• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vers akkoord en 'n piekniek mandjie

Started by Jeannedarc, September 05, 2011, 10:00:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Naas, is jy nog siek in die bed?  Ek kan hoor jy het baie energie.   :headbang:  Braaf ook nog!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is so braaf ek sal 'n pofadder borsvoed.
Wat die siekte aan betref is dit net my longe wat nie asem kry nie. Die res van my sal nog lank lewe.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Sodra jy kan sluk en lustig saam met jou lewer sing het jy darem nog baie om voor drankbaar te wees.  :toothy4:

Jy sal jou broekie verloor.  Hou die ding liewers om jou lyf.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Onthou julle nog van Saterdag se piekniek?  Ek kan nie wag nie!
Ons het vir Marion op die lughawe gekry vanaand, nee ek bedoel gisteraand, dit is nou amper eenuur, en sy sien uit daarna om julle almal te ontmoet.  Kom ons wys vir die "Holander" hoe hou ons vers, akkoord en piekniek!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nou hoe moet Naas nou voel?
Ek het ook mos 'n binniste en nie net 'n krop soos 'n duif nie.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ons sou julle Kapenaars so graag hier wou hê Naas.  What to do!  What to do?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nee O Vrek! Slaap julle twee nie!

Ek staan/sit langs jou Naas, al is my binneste 'n duisternis, wil ek ook net noem ek het ook een,  :crybaby2:

Geniet dit julle klompie!

:angel12: en  :icon_bigsmurf: sal hier rustig sit en ons eie woorde besing.  :icon_biggrin:

:angel12:

PM

Ons het nog baie tyd oor om te slaap.  Seg jongste ook vir my, hy sal slaap as hy dood is.   :icon_biggrin:
Wat gedoen moet word moet gedoen word.  Jy weet dan liefding.

Ons sal julle mis.  Hou maar 'n lekker piekniek saam en dink aan ons.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ekke sit ook by, langes julle met die seer binnestes, sommer so ekstratjie, het mos nie eers iemand na-a-aby my nie,
maar geniet dit julle, elke geselsie en stilte, elke happie en slukkie, elke sterretjie wat gaan vonkel...
adéle  :grommit:

PM

Dit is wonderlik om pragtige vriende soos julle te hê, maar dit stink dat ons so wyd verspreid is.  Ons mis julle vi-skik-kik=vi-skik-kik baie en wens opreg dat julle ook hier kon wees.  En Angelica en Louis Weka. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Hoe was die piekniek julle!!!??????/ ek het getry en getry maar lyk my dit was net nie in die boeke vir ons die keer nie
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ons was 'n pragtige klompie bymekaar.  Die helfte van die ouens wat bevestig het was ongelukkig nie hier nie. 
Ek het dit baie geniet, dit was rustig en heerlik om saam te kuier. 

Natalie het soos gewoonlik geslaaf met die klanktoerusting.  Dankie matertjie, 'n mens kan altyd op jou staat maak.
Dankie ook aan jou seun vir sy hulp en ondersteuning.  Ek kry elke dag meer en meer respek vir ons jongmense.  Jy kan net trots wees op joune.

Ons maak vroeg volgende jaar weer so.  Hoop julle sal dan almal hier kan wees.
Om te weet is om te verstaan.

adele

SOOO bly julle het lekker gekuier, ook baie baie spyt    :crybaby2:   ons land is soms so groot, jammer dat die wat baie nader aan PM-hulle bly nie tog daar kon inloer nie, al was dit net vir 'n rukkie. darem lekker as mens mekaar kan ontmoet en gesiggie by ons profiele kan pas.   :wave: 
adéle  :grommit:

PM

Die groot probleem is dat die lewe so besig is, elke ander persoon het sy eie verantwoordelikheid wat hy/sy moet nakom, dit is nie altyd so eenvoudig nie.    Ek dink maar net aan die laaste paar keer wat daar 'n byeenkoms is wat gereel was, en ek self kon dit nie bywoon nie omdat ek soveel ander verpligtinge gehad het om na te kom.  Ek sou wat wou gee om daar te wees, ek kon dit net nie doen nie. 
Daar is dinge wat ons graag wil doen, en dan is daar dinge wat ons kan doen.  Jy kan nie altyd doen wat jy wil doen nie, jy kan net soms doen wat jy kan doen!  Maak dit sin?

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daar is dinge wat ons graag wil doen,
en dan is daar dinge wat ons kan doen. 

Jy kan nie altyd doen wat jy wil doen nie,
jy kan net soms doen wat jy kan doen!

*mmmmmmm  wat 'n lieflike voorbeeld van ons eie 'herhaalde woordstruktuur'

:book1: :notworthy: :icon_salut: