• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Senryu (ook bekend as die menslike Haiku)

Started by Meraai vannie Baai, August 27, 2011, 10:31:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Senryu (Japanese rymlose struktuur) word gewoonlik geskryf in teenswoordige tyd en bestaan uit die beskrywing van die een of ander aspek van die menslike natuur/emosies - anders as die tradisionele Haiku waarin die natuur beskryf word. Hierdie struktuur is gewild as aanhaling onderaan bydrae's byvoorbeeld kunswerke/fotos of geskrewe werk in boeke.

Bestaan uit drie reëls van 5/7/5 (altesaam dus 17 lettergrepe.) Verseker een van die maklikste strukture. Ek het lankal voorbeelde (enkele sinne) uit die maters se kommentare/opmerkings gaan oes.

Weereens het my hart
gebons vir julle sinne
wat blinkoog glinster!

:book1: :notworthy:

Hier is die 'geskaaide' voorbeelde en dit was geneem uit 'n bespreking oor wat vrede vir jou is:

Fransi:
Vrede is 'n warm
geborgenheid, van werklik
weet: "Ek het genoeg."

Vrede is om snags
te kan nesskrop teen Manlief
se bekende lyf!

Juenka:
die goue oomblik
wat jou laat vergeet dat jy
alles weer moet doen!

Annie:
As ek rustig met
Abba Vader kan gesels,
vou vrede my toe ...

Mel:
Vrede is wanneer
jy in die spieël kyk en
jouself kan vertrou!

Piet Magriet:
Die lewe is 'n
lied, jy moet net die wysie
ken, om saam te sing!

007 lig die hoed en knak die knieg vir toestemming verleen om julle woorde te bewaar :book1: :notworthy:

PM

Dankie Raaitjie, ons kan al  begin werk aan die nuwe boek.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.


Fransi

 :hello:

Dankie Meraai, dit was 'n lekker verrassing om ons woorde hier te kan sien. Dit maak 'n mens sommer lus om nog te probeer skryf. :-)

PM

Wat van ons skryf nou iets oor vreugde.

Vreugde is wanneer
my deurklokkie dringend lui
en jóú daar sien staan
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Pragtig!

Vreugde:

Vreugde swaai hoog en
voëlbekyk hoe die groen loot
van wingerd uitloop.

Naas

vreugde is vir my
Wanneer die kuberbraker
gat sien sonder spieel




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is mooi julle twee. 

tussen goed en kwaad
kan net jy die keuse maak
om vreugde te saai

Ek is nou nie seker van al die a's in hierdie haiku nie.  Dit lyk te veel na halfrym, of is dit toegelaat?

tussen goed en sleg
kan slegs jy die goeie kies
om vreugde te bring
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

WOW ek het hierdie NOOIT gesien nie!! Jubel ek so dit lyk of ek die willie-werkie-wals doen  :icon_biggrin:

PM

Ek lees nou weer die tweede een en dit stink ook van halfrym.  Kan net nie wegkom nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi jongie die goed toor met 'n mens en jy skryf kringe om die rym te probeer vermy. Loer jy weer sien jy weer ietsie anders raak  :icon_biggrin: