• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ghazal struktuur in Afrikaans

Started by Meraai vannie Baai, September 07, 2011, 10:54:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

The Ghazal was developed in Persia in the 10th century AD from the Arabic verse form qasida.
http://www.baymoon.com/~ariadne/form/ghazal.htm

Daar is heelwat baster-vorme van hierdie liriese struktuur in omloop. Ek het sover moontlik probeer om vir ons riglyne in Afrikaans te skep vir die struktuur uit die Midde-Ooste. Tradisioneel word 'n Ghazal saamgestel deur oneweredige koeplette van 5 tot 15 (gemiddeld 7)

'n Herhaalde frase of woord, word aan die einde van die eerste twee reëls van die 1ste koeplet geplaas, asook aan die einde van elke tweede reël van die daaropvolgende koeplette. Hierdie herhaalde frases/woord word voorafgegaan deur 'n vol- of halfrymende beskrywing van die refrein (A).

Die reëls moet naastenby dieselfde lengte/lettergrepe bevat. In die laaste koeplet word die digter/skrywer se naam in die een of ander vorm (bv. eerste persoon, gedeeltelik of verbloem) genoem.

Rymskema is as volg: (AA, bA, cA, dA, eA, ensovoorts)

Met sy herhaalde (A) woord(e) of frases van een tot drie woorde, bied hierdie struktuur 'n groot uitdaging aan ons as skrywers - want elke koeplet moet ook as 'n alleenstaande gedig kan vertoon, en word beskryf op een van die inligtingsskakels, as 'n halssnoer van pêrels. Elkeen uniek en tog deel van die snoer in geheel.

Daar is wel riglyne waarin daar ook voorgestel word dat die onderskeie koeplette geen ander verbinding met mekaar het as slegs die herhaalde rymwoord/frases.  :dontknow: Weereens met die saamstel van ons eie riglyne betree ons die oesland braak.

http://www.shadowpoetry.com/resources/wip/ghazal.html
http://weekendamerica.publicradio.org/display/web/2008/04/24/ghazals/
http://en.wikipedia.org/wiki/Ghazal
http://poetry.about.com/od/poeticforms/g/ghazal.htm
http://www.poets.org/viewmedia.php/prmMID/5781

*SIEN VOORBEELDE ONDER BY KOMMENTARE ASB.  :toothy4:






















PM

Goeiste Raaitjie, dit is 'n taai ene hierdie.  Geen wonder jy was so stil nie.   :icon_biggrin:  Ek speel maar net.
Ek gaan probeer matertjie.  Dankie vir die pragtige voorbeeld, dit is besonders geskryf.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Ek dink as 'n mens frases herhaal lees dit makliker as net 'n woord. Dit moet ek nog probeer  :icon_scratch:
Hierdie voorbeeld van my wil ek graag in ons volgende albumpie hier aan die tuisfront, uitbeeld met kunswerk tussen elke koeplet wat die beeld weergee. Kan nie wag om te sien hoe dit sal lyk nie.
Sluip ek terug blosende  :icon_bigsmurf: sit ek nooit die gediggie vas nie  :icon_biggrin:

Potjies ink...

'n Pen word gedoop in die reënboogs-ink,
kronkelpadletters waak met geloofs-ink

Tussen sprokielyne het sy verskyn,
met kleintydse belofte in droom-ink

Saamwees wink wuiwend op die horison;
prins op sy witperd, geskets met toor-ink

Tyd fermenteer ... en vier seisoene groet;
desperaat gryp skrywers na wanhoops-ink

Skrif teen die muur: "fluit-fluit die storie's uit"
007 veer's gedoop in geen-omdraai-spoor-ink.

© Meraai vannie baai

PM

Dan spaar jy 'n kopie vir die volgende boek nê!?  Dit sal baie mooi wees.
Ek het net gou kom skakels soek hier, toe haak ek eers weer vas tussen die lekker gesels. 
Gaan ook probeer.   :wave:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Ek sal so maak mater. My plek geboek vir jou pronkstuk hoor :notworthy:
Die gedig wat ek wil uitbeeld met kunswerkies is nou vasgemaak hierbo hoor. Gou teruggesluip en gaan vasmaak :icon_bigsmurf: Daar het ek elke 'storielyn' gevul met tien lettergrepe en rymende beskrywing voor die gedwonge "A" rymwoord.

