefrustreerd as ek 'n effek wil skep en ek kry dit nie reg nie.  Dalk sal ek na boek 3 baie meer weet as nou.  Nou praat ek van boek 3, want dit het al 'n paar bladsye in en jou naam staan bo aan die lys. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

is reg so ek is by by boek 3 en ek hoop boeta ook