• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Krinkelvetlekker

Started by Meraai vannie Baai, August 23, 2011, 01:26:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Skottelskaar, 007 knak die knieg; lig die hoed en kom stal jou intensiewe woord vir 'lekker' uit:

*Krinkelvetlekker

:book1: :notworthy:

 

PM

 :hello2:  Ons woorddief is terug  :hello2:  Dankie Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Krinkelvet is mos bacon. So dis varklekker as die vet jou kinnebak olie.

:mumum:

PM

Lekker was nog nooit sleg nie.  Varkvetlekker is die lekkerste lekker!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeeeee, julle! My Outop maak die varklekkerste porkbelly. Daardie crackling is verslawend en ek dra die bewys vir ewig, kilogramgewys op my sterre-en-heupe :snorting:

PM

Dit is nie 'n lieg nie.  Hier by ons is 'n pork belly en 'n lamb shank die duurste items wat jy kan koop.  Wonder ek mos wat my se pa sou seg as hy weet wat ons vir diesulke delikatessens betaal.  In my kinderdae was dit, saam met die kop en pote, hart en longe, die afslagfooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek besef nou eers dat die krinkelvet-lekkerte eers deel van afval was. Het voorheen graag hoenderhartjies en enige soort lewer geniet. Naaste aan afval wat ek sou kon inkry. Hier betaal ons vir 'n kleinerige pork belly so gemiddeld $12 tot $14 en kan Outop en ek dan twee keer eet uit die porsie. Die crackling geniet ek alleen want manlief hou nie daarvan nie. My voordeel!

PM

Ek was nog net amper mens, so 20 jaar oud, toe ek vir die eerste keer met afval te doen gekry het.  'n Vriend van ons se ouma het 80 geword en ons was genooi vir die ete.  Ek het so ewe vertel dat ek nie afval eet nie.
Daardie dag eet ons hierdie heerlikste kerriedis.  Mense, ek vra vir meer.  My vriend gee die bak aan met so 'n onderduimse laggie.  Eers later het hy vertel dat dit skaappens was.  Van daardie dag af eet ek afval. 
My moeder het altyd die lewer gehou om self gaar te maak.  EN kon sy lewer gaar maak!  EN vis!  Nee wag nou, hier breek die dag, jy hoor net 'n gekletter soos die vogeltjies sing. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ouma se kerrieafval. Aai hoe kwyl ek nou.
Koop anderdag met groooot afwagting op die basaar kerrieafval. Betaal deur my nek daarvoor net om te verdrink in 'n waterige rys en handgranaatvleis mengsel. Kry die vleis en wen 'n tweedehandse Fiat...

:mumum:

PM

Jitte nee, ek sal nie sommer enige afval koop nie.  Net die wat ek self gaarmaak.  Daardie pensie moet spierewit geskraap, gewas en in kalkwater geweek word.  Dit is baie werk! 
Dan moet ek by sê, dit word buite op die kole gekook, en ook nie in die somer nie!
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Afval het duur geword en met Oupa wat nou oud word slag ons nie meer self nie so luste en belustigheid hier oppie plaas moet maar alleen slaap anders klits die grysmassa deurmekaar van verlang.

  :mumum:

PM

Daar in die Kaap is nog plekke wat skaapkoppe bedien.  Ek wonder waar is AB, hy sal gou kan vertel waar. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nee PM, die restaurante weier deesdae om skaapkoppe te bedien want hulle kry verniet kos gedurende parlementsittings. (dis nou die skaapkoppe wat in parlement sit.)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#13
Ek onthou iets van iemand wat in die parlement gesê het dat die helfte van die lede wat daar sit is swape, of so iets.  Toe word hy verplig om omverskoning te vra.  Toe staan hy op en sê:  Die helfte van die lede wat hier sit is nie swape nie.   :dontknow:


Ek dink dit was Langenhoven maar beroerte is nie elke ou se maatjie nie. 



https://www.dbnl.org/tekst/kann003lang01_01/kann003lang01_01_0019.php
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Jy is heeltemal reg.
Langenhoven het gese helfte van die wat daar sit is donkies.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.