PM

#5
Daar is nog 'n paar dingetjies wat ek vir die boek moet doen Raaitjie, maar sodra ek 'n kansie kry sal ek my hand waag.

Hierdie voorbeeld van jou is werklik baie mooi en ek glo dat dit 'n uitstekende tradisionele Ghazal is. (uitgespreek "ghuzzle") Dit voldoen aan al die vereistes.  Baie slim geskryf!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie mater. Ek sal geduldig wag vir jou. Geen haas hoor. Daar is soveel voorbeelde en riglyne wat mekaar plek-plek weerspreek en van die voorbeelde wyk helemal af van wat hulle voorskryf  :toothy4: so dit gaan maar mik en pik, moggen troffen om die goed in Afrikaans te probeer.

PM

Ek het 'n rukkie gelede een van die groot meesters op die Ghazal struktuur se goed opgesom en nou soek ek daarna.  Weet nie waar ek dit gebêre het nie.  Sodra my internetaksie weer aan die loop is, sal ek weer gaan soek.  Die ou het dit so mooi uiteengesit, ook die verskille uitgewys tussen die tradisionele en nuwerwetse strukture. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
Oe my plek is gaboek suster  :notworthy: Ek gaan eers weer skaaf en skuur aan die voorbeeld wat ek eerste geplaas het. Intussen is hier darem riglyne wat die ouens kan beskou as hulle die hand wil waag, totdat jy daardie meester sinne kan opspoor vir ons.

Meraai vannie Baai

#9
NOG 'N VOORBEELD: Gister ...

Die horlosie teen die muur se arms versteen - op nog 'n gister ...
twee beelde verrys en kom gluur; jy weet dis net nog 'n gister ...

Reisigers op woestynsnelweë sonder paspoorte, steek grense
oor; opsoek na oases wat winkend sweef uit nog 'n gister ...

Bitterbessie-nasmaak van koffers met verslete bagasie;
tussen die honger voue van 'n siel verweer nog 'n gister.

Vleesdorre skimme volg traag in gebroke pas die leë spore
van verwagtinge uit dagboekblaaie geel, van nog 'n gister.

'n Melaats-omsoomde onthou-jy-nog, wat uitgerafeld kom
wurg met sy alleenkloue in staccato greep: nog-'n-gis-ter!

Kaalgestroopte visioen lugspieël 'n "wag-'n-bietjie-bos" en
toe skryf ek my name in die fynstofmeel van nog 'n gister:
                    © Meraai vannie baai

PM

Oeps, ek sien die oorskakeling het my kommentaar gegaps. 

Dit is nog 'n pragtige voorbeeld Raaitjie. 

As jy gedink het my neukenaar was deurmekaar, dan moet jy dit nou sien.  Al die rugsteunkopies is in een leger gedompel en dit gaan my 'n ewigheid vat om daardeur te werk.  Hou net geduld styf om die nek vas.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het weer 'n bietjie na jou gedig kom luister Raaitjie.  Gister...
Hierdie gedig (vir my natuurlik) kon Altzheimers geheet het.  Dit is baie mooi geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#13
Dankie vir die weer besoekie  :bootyshake: Dit kan inderdaad so vertolk word ook ne!  :notworthy:

Ek het lank gesoek na 'n boom/bos/struik om te gebruik by die beeld wat ek gehad het en toe die  'wag-'n-bietjie' gebruik. In die eerste verwerking het ek mos die laaste koeplet afgesluit met 'ek dra my doringkroon gewillig  ... maar nog steeds onvervuld.'

Hierdie boom verteenwoordig soveel dinge. Het jy geweet dat waar 'n blinkblaar-wag-'n-bietjie naby  ander bome groei kan hulle verdring word en vrek? 

Kyk hoe pragtig het Totius hierdie boom geskryf:

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars-beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

                        *

Bo al u donker bome, o Heer,
groei my 'n enk'le reusboom uit
dit is die wag-'n-bietjie-bos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink...
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.  

PM

Dit is pragtig.  Ek het verlief geraak op die ou meesters se skryfstyl toe ek nog 'n dogtertjie was, so sal ek seker doodgaan. 
Ek het gaan soek en soek op die internet na die "groot ghazal meester" maar pure verniet.  Sal dit nog in my deurmekaar rugsteunkopie opspoor. 
Om te weet is om te verstaan.