Author Topic: Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo  (Read 9741 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo
« on: August 26, 2011, 01:31:45 AM »
Nadat ek PM se pragwoorde wat ek ge-oes het (vanuit 'n hartsgeselssie) weer gelees het, het ek begin soek na 'n gedigstruktuur waarin ons die eggo van pyn, kan weergee.

'n Gedig waar ons êrens tussen die verloop van die seerverse, weer 'n nuwe gedig skep waar ons die pleistertjie teen die seer van die lewe kan beskryf (dubbel-knuppel).
 
Ons het alreeds die 'digters eggo gebruik' waarin ons reëls herhaal, maar hier wou ek net sleutelwoorde herhaal. PM se gesels-trant-lyne, het perfek gewerk in versvorm - waar ek van haar woorde reg langs mekaar, weer herhaal het vir impak.

Riglyne wat ek hier toegepas het: Rymlose verse waarin elke 1ste en 3de reël herhaalde woorde bevat om die rugstut te vorm vir die DK eggo-struktuur. Die twee aaneenvloeiende gedigte wat ek saamgestel het uit PM se woorde is dalk die beste 'fisiese' verduideliking vir hierdie 'nuwe' struktuur.

PM se DKE

Die lewe se gang en 'n Stofluis se 'posie'


En hier sit ek ... ek weet
 soms, kan 'n mens nie keer nie, dan moet jy kies
 en dit is 'n vy, 'n vy met dorings aan
 
'n Mens is mos geneig om op te krop, te krop en in te bottel
 As 'n mens nie kan lees nie, dan lyk die spykerskrif
 soos mooi prentjies, prentjies geskets deur trauma en tribulasies

Ek wens ek kon vir julle vertel, vertel hoe my lewe aan skerwe gespat het
 Hard en deurdringend hammer die gebeure ...
 Ek weet, ek weet alles het 'n doel al lyk dit nou so duister!
 
In die lewe se gang sal ek myself nooit, nooit in die steek laat nie
 maar ek weet ook dat jy nooit niks van niemand moet verwag nie;
 gee waar jy bereid is om te gee, gee sonder om iets terug te verwag

Ek hoop dat daar iewers, iewers iets goeds uit die chaos gebore kan word
 Ons kan nie glo dat waar alles so goed verloop het,
 is alles nou in puin - puin van gebreekte damwalle ...
 
                           ~~~~~~~~~
 
Toe die hek oopgaan, skree ek stop! Stop die hek!
 Hier ry 'n bossie blomme aan die hek vasgemaak, voor my verby
 Ek't al groot ruikers; ruikers met die mees eksotiese blomme daarin, gekry
 
maar hierdie klein posie, posie so uit die hart,
 'n paar stink Afrikaners en reuse Jakopregops;
 dit beteken meer, meer as wat jy of enige ander ou, ooit sal verstaan.

'n Stukkie papier, papier uit die sakboekie geskeur
 met 'n kindertekening van 'n stofluis:
 een van daai stille reuse op wie 'n mens altyd, altyd kan pyltrek!

*dankie mater dat ek jou woorde kon leen en inspan om hierdie struktuur te verduidelik
 :book1: :notworthy:
« Last Edit: August 26, 2011, 01:48:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo
« Reply #1 on: August 26, 2011, 04:33:27 AM »
Dit is my voorreg Raaitjie.  Jy weet hoe om 'n mens nederig te hou.   :love7:
"Sproetjies", die liedjie, kom draai altyd by my as ek lees hoe jy my woorde inspan en daarvan 'n meesterstuk maak.
Jy laat my deur jou oë almal van ons se werk sien, en ek is mal oor dit wat ek "sien".  Jy is kosbaar vir my.  (Klink na 'n Titel gedigstruktuur)  :icon_biggrin:  Maar regtig, jy is.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo
« Reply #2 on: August 26, 2011, 04:38:37 AM »
En nou hoor ek die lirieke van "Hoe sê mens dankie?" sonder julle was hier niks mater. Die woordplesier wat julle skeppings hierdie oumens besorre sal woorde nooit kan weergee  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo
« Reply #3 on: August 26, 2011, 04:47:58 AM »
Dankie Vader, jy is ons s'n!   :love7:   :hello2:  Ek skink vir jou 'n glasie pienk borreltjies.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nuwe struktuur (DKE) Dubbel Knuppel Eggo
« Reply #4 on: August 26, 2011, 05:24:44 AM »
Ek het gekry!  :notworthy: :hello2: