• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

In Silhoeet...

Started by Angelica, August 21, 2011, 06:11:52 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


In Silhoeët

Sy nonchalante donker silhoeët
voor die oop flap
(amper soos die Dawid-beeld)
is afgeëts teen die nanag
arm op nege-uur
kop gedraai na oos

Sy sien sy dein toe hy die lug adem
hy is stil... soos dit 'n stilhoeët betaam
asof hy die indrink van sy naak
vanuit die nagbed nie wil steur

Met 'n vloeibeweging vou hy
die moeseliendoek weg
en laat die sterrenag in
haar hand gaan op teen die klipmuur
om te steun
sy kop, sy ken, elke spiertjie van sy gesig
die hare wat oor die skouers krul...
haar'ne

Sy rugsilhoeët vloei suid
na perfek geronde heuweltjies
sy bors, o die bors waar haar kop rus...
sy lyne huiwerend toe die jakkals roep

'n Beweging     en die indigo van die nag
word 'n perfekte agtergrond
toe sy amoureuse manlikheid silhoeëteer...
sy sien die beweging van sy pols
toe sy vyfstervingers daaroor streel
onwillekeurig, met 'n kreun, gaan haar hand
oor die hard van die klip...

en die energieke donker silhoeët
vloei en spoel
na die bestemming op die nagbed



elle

PM

Dit is keurig geskryf Elle.  Kinders sal dit ook nie maklik verstaan nie.  As jy dit in die boek wil plaas is jy meer as welkom.
Verduidelik asseblief vir my die "haar'ne"  ek wil seker maak ek verstaan dit reg.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie, PM, maar ek het besluit teen die plasing van 'In Silhoeet'.
Ek dink ons moet hom maar net hier los. Wie weet, dalk eendag kry ek kans om dit te gebruik.
haar'ne :  wou nie weer die woord 'hare' gebruik wat natuurlik na sy haredos wat oor sy skouers krul verwys daarom die woord 'haar'ne' wat verwys daarna dat dit aan haar behoort.
Dit lyk of dit nie bekend is nie.
Is daar van die ander skrywers wat dit ken?
Kan jy uitvind, asb.
elle

PM

Dit is goed so Elle, jou besluit.
Ek het gereken dit beteken hare,  maar ek was nie seker nie, want ek ken nie die woord nie.
Begin 'n nuwe onderwerp dan hoor ons wie is bekend daarmee.
Om te weet is om te verstaan.