• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

bitjie gaan duik!

Started by Chichi, September 04, 2011, 03:13:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Chichi

Het bietjie gaan duik so week terug! hier is net 'n paar foto'tjies....

hehe ek lyk eintlik maar sleg in die foto.... sal maar op 'n stadium ene moet opsit van my so julle kan sien ek lyk nie altyd so deur die weer nie haha




*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit lyk heel goed vir my.  Waar het julle geduik?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Niks fout nie sonstraal. Alles lyk wel vir my. Jy kan darem ook nou nie lyk of jy uit 'n modetydskrif gestap het as jy uit die diepe waters kom nie.
Lekker dag.
elle

Chichi

aag baie dankie angelica :)

Ons het by Miracle Waters gaan duik, dit is 'n ou myn quarry wat omskep is vir duikers spesifiek.  Daar is 'n bus en 'n helikopter en 'n boot en weet nie wat nog alles daarbinne nie!  Daai was 'n baie lekker duik!  Het so op 30 meter onder water op die helikopter gesit en games speel om te kyk of ek nie narc nie (hoog raak van die stikstof gas in jou liggaam) was AWESOME!!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit klink na 'n fees.  Waar is Miracle Waters? Verskoon tog die onkunde.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

PM ek gaan jou ietsie leer vandag : GOOGLE MAPS!!! HEHE

okay grappie  :icon_biggrin: dit is naby Hartbeespoort-dam <--- weet jy waar dit is?  :icon_scratch:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Jy moenie nog met my kom staan en spot nie.   :icon_biggrin:  Hannes het vir my 'n 8.ta kontrak uitgeneem omdat die "betaal-jou-dood-modem" my 'n fortuin gekos het met al die boek se data.  Dink jy ek kry die IT-span op die lyn om my te help om op die internet te kom?  Nie maklik nie.  My selfoon se battery is al pap dan hou ek nog aan.
Ek kan my e-pos hanteer en op die forum inskakel, maar dit is ook al.  Dit is wat jy kry as jy so rekenaardgestrem is soos ek.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe aag ek speel net PM  :icon_biggrin: :icon_biggrin: dit is hoekom almal jou so baie lief het

dit vat nie so baie data nie, en jy moet vir jouself 'n uncapped lyn kry, ek het ene want ek laai verskriklik baie dinge af, soos programme en series en movies! My rekord staan tans op 24GB vir een maand, maar my outjie se dits so laag omdat my lyn nie baie vinnig is nie. maar net 512kb/sekonde...

*The one and only AWESOME-EST


PM

Ek is so oningelig met die goed, dit is om van te lag.  Nou het ek klaar hierdie een.  Ons het al April verlede jaar aansoek gedoen vir 'n landlyn en ons wag nog steeds.
Dit is maar net die foto's en die leggers vir die boek wat so baie data vat.  As dit eers afgehandel is dan gebruik ek nie meer so baie nie.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Jip Foto's vat verskriklik baie data! Dit en natuurlik forums soos hierdie ene  :icon_thumright:
*The one and only AWESOME-EST


PM

#10
Die forum het my nooit gepla nie, in 'n goeie maand met baie lewe op die forum, gebruik ek 1 gig.  Wat ook nogal baie data gebruik is al die programme wat opgradeer soos hulle lus het.  Gelukkig is die komp nou in die bek geruk.  Hulle vra eers voor hulle sommer net vat!   :icon_biggrin:  Die ander datavreters is al die goed wat almal vir jou stuur.  Soms kry ek dieselfde goed vyf keer op dieselfde dag.  Dan het my seun ook vir my die "soek vir e-pos skakel" so gestel dat ek self vra vir e-pos.  Ek dink elke bietjie help.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Al daardie goetertjies maak 'n groot verskil!!!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

*Drukkie* <----- hierdie drukkie is 1 Gig werd!


*The one and only AWESOME-EST


PM

Baie dankie, ek sal vir 'n maand lank daarin baai en hanekraai. 
Julle ander ouens los my drukkie uit gehoor, dit is myne. 
(My ma het altdyd gesĂȘ... en die hond maak vir jou rosyne!)   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

okay net spesiaal vir jou PM

*PM se drukkie* (hy het kopie-regte) en hy recharge homself
*The one and only AWESOME-EST


PM

So moet 'n drukkie wat 'n drukkie genoeg word mos lyk!  'n Drukkie met sy eie PM9 battery!  Mooi man, dankie Chichi. :love7:
Om te weet is om te verstaan.