Author Topic: Ons voorvaders het gesê...  (Read 4512 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ons voorvaders het gesê...
« on: September 06, 2011, 04:14:22 PM »
Eers wou ek die opskrif maak:  ons oumense het gesê, toe besef ek, nou is ek een van die oumense.   :icon_biggrin:

My wyse ou vader het gesê:  My kind, met geweld kan 'n mens jou vinger in jou alie afbreek.  So deur die jare het ek al effens geleer dat 'n mens liewers 'n probleem sonder daardie emosie wat jou binnegoed so kom omkrap, moet aanpak.
Bespreek eers 'n probleem met 'n paar ander ouens wat nie so emosioneel betrokke by die saak is nie.  Luister na almal se raad en besluit dat wat vir jou die beste is en volg dit.

My wyse ou moeder het gesê:  My kind, die lewe is te kort vir jou om al die foute self te maak.  Leer uit 'n ander se foute.  Moenie toe oë deur die lewe gaan nie, moet ook nie dink dat iets wat met 'n ander gebeur, nie met jou ook kan gebeur nie.  So, moenie te vinnig wees om 'n oordeel te fel nie.

Goeie raad wat die "voorgeslagte" gehad het.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ons voorvaders het gesê...
« Reply #1 on: September 08, 2011, 06:10:24 PM »
my oupa het my ook altyd paar wyse goed vertel, my ouma ook.

Ouma het gesê, hou jou ding uit gate dan bly jou gat uit dinge.

Oupa het gesê: betaal vir iemand wat jy skuld, hy het die geld net so nodig soos jy maar hy het jou 'n diens gelewer. indien almal hom nie betaal nie gaan sy besigheid ten gronde en volgende keer dan kan jy nie van sy diens gebruik maak nie.

My oupa het ook gesê moet nooit jou werkmense vloek nie, moet nooit hulle met hulle geld verneuk nie.

sal nog paar dinge probeer onthou so met die tyd saam
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons voorvaders het gesê...
« Reply #2 on: September 09, 2011, 05:47:52 AM »
Nou kan jy sien hoekom ek so mal is oor spreekwoorde Lox.  Arbeider is sy loon werd. 
Leef en laat leef.  Moenie aan 'n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons voorvaders het gesê...
« Reply #3 on: September 09, 2011, 11:18:00 AM »
... wat jy saai sal jy maai  - so beware of what you say or do  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ons voorvaders het gesê...
« Reply #4 on: September 09, 2011, 12:31:13 PM »
Beslis nog 'n groot waarheid daardie, as 'n mens met normale mense te doen kry nê!  Soms gee jy en jy doen, maar daar is nog 'n spreekwoord wat lees:  Die pad na die hel is met goeie bedoelings uitgelê.   :dontknow:

Dalk 'n goeie onderwerp om te bespreek.
Om te weet is om te verstaan.