• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pryse vir ons digkompetisie wat kom.

Started by PM, August 17, 2011, 10:37:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het al 'n paar mooi pryse gekry vir ons digkompetisie wat sal afskop sodra die boek persgereed is.
Cairoo het ses opvoedkundige programme ter waarde van R12,000.00 geskenk.
Models and All het 'n radiobeheerde helikopter geskenk.
Sodra die ander pryse in plek is sal ek dit kom noem.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

PM, jy hou ons op 'n high met die boek en die kompetisie.
Lekker positiewe goed in die baie neerslagtige wereld van die koerant.
elle

PM

Ek probeer hard matertjie.  Weet net nie wat van die ander ouens geword het nie.  Is hulle kwaad vir my?

Butterfly Fairies Nail Bar het vir ons 'n "Manicure" geskenk.  Ongelukkig is hulle in Pretoria.  As 'n Kapenaar dit wen sal hy/sy moet kom kuier om die prys op te eis.  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Giggles... Dit is om 'n vliegkaartjie te koop van R3000, B&B van mmmmm R1500, Car Hire nog 'n Rbaie.... vir 'n gratis manicure. Hulle kan maar 'n Woolies voucher stuur, of so iets. Sou ek ooit so-iets wen, dis nou die manicure, skenk ek dit vir die Kaptein van die skip.
elle

PM

Vlieg met Mango,  R800.00 retoer, bly gratis in PM se gastehuis, etes gratis en as jy nie omgee om met Tweety te ry nie, het jy vervoer.  Hoes daai?
Om te weet is om te verstaan